Ek wil hier oorde se uitleg kaarte plaas.
Plaas gerus joune

Chris, dit is eindlik 'n…
Chris, dit is eindlik 'n goeie idee, merk soos Willem die lekker staanplekke met 'n kleur, dan kan almal sien wat om voor te vra as jy bespreek.
Ek weet jy het nie hier die beste staanplekke gemerk nie, maar dit kan lekker werk as mens dit wel doen?
Hi, ons staan nou op 88, so…
Hi, ons staan nou op 88, so klein bietjie winnd maar heel okay.
Merk ens
ons staan nou op 88
Daardie staanplek het ‘n lekker uitsig, en wind loop saam met die Kaapse see soos korrupsie saam met die A en see
Oom Chris, ek kon nie die staanplekke merk nie want die kaart was reeds gekleur. Ek kan in elk geval net my voorkeur gee. Dalk is ek nie objektief genoeg om aanbevelings te maak nie ![]()
Wind
wind loop saam met die Kaapse see soos korrupsie saam met die A en see
Wat ek bedoel het is dat mens maar moet aanvaar dat ‘n uitsig oor die see in die Kaap met ‘n prys kom. Die beste is om rug na die see te staan, maar dan offer jy die uitsig op. Dis hoekom ek by Jongensfontein eerder agter die duin staan. Jy kan steeds met die geluid van die see aan die slaap raak, maar rustig slaap en jou nie oor die wind bekommer nie. Ek hoop die wind is Lapskag genadig, klink darem nie of hy hom daardeur gaan laat afsit nie.
Johann Mabalingwe
Dankie vir kaart Johann ek wil ook nog daar tent penne inslaan en dankie vir almal met update van karate op die draad
Oord uitleg kaart ...
Sien hierdie opskrif is al geruime tyd No.1 op die "Populêr vandag - 40918".

Ek het al vir Anton gevra maar ek het die gesprek geskuif, hier is die skakel waarheen ek hom geskuif het.
Hartenbos
Ek sien die onderskeie blokke by Hartenbos is al geplaas op vorige bladsye van hierdie gesprekslyn, maar vir my (en ander wat nie die plek so goed ken nie), help die onderstaande om te sien waar is die onderskeie blokke. Ek sien egter net C, D, E, F en J gemerk op die kaart hier onder. Is die ander blokke nie kampering nie, of is die kaart nie akkuraat nie?









Jongensfontein
Ek het vandag die kaart ontdek toe ek na iets anders gesoek het. Na my mening is 104 tot 106 die beste (veral 105 en 106) want dis agter die duin en beskut van die wind maar naby die strand. Ignoreer die kleure, dit was in 2019 toe ons gegaan het en die groen was bespreek en die rooi tydelik gesluit. 1 tot 16 aan die bokant van die kaart (die klein losstaande blokkies) is huisies.
