Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -2 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Swart span Springbok rugby Geert -2 hours ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 22/10/2023 - 06:11

....ons gat gesien!!

Met sulke vrot rugby gaan die bokke nie die All Blacks wen nie. 

Ek het rerig gedink my spottery met 'n " swart en wit" eindstryd gaan waar word.

0
Bloemfontein

Skerpioen

Sun, 22/10/2023 - 06:13

Lekker vars cuta, prons en kreefstert.  Ek het amper die helfte opgeeet want die ou bok pels se eetlus was weg.  Een pel het 21h30 gery om vir n All Black trui te gaan shop in die middel van die nag.  Wat ek ek nog verder se.  Sy vrou soek nog steeds na hom.

Die uitdrukkings op die Bok spelers se gesigte het gewys hulle wil eerder gaan roomys eet as om verder rugby te speel.  Gelukkig het Rassie hulle elke 40 min geruil want hulle was baie moeg en kon skaars loop. 

10 minvoor die einde het ou watsenaam gelukkig weer met die Skeidsregte onderhandel en die bribe geld is verdubbel.  Wat meer kan ek se oor hierdie verveelige eentonige game.  Skole rugby is meer opwindend

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 22/10/2023 - 07:04

En toe later wou die engelse se geskoppery nie meer werk nie.  

Wat vir my opmerklik was, was die skare se magtige ondersteuning en gesing aan die engelse gedurende die hele game.  Dit het geklink soos 'n sokker eindbeker wedstryd.  Dan al die geboo en teenstand vannaf dieselfde magtige skare aan die bokke....  

Maar toe die game eindig was daar 'n groot stilte en kon mens wel 'n baie klein skare hoor wat juig!

'n Game wat die arrogante meerderheid  skare van die begin tot einde laat jubel en sing en boo met vertroue van 'n wen,  terwyl die mindereheid op hul naals kou en soos skerpion sy onderbroek vuil skuit  in sekerheid van verloor- en dan tot die einde so bly met 'n eweskielike en onverwagte omkeer heel aan die einde.   Ons moet seker sulke games ook hé om alle vlakke van spanning te kan ondervind?

Daai halftyd bribe moes seker 'n Coke en KFC  gewees het, want die pond kos 23 rand, en die engelse het klaar al die diamante in SA gesteel.  Of dalk was dit 'n lekker sak biltong met ekstra vetjies gewees?

0
Pretoria

Geert

Sun, 22/10/2023 - 07:15

Ek laaik elke week die Olaf advertensies....skerp

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 22/10/2023 - 07:21

N moeilike wen, is  baie beter as n maklike  verloor. Of n lelike wen beter as n mooi verloor. of n onverdiende wen beter as n verdiende verloor.  Hoe dit ook al sy, n wen met een punt is n wen, bly n wen en nie n verloor nie. 

Behalwe vir die skopwerk, het die Engelse regtig nie sulke "fantastiese" rugby gespeel nie. Kon nie n enkele drie gedruk nie???

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 22/10/2023 - 10:27

Vir my was dit nie 'n  aanskoulike wedstryd nie en glad nie opwindend nie, behalwe miskien die stadige opskuif van die Bokke se punte hier teen die einde was wel opwindend.  Daardie laaste strafskop wat die wen veroorsaak het, wens dit was eerder 'n drie wat verdien was.  Die Bokke se hantering van die bal het na my mening ook veel te wense gehad, miskien was dit die nat bal as gevolg van die reën.  En dan natuurlik, daardie hoë lugskoppe sonder om veel veld te wen, die bal sodoende af te staan aan jou opponente om aan te val en op die ou end veld te verloor !

0
Worcester

Wildehont

Sun, 22/10/2023 - 20:58

Daar is net een span wat nog nooit ‘n rugby wêreld beker finaal verloor het nie. Kom ons kyk of dit volgende week die tyd nog so is. 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 23/10/2023 - 07:40

Ek het dit ook al genoem

10 minvoor die einde het ou watsenaam gelukkig weer met die Skeidsregte onderhandel en die bribe geld is verdubbel

Darem 'n bietjie goeie nuus vir die dag.  Frans Steyn is nou die Direkteur van Vrystaat Rugby.yes

0

Bly die Bokke kom hom deurhak alhoevel hulle dit vir baie laat in die wedstryd gelos het.  Dit lyk of Pollard wragtig koelkop kan bly waanneer dit saak maak.

Die AB game was nou boring Vrydag aand.  As die brannewyn nie so lekker was nie het ek vroeer gaan slaap.

Hoop maar vir 'n lekker close final game Saterdag aand.

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 23/10/2023 - 08:27

Hallo Gerrit  lekker om van jou te hoor.  Het jy nie eers 'n verdwaalde tjoppie gebraai nie?  Jy moet kom kuier.

Ou Pollard is die beste naas Owen Farrell.  Met Owen se persoonlikheid en skopskoen hap hy so aan Daniel Carter wat 'n " Legend" is.

Julle ou Bokkie is net die laaste tyd bedref deur die All Blacks se hoe scores van 60+.  Nou is julle suur en wil net gaan slaap.  Onthou net lui mense slaap baie. 

Close Game Saterdag?   NEE broer,  Die Mighty All Blacks speel die ou Bokkies. (Baie Dankie dis nie Engeland nie)  Julle het duidelik vergeet van die 57 -0  game.  Na die Mighty HAKA is die ou Bokkies weer gerattle. Hopelik is die All Blacks se bride geld meer as die Bokke sin.  

Al wat ek van die Bok ondersteuners kan sê is dat hulle die vriendelikse mense is.  Die pragtige vrouens is ernstiger as die ou slaperige ou mans as dit kom by rugby.  Hulle het heelaand vir my kamstige strafdoppe aangedra net omdat ek vir Engeland geskreeu het.   Well Done Ladies, julle mag maar.

0
Pretoria

Geert

Mon, 23/10/2023 - 09:08

Dit lyk of Pollard wragtig koelkop kan bly waanneer dit saak maak.

Ek dink Pollard se spanmaats het ook baie vertroue in hom. Saterdag toe die laaste strafskop toegeken word, spring die bokke reeds in die lug asof bal reeds oor die pale is....nog net formaliteit wat afgehandel moes word.

Sien uit na n lekker kuier Saterdag

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/10/2023 - 11:55

Ek wonder wat gaan die effek wees van die klagte wat teen die bokke se 2IB kaptein gemaak is. Gaan die man geskors word, en in watter mate gaan SA rugby hom beskerm/verdedig.?

Ek vermoed/hoop dat die internasionale rugby raad wel kleurblind en objektief sal wees.

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 23/10/2023 - 12:14

Ek dink niks gaan gebeur nie want alles word aan kleur gekoppel.  Toe Eben 'n soortgelyke klag teen hom gehad het het SARU sy rug gedraai op Eben.  Hy moes man alleen sy onskuld bewys. 

Ek hoop regtig hier kom iets hiervan anders gaan die sportmanne wegkom met moord op die sportveld.  Dis genoeg dat landsburgers met dieselfde gedrag wegkom. 

Ek is nogal teleurgestel in skeidsregter se handtering van die klagte.  Hy kon ten minste met altwee partye gepraat het en dit duidelik gestel het dat dit nie geduld sal word op 'n rugby veld nie. Ek glo albei partye sou dit aanvaar het en aangegaan het met die game.   

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 23/10/2023 - 13:17

Juffrou:   Jannie maak n sinnetjie met die woord kakkerlak

Jannie:  Juffrou, die Engelse het gister kakkerlak gehad as die Springbokke.  Eers die Krieket en toe die Rugby

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus