Môre vriende
So het November aangebreek, wel ek hoop my rekenaar is korrek, wat dit so toon.
Dit was opvallend om na die gewildheids-meter te kyk, en te merk hoe vinnig die belangstelling geswaai het, weg van die rugby gesprek af.
Die aantal werksdae na Krismis toe word al hoe minder, en dit is ook met 'n verkiesingsfoefie/stemme werf aksie met 1 verminder.
Persone wat ook hulle kersgeskenke betyds wil ontvang, moet ook maar nou hulle bestellings by motorhawens en wonwaverskaffers gaan plaas, as hulle dit nie reeds gedoen het nie.
Hello Maters. November is n…
Hello Maters. November is n groot maand. Die 3de is ek en ouma Vonnie 45 jaaar getroud en die 11de is my verjaarsdag. n volle 66. Ek sou nooit kon indink dat ek tot hier kom nie. Daar het al soveel gebeure oor my pad gekom dat ek dink die 9 lewens van n kat al opgebruik het.
Net vir Len se. Die goete waarmee besig gebly word, is speel, ek speel nou lekkerder as toe Dinky toys en albasters in my sak gedra is. Van die is oulik, ander idees minder. Soos die "misting" in die kweekhuisie het te pragtig gewerk. Was te lekker om hier op die stoep te sit en hoor hoe dit aankom en weer afsit so vanself met my drade en pompe wat hulle ding doen. Maar.. toe kom die terugslag... die heerlike vogtigheid het n paradys vir fungus geskep... en ek groei organies, en spuit nie vreemde chemie oor my kos nie.
Ek moet eerlik wees en se ek smag na die reuk van n nuwe ryding. Die Cruiser sal nooit hier weg nie, so gedink dalk n klein ekonokiese ougat Renault vir een keer per maand dorp toe gaan. Dan se die ou kop, vir 1200km per jaar kan dit nie regverdig word nie. Mooi November vir almal.
Lapskag...
Môre, dis nou lekker om van jou te hoor. Gaan dit goed daar onder in die mooiste deel van die land.
Sleep julle baie rond, of is daar nie tyd vir vakansie nie??
Ekstra vakansiedag help niks
Tensy mens in elk geval dan beplan het om weg te gaan help die feit dat 15 Desember ‘n vakansiedag gaan word (dit moet eers amptelik afgekondig word in die staatskoerant) niks. Dit kos inteendeel net die land geld. Om nou te probeer kampeer plek kry iewers vir daardie naweek is haas onmoontlik want die skole het dan reeds gesluit.
Die ironie....
....met die keuse van 15 Desember gaan dalk menige politici verby. Afhangende hoe mens daarna kyk,, is beide 15 en 16 Desember dae waarop oorwinnings oor die swart gevaar, behaal is.
Stem saam met Wessel. Ek hou…
Stem saam met Wessel. Ek hou in alle geval nie van klein enjins met 3 silinders wat turbo aangejaag word tot ver bo hulle natuurlike vermoeë. Jare terug met SWAMBO se 3 silinder Getz diesel 'n duur stel afgetrap. Dit het my ook sommer genees van Hyundai, goeie "waarborg" maar elke probleem het 'n lang wagtyd gehad vir die verskaffer se "goedkeuring". Daai Koreaan is in 2008 vervang deur 'n Suzuki SX4 (2 liter 4 silinder sonder turbo) wat ons steeds het met byna geen probleme nie en uitstekende diens deur die agente/verskaffers. Kleinsus het begin van die jaar vir haar 'n nuwe Suzuki Ignis gekoop (4 silinder 1.2 liter ook sonder turbo). Uiters indrukwekkende klein voertuig. Maar vir 'n dorpskarretjie wat min km's sal loop is 'n goeie koop dalk 'n Ford Figo (die ouer model), 1.5 liter ...pryse is goed en die goed is betroubaar met lae brandstofverbruik
Is daardie SX4 nie dors nie?
My ma het een gehad. Toe sy oorlede is het ek die opsie gehad om dit uit die boedel te koop met baie lae kilometers, maar die verbruik was maar redelik swaar as ek reg onthou. Dit was wel ‘n outomaties.
Yip...maar dis darem 'n 2l,…
Yip...maar dis darem 'n 2l, ons sinne is handrat. aan die ander kant is dit regtig 'n lekker voertuig met baie woema, 2l in daai klein bakwerk is 'n goeie kombinasie! Brandstofverbruik bly vir my relatief, veral na my 4l Territory klompie jare gelede!
Territory, Prado Relatief
Middag Chris S, Grootwind en ander vriende
Alles is relatief nadat mens met genoemde voertuie woonwa gesleep het. daar is seker nog 'n paar dorstiges, wat dalk bekend is by ander.
Tog, daai gerief en krag maak dit amper die dors werd.
Soos Grootwind tereg seg, alles is relatief. Ou Grompie met sy 2.4l turbo lewer ook 400Nm, wat voldoende vir my sleep/bestuurstyl deesdae is. Die bonus is dat dit nie so 'n suiplap is nie.
Relatief inderdaad
Sedert ek die Prado gekoop het vergelyk ek wat alles kos met wat ‘n vol 180l tenk petrol (waarmee ek minder as 1000km kan sleep) kos. Relatief daartoe is meeste dinge eintlik goedkoop.
Die SX4 auto was dors vir die grootte kar. Veral as mens kyk wat lewer iets soos ‘n Audi A4 deesdae. Maar jy betaal ‘n duur maandelikse paaiement om sulke goeie verbruik te kry.
Expidition H2O - baie lekker leesstof
Vanoggend op RSG praat hulle weer met die twee manne wat besig is om met hulle ysterperde te ry van Pretoria na Spanje. Middagete het ek gaan kyk na hulle webwerf, en julle kan gerus hulle blog gaan lees.
Ons kla graag (met reg) oor Suid-Afrika, maar dit maak mens se oë oop om te lees van hoe dit gaan verder Noord op die vasteland. Dis ook ‘n lekker avontuur verhaal, en boonop in Afrikaans. Hulle toer is ook vir ‘n goeie doel.
Gaan lees gerus daaroor terwyl net die Meyers tans kampeer onder ons lede wat nog deelneem (of nog lede is). Dit lyk my bv Chris Boucher het ons finaal vaarwel geroep. As iemand kontak met hom het, vra asb of hy nie maar wil terugkom nie. Die rugby Wêreldbeker en alles wat daarmee saamgegaan het hier is verby.
En toe wen die Proteas weer!
Proteas 352/4 en NZ 167/10. Lyk asof ons ook die semi-finale gaan haal. Na dese kan ons sommer 'n "pas stel" swart lappe bestaande uit rugby trui materiaal en pet materiaal aanskaf!
Hi Wessel, nee ons sleep of…
Hi Wessel, nee ons sleep of kamp nie nou nie, hier is nog heelwat werkies wat gedoen moet word, soos die heining met hekke en dan kom die groot bou nog. Ons wag vir die planne se teken en goedkeuring. Maar ons plek is ook Mei maand geboek in die Kruger saam Len en hopelik Chris. Anders moet ek en Len maar daai boks (24 bottels) wyn alleen uit drink voor ons kan terug kom
My dag het.....
vanoggend om 01h30 begin met alarms wat loei en honde wat blaf. Die skelms het weer elektriese heining bo-op 2.5m muur probeer breek. Die helper is toe in halwe leë erf langs ons, waar die muur net 1.8m is. Slimjan dog hy isoleer die drade met karton, maar die breek het nie gewerk nie. Buurman kom toe ook uit, gewapende reaksie in straat, en die manne laat toe die honde blaf [blanks].
Kwart voor 4 begin bure aan anderkant se Rottweilers blaf, toe is ek maar weer uit.
Nouja, geen skade behalwe regmaak van elektriese drade. Lyk my ek moet maar uiltjie knip in dag, en saans patrollie loop. Uiltjie moet maar net aanhou koffie maak.
Kameras
Wessel, julle moet belê in ‘n paar EZVIZ Darkfighter kameras. Dit het ingeboude kunstmatige intelligensie wat die vorm van ‘n mens herken en dan begin opneem en vir jou ‘n kennisgewing en video stuur op jou foon. Jy kan dit ook enige tyd monitor van jou foon af selfs al sit jy langs die see. As die alarm afgaan moet mens eers kyk wat buite aangaan voor jy sommer net uitgaan. Jy kan selfs deur die kamera se luidspreker oor jou foon praat.
Goeie raad
Dankie Chris S, sal voorstel aan ander eienaars noem.
Ongelukkig is ek blykbaar die enigste inwoner wat alarm hoor en opgebel word deur reaksiemag. Volgende keer sal ek maar die ander mans ook wakker maak.
Ek onderskat die waaghalsigheid en oorklim/ deurklim van inbrekers oor mure en sekuriteitsdrade.
EZVIZ Dark-fighter
Die voordeel van die kameras is dat jy dit sommer self kan opsit. Jy moet wel ‘n geheue kaart by koop vir die opneem en die kamera moet binne bereik van WiFi (en natuurlik krag) wees.
Jy stel dan self lyne op die beeld op, en die tye wat jy kennisgewings wil ontvang. As ‘n mens een van die lyne lyne kruis begin die kamera opneem en stuur vir jou ‘n kennisgewing op jou foon.
Hier onder is die beeld van my voortuin tans. Lyk my daar word iets afgelaai. As iemand tussen die tye wat ek gestel het (18:00 saans en 06:30 soggens) een van die blou lyne op die beeld kruis kry en ‘n kennisgewing. Die kameras is op Takealot beskikbaar. Onthou net ‘n lekker groot geheue kaart en moenie die cloud play free trial aanvaar wanneer jy dit opstel nie. Dit kos geld en is onnodig.


Wow, dit is nou iets nice…
Wow, dit is nou iets nice. Dankie Chris.
Aflewering
Hulle het ‘n 9kg kan vir ons gasstoof kom aflewer op die skermskoot hier bo van ons voortuin. Ek het verniet opgewonde geraak.





Môre Wessel, jy is vroeg uit…
Môre Wessel, jy is vroeg uit die vere uit vir die nuwe gesprek lyn. Lekker dag vir almal van julle.