Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -10 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -11 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -11 hours ago

November klets

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

So het November aangebreek, wel ek hoop my rekenaar is korrek, wat dit so toon.

Dit was opvallend om na die gewildheids-meter te kyk, en te merk hoe vinnig die belangstelling geswaai het, weg van die rugby gesprek af. 

Die aantal werksdae na Krismis toe word al hoe minder, en dit is ook met 'n verkiesingsfoefie/stemme werf aksie met 1 verminder.

Persone wat ook hulle kersgeskenke betyds wil ontvang, moet ook maar nou hulle bestellings by motorhawens en wonwaverskaffers gaan plaas, as hulle dit nie reeds gedoen het nie. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 15/11/2023 - 07:50

Gedagtig aan Jeanne se ervaring met die verkoop van sy wa, wonder ek;

hoe bepaal mens die verkoopprys van jou wa.? 

Kyk mens na die pryse van soortgelyke waens in die handel, en mik vir bietjie minder? 

Ek het die afgelope naweek 'n skok gekry. Instansies wat handel dryf in gebruikte waens, is ook nie bereid om baie te betaal vir mens se wa nie. 

Ek vermoed die mark is effe dood vanweë die ekonomiese knelgreep in die land, en dat baie mense uit nood maar van hulle waens ontslae probeer raak.

As mens nie 'n privaat koper gaan vind wat uitsluitlik opsoek is na jou spesifieke wa, teen goedkoper as 'n nuwe se prys nie, gaan mens nie veel vir hom kry nie. 

Om van wa te verwissel met heersende pryse, is amper net so 'n moeilike proses as om van woning te verander. 'n Afgetredene moet eintlik eers sy wa verkoop, en dan eers begin dink aan koop.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 15/11/2023 - 12:08

Middag Anthon

Indien jy die ene is wat ek onmiddelik aan dink, sal ek uiters versigtig moet wees wat ek hier deel.

Pretoria is groot, Anthon's met 'n "h" is skaars, en die wat Adventure Extreme warriors sleep, ook.

Welkom hier

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 15/11/2023 - 18:22

Lekker gatvol.

Vandag die bestutting by Boomplaas gaan verander vir hulle volgende siesoen se krap. Met die terugkom, hengse warm bergwind van voor, dit was 40 hier, lang opdraend moet ek die ou Landy stoot. Aircon was ook aan. En daar kom so whirrrrrr geluid en weg is die krag. Paar manne gebel, ken nie.

Nou sit neef en Google als wat n probleem kan wees.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 15/11/2023 - 21:46

Sterkte daar Oom Neef. Ek hoop julle kry die probleem opgelos. Ek voel tans so oor my swembadpomp. Dit wil van Sondag af nie die swembadskoonmaker laat loop nie en daar kom lugborrels uit aanmekaar, so dit suig iewers lug en ek hoop en bid dis nie onder die grond nie, maar dit is waarskynlik want ek kon die oorsaak nerens anders opspoor nie.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 16/11/2023 - 08:08

Die forum kort 'n kontak lys waar lede mekaar privaat kan kontak voordat verskille hand uitruk

 Skerioen, jy kan lede kontak en hulle vir jou, maar ek vermoed daar is probleme met epos adresse wat verander het en die lede opdateer dit nie op hulle profiele nie.     Ek het hierdie week weer boodskappe gekry van eposse wat nie werk nie   m.a.w 'n lid het vir iemand probeer kontak maar die epos kom terug...   pamamu@telkom...    wie s'n was dit?

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 16/11/2023 - 08:14

Ek het met ons ou vriend DK  (dennis) gesels op FB.      Hy kamp nou al vir 3 jaar lank by Klipspringer gasteplaas.   

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/11/2023 - 08:27

Môre Anton en ander

Ek vermoed ook dat baie lede nie hulle volle kontakbesonderhede gee nie.

Ek kon byvoorbeeld nie 'n epos adres vir Skerpioen onder sy naam vind op die forum nie.

 

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 16/11/2023 - 08:50

Hallo Wessel.  

Hoe dit werk en om lede se kontak besonderhede te beskerm:    Wanneer jy 'n lid kontak, dan stuur kampforum 'n epos aan die lid wat die boodskap bevat.  Die lid kan dan kies om terug te antwoord en daarna sal epos adresse sigbaar wees.   Hoop dit maak sin?

0
Worcester

Wildehont

Thu, 16/11/2023 - 09:23

Wel dit werk nog, maar ek monitor dit nie meer nie. As jy dus vir my ‘n boodskap stuur deur die forum en nie ‘n antwoord kry nie, is dit nie omdat jy die verkeerde rugbyspan ondersteun nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/11/2023 - 09:56

Môre Herman

Het jy al die fout opgespoor met jou duur Britse veldvoertuig? 

Wat het "whirr" geluid gemaak, die aircon, die kajuit waaier of enjin.  Ek lei af die enjin se krag het weggeraak.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 16/11/2023 - 10:46

Chris, ek is pas deur presies dieselfde probleem.  My voorstel is :-

  • Koppel 'n tydelike pyp (sommer bogronds) van die pomp na die naaste punt van die swembad en skakel sodoende die weir uit. (Kyk foto hieronder).  Skakel die pomp aan en as die skoonmaker lekker loop sonder borrels by die inlaat, dan lê die fout iewers by die ondergrondse suig-pyp wat by 'n lasplek lug insuig.
  • Ek het nie gesukkel met die ondergrondse lekkende pyp nie en dit net so gelaat
  • Ek het met die hulp van 'n hoekslyper teëls gelig en 'n slootjie van 10 cm breed en 10 cm diep gegrawe.  By die weir sal jy baie dieper moet grawe om by die onderpunt daarvan uit te kom.
  • As dit tot onder by die weir droog is, moenie lol om jou nuwe pyp doer onder te koppel nie.  Gebruik die nie lekkende bestaande pyp tot op 'n gemaklike hoogte en koppel dan jou nuwe pyp daaraan.

.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 16/11/2023 - 11:39

Oom Len, dankie vir die raad. Ek moet net tyd kry om aandag te gee aan die swembad. Ons ry môre Leeuwenboschfontein toe vir die naweek. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/11/2023 - 12:20

Volgens Maroela media kan ons 'n prysverlaging vir Desember verwag;

Petrol--- ~R1.05

Diesel---- ~R2.10

Kom ons hoop dit gaan nie Januarie op nie.

 

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 16/11/2023 - 12:34

Ek sien hier word gepraat van Chris se pomp en Herman se Landy en die brak se bakkie.  

So laat ek maar update dat dit goed gaan op 6 maande se swangerskap en die 2 dogters groei baie mooi.   Mamma begin ook nou mooi uitstoot en gaan een van die dae net lê.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/11/2023 - 12:59

Anton, ek hoop jy het lugreeling in die slaapkamer, sy gaan dit nodig kry.

daar is blykbaar 'n goeie Prado in Worcestor in die mark. tot lugsakke vir baie kinders se bagasie.laugh 

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 16/11/2023 - 13:41

Gaan maar deur n proses van eliminasie, en doen eerste wat nie  te ingrypend is nie. Tot dusver niks ooglopend gekry nie. Die Landy se "valve clearances" gestel. no 4 silinder was styf. Gaan netnou op die dieselpomp n ding  bekyk "booster valve" werk saam die turbo, en verstel die volume by lae boost.  Die Landy loop dat dit bars, net waneer dit hard werk raak iets ongelukkig.

So gaan ek maar deur wat daar op internet is. Maar dit blyk of daar volumes boeke geskryf kan word oor probleme.

Hoe het die Engelsman vir die boer  gese die dag toe hulle op die skepe klim na die boereoorlog. "Julle dink julle probleme is verby.... ons stuur een van die dae vir julle Landrovers"

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/11/2023 - 13:54

....jou beterhelfte 'n artappel in die uitlaatpyp gedruk. Nou hou die Landy jou uit die kwaad uit.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/11/2023 - 11:57

Middag Chris S

Jy is seker al besig om te hak vir die naweek.? Is julle 'n groep vriende, en sleep julle Montagu om soheentoe.?

Onthou om lugsakke te pomplaugh

 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 17/11/2023 - 12:38

Nee, ek gaan nou eers pak. Moes gisteraand ‘n vergadering bywoon tot 20:30. Ons is drie gesinne, maar ons ry sommer N1 en dan die Koo pad voor ons afdraai daarheen. Die wind laat loop hier vandag maar môre lyk darem beter. Dankie vir die herinner oor die lugsakke!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus