6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -10 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -12 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -17 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -18 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -18 hours ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Pretoria

Geert

Wed, 22/11/2023 - 18:11

Die krieket was maar teleurstellend om te volg. Ek het maar besluit om nie verder daarna te kyk nie.  Ek volg maar deesdae volleyball....

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 22/11/2023 - 19:05

Geert, neef stem heelhartig saam. Al jare lank ń Beach volleyball fanatic. Tydens die Olimpiese spele is die spel van ongelooflike gehalte.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/11/2023 - 19:17

Lyk na 'n aanskoulike spel, wat ooglopend voordele inhou om van nader te beskou.

0
Pretoria

Geert

Fri, 05/09/2025 - 21:10

Wonder of Skerpioen nog rugby kyk en vir die kiwis skreeu? laugh. Gaan hy vroeg genoeg opstaan om betyds te wees vir 9uur se game? Dink bokke sal hard moet speel om môre se game te wen. 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 08/09/2025 - 18:48

OOO ons beweeg nou op nie goeie grond.  Ek het toevallig nie n All Black onder steuner en soos wildehont te oud om te emigreer.  Maar ek wil nie.

Nee ek los liewer, anders word my rekening toe gemaak.

Ek hoop ons kom terug Saterdag en neek hulle op.  Ek sal maar heerlike volleyball kyk,

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus