6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Oktober saamgesels

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

En so breek die maand Oktober ook aan - volgens Leipoldt die mooiste, mooiste maand. Mag dit vir elkeen 'n pragtige maand (in alle opsigte) wees.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 01/10/2025 - 16:13

... het Oktober 'n bietjie minder lekker begin. Eerstens het ek die eerste keer sedert 4 September sonder my ver kinders in die huis wakker geword. En tans lyk ek soos 'n seerower met een toegeplakte oog nadat ek vanoggend 'n kararak-operasie gehad het. Maar volgens die oogspesialis sal ek binnekort weer 100% kan kyk na die bikini "girls" op Kleinmond se strand. Maar dan moet ons eers begin somerweer kry in die Kaap. Tans is dit maar grys hier by ons.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/10/2025 - 19:42

Goed om van jou te hoor. Jammer om te verneem dat jy tydelk met oogklappe deur die lewe gaan. Gelukkig is dit kortstondig, want so 'n een ogige uitkyk is nie lekker nie.laugh

Vaalpark

Johann L

Thu, 02/10/2025 - 07:23

Goeie more aan al die ore, of oë in die geval.

Chris het jy net een oog laat doen? Die oogklap behoort vandag af te kom en dan begin daai oogdrupplels, sterkte daarmee. Daai goed brand die lewende rook uit  jou uit, maar dit hou alle infeksies weg, jy moet net volhart daarmee.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/10/2025 - 08:03

Ek sien vanoggend in die Business Day dat blykbaar 64% van alle bakkie en kar verkope, Indiese of Chinese produkte is. Die voormalige minister van Handel het dienooreenkomstig 'n ernstuge waarskuwing gerig dat dit ons plaaslike vervaardigers en werkverskaffing 'n moerse knou gee. 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 02/10/2025 - 08:27

... ja, net my linkeroog het oor 'n katarak beskik - m.a.w. nie nodig vir regs nie.

Jy's korrek - die klap is vanoggend afgehaal maar ek moet nog vir die volgende 3 aande daarmee slaap ten einde te verhoed dat ek die oog in my slaap vryf. Vanoggend die eerste druppels ingegooi, maar dit is darem nie té "bad" nie. 

Hier by ons wil die lenteweer maar nie aanbreek nie. Ten spyte van eergister se uit die bloute 30° a.g.v. bergwindtoestande, is dit vandag al weer langmouhemp- en frokkie-weer met slegs 16° wat voorspel word na gister se reënerige dag.

Irene

Grootwind

Thu, 02/10/2025 - 09:25

Wessel, wat ons nou ervaar is die Sjinese "belt & road" strategie in al sy glorie...neem eers en selektief sekere besigheids areas oor (ook bekend as "dumping"), en volg dan op met ander....sodoende rysmier hulle ons ekonomie, en voor mens jou oge kan uitvee is die ou gevestigde vervaardigers soos Toyota, Ford, VW, Nissan, ens. weg (Nissan klaarblyklik reeds besig om te onttrek?). Gaan lees gerus op oor die Sjinese belt & road ding:

"It aims to invest in over 150 countries and international organizations through six overland economic corridors and the 21st Century Maritime Silk Road. The BRI is central to Chinese foreign policy, promoting trade connectivity and China's leadership role in global affairs." (Wikipedia) (BRI = belt & road initiative)

Boonop is basies alle voertuig vervaardigers in Sjina onder een of ander eienaarskap van die Sjinese regering (of dan Sjinese Kommunistiese Party). Jammer as ek op tone trap maar die besigheidsmodel om soveel as moontlik "bells & whistles" "verniet" in te sluit met belaglike waarborge van 1 miljoen km of 10 jaar laat my dink aan die Bybelse verhaal van Esau en die pot lensie sop. Terloops hoe op aarde glo mens so iets as die vervaardiger geen plaaslike geskiedenis het nie?

Om weer my draad op te tel....as die plaaslike ouens weg is en slegs die Sjinese bly oor, wat dan van onderdele beskikbaarheid? (Verstaan dis reeds 'n probleem in party gevalle). Een van die dae lyk ons voertuig bedryf soos die Aussies s'n, 100% afhanklik van invoere. En natuurlik belwoe die Sjinese en andere dat hulle voertuie plaaslik sal vervaardig...nie heeltmal eerlik van hulle nie, wat hulle "vervaardig" is sg. "semi-knock-down kits" oftewel "SDKs" waar voertuie per krat soos 'n Mechano stel arriveer en slegs plaaslik aanmekaar gesit word wat bitter min geleenthede vir plaaslike onderdeel verskaffers laat. Dink dalk moet ons maar begin om Kantonees en Mandaryns aan te leer? Blykbaar word dit reeds in party skole aangebied...

 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/10/2025 - 09:44

Grootwind, dit laat die vraag----is die departement oningelig, kortsigtig of is daar 'n slang in die gras. Ek wonder wanneer gaan die vakbonde wakkerskrik en besef dat hulle werkers se poste ingedrang gaan kom . 

Worcester

Wildehont

Thu, 02/10/2025 - 09:50

Ek hoor wat GW sê maar ek is bevrees die ou gesegde van they don’t make them like they used to raak nou vir voertuie ook waar - en dit geld vir die gevestigde nie-Sjinese handelsmerke ook. Al die foefies wat voertuie deesdae ingebou het met al die sensors waarvan dit afhanklik is skep net al hoe meer geleenthede vir onklaar raak. Dit is tog logies.
 

Maar ‘n voertuig is lankal nie meer net ‘n vervoermiddel nie. Dit moet nou ook meer gerieflik as jou huis wees en die alewige beheptheid met integrasie van tegnologie gekoppel aan die grootmens fopspeen waarop ek nou tik en wat ons almal in ons broeksak dra, veroorsaak dat vervaardigers nie meer kan kompeteer sonder al die tierlantyntjies wat kan breek nie. 
 

Voeg daarby die EU se baie streng omgewingsmaatreëls en jy moet jou ryding elke vier jaar op ‘n nuwe inruil as jy wil seker wees dis betroubaar. Moet dus nie bekommerd wees oor die beskikbaarheid van onderdele nie.
 

Dit het so gewerk met alle ander toestelle. Daar staan ‘n Philco yskas in ons kombuis wat ouer as my vrou is en steeds werk. Geen Samsung of Defy sal my kinders se skool loopbaan oorleef nie. Bou goed wat breek, en jy hou aan om nuwes te verkoop. 

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 02/10/2025 - 10:34

Aangaande die voertuig mark ek kry die volgende statestiek:

Vir pasesiers voertuie

2014 - ingevoer 317 516 uitevoer 154 290

2024 - ingevoer 304 355 uitgevoer 192 542

Indie is die grootste verskafeer met 36%. Dan China met 11% en dan ook Duitsland, Japan, Suid Korea en nog ander. Baia van die Japaneese voertuie word vanaf Indie ingevoer (84%) soos Toyota en Suzuki en Nissan. Daar is tot van die ander lande soos Suid Korea en Frankryk se voertuie wat in Indie vervaardig word en dan ingevoer word na SA. Gelukig is die top verkooper die Toyota Hilux is hier vervaardig. 

Vir Ligte comersieele voertuie

2014 - ingevoer 37 104 uitevoer 118 585

2024 - ingevoer 25 467 uitgevoer 115 192

Dit is anders om.

Ja, die ingevoerde voertuie getalle grooi en word n' alhoe grooter bedreiging vir NAAMSA.

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 02/10/2025 - 10:41

Die aantal voertuie ingevoer van Europa is nou om geruil met Asie. Soveel as wat ons in 2014 van Europa ingevoer het voer ons nou van Asie in. Dit plaas verskriklik druk op BMW, Mercedes, Renault en Volkswagen se fabrieke in Europa.

Irene

Grootwind

Thu, 02/10/2025 - 10:47

Chris S, dink die ouer voertuie was geensins so betroubaar as wat mens dit graag "onthou" nie. Dit was in die 70's en 80' algemeen om waarborge te sien van 12 maande of 20 000 km, en in party gevalle slegs  6 maande of 10 000km. In die 50's en 60's was dit selfs slegter. Ou Henry Ford het met die 1908 Model T geen waarborg verskaf nie behalwe 'n persoonlike mondelingse  "waarborg", "Twenty-five thousand successful cars bearing the Ford imprint are in use today and are just so many testimonials of Ford success."! Ek dink as mens na die syfers "statistiek" kyk is vandag se voertuie meer betroubaar. Maar dis nie regtig waaroor dit gaan nie, die beskikbaarheid van onderdele wel. Onthou nog toe my vrou se Getz diesel onder waarborg probleme gegee het, wagtyd om goedkeuring vir die herstel te kry sowat 3 weke plus nog 3 weke vir die onderdele om te arriveer...In vergelyking, my Ford Territory, wagtyd vir beide goedkeuring en onderdele hoogstens 2 dae (onthou dat die Territory uit Oz ingevoer was...) verskil is dat die Ford fabriek net sowat 20km van ons huis is maar Ford het 'n ten volle werkende logistieke netwerk....My pa het slegs twee voertuie in sy lewe gehad, beide nuut gekoop, 'n 1957 Opel Rekord Olympia en later 'n 1976 Audi 80...beide was maar problematies, die Opel se remme was kort-kort stukkend, terwyl die Audi gereeld vergasser probleme gehad het. Waarborg? Opel 6 maande? dink ek, Audi 12 maande. My eerste voertuig, 1973 Datsun 1600 met slegs 40 000 km oppie klok het 'n hele 3 maande waarborg gehad of 5000 km as ek reg onthou! (En die Dustbin was vir sy tyd regtig iets besonders, behalwe as dit by die vergassers kom....)

 

 

 

 

Worcester

Wildehont

Thu, 02/10/2025 - 10:59

Ek praat nie van sulke ou voertuie nie, alhoewel mens hulle nog self kon diens en herstel as iets fout gaan. My pa het net een nuwe voertuig gekoop in sy leeftyd - ‘n 1990 Audi 500SE. Ek het dit later gekoop en in 2009 verkoop. Dit het toe nog sonder enige probleme gery. Al wat gelol het was die passasiers venster se skakelaar.  Die res van ons voertuie was almal tweedehands en lank in die tand. Moes nou en dan herstel word (wat ons self gedoen het) maar het aanhou loop. 
 

Ek vergelyk die 2008 Prado met 377000km wat ons het met die 2013 Ranger (vanoggend op 123123km toe ek diesel volmaak) en 2015 Fiesta met minder as 100000km op. Eg is baie eenvoudiger en baie meer betroubaar as die ander twee sover. Wag tot die Rangers wat nou verkoop tien jaar oud is…

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 02/10/2025 - 11:10

N' voertuig moet ook nie te betoubaar wees nie anders verkoop die onderdeele nie....Borgward se ondergang. Ek dink ook dit is hoekom die Pajero (my eerste het 444 000km op gehad nou die  tweede het 270 000Km) nie meer op die mark is nie. Hy hou net ver ewig en die mense hou hom. Hy is te betroubaar. Sy parte is well vrek duur.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/10/2025 - 11:26

Paul, dit is goed om te verneem dat jy sulke goeie diens uit jou Pajero's gekry het. 

Ek het besluit dat indien ek weens diefstal of ongeluk my Hilux moet vervang, dit met 'n Triton sal wees.  Die Triton word nie eintlik gesteel nie, en volgens my werktuigkundige is die Triton op dieselfde kwaliteit-vlak, of beter as 'n Hilux. 

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 02/10/2025 - 12:00

Dit is ook somtyds die reede hoekom party mense Mitsubishi koop. Veral jong vrouens, want die highjack risiko is heelwat laer. Verseekering is ook laer. Die Triton of die Pajero Sport is altwee n' gooie keuse. Hulle is ook uitsonderlik goed van die pad aff. My dogter het n' Pajero Sport en hulle is baia tevreede. Ek dink vir n' famielie is die Pajero Sport nou die beste keuse.

My Pajero het nou al vir 6 jaar geen agterste sitplekke in nie. My kamp yskas staan daar. Maar ons is net twee.

Ek sleep ook my Exclusive baia. Sonder enige probleem.

Irene

Grootwind

Thu, 02/10/2025 - 13:57

Toe my eerste Ranger destyds gesteel was wou ek by die Centurion Mitsubishi agente 'n Triton toetsbestuur juis omrede die diefstal risiko gesien was as laer...die verkoops mense het met moeite hulle lui agterente gelig en met 'n jammer meneer ons het nie 'n demo om te toetsbestuur nie probeer weer oor 3 weke of so, dalk het ons dan ene, en weer op sy stoel gaan sit. As dit so gaan voor ek di ding koop wil ek nie weet hoe die naverkoop diens sou wees nie....sekerlik is dit agnt verwant maar die spesifieke plek is naby my en ek wil nie invoeter stad toe vir dienste as ek nie hoef nie...

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 02/10/2025 - 14:24

Ek het weer die teenoorgestelde gehad.

Toe ek n' vervanging vir my voorige Pajero soek moes ek nadat ek een gekoop het hulle blok om my te bel. Dit is nou 8 jaar later en ek kry nog steeds oproepe vir tweede hanse modele en dan ook om vir my n' diens te doen.

Ek het nou nie vir n' toets rit gevra nie....ek weet mos hoe hy ry.

Ek dink ook Pajero se bemarking was deel van hulle swak verkoope en hulle uiteindelike ontreking van die Pajero Exceed flag skip. Maar dit is nie wat my n' spesefieke voertuig laat koop nie.

Ek het een keer....net vir die grap...n' Land Rover 110 toets bestuur. Dit is n' bokwa. Op 110km/u voel dit asof jy 250km/u ry. Alles vibreer en rattle. Jy moet ook jou armpies smal hou. So ook die Toyota Land Cruiser 76. Sy engine rem beter as sy trommel remme en hy het min krag. Toetsbestuur verkoop nie daai karre nie. Die verkoops agent moet liewer se jy het nie n' demo kar nie. Dit is maar seeker hulle reputasie en kult statis.

Worcester

Wildehont

Thu, 02/10/2025 - 15:04

Ek lees vroeër in my etenstyd ‘n artikel of twee op cars.co.za

Die een skrywer het verwys na brand blindness met baie mense wat net in Toyota glo. So was daar voorheen mense wat net in Landrover geglo het. 
 

Ek het al ‘n Datsun, Mazda, Nissan, Audi, Colt, Hyundai, vier Fords en drie Toyotas besit. Die Colt was ongelukkig die swakste van die lot. Die res was bestendig, maar die laaste twee (ongelukkig ook die huidige) Fords het my al baie gekos aan herstelwerk. Die een Toyota het egter ook so ent na 200000km ‘n probleem ontwikkel wat ek nie reggestel kon kry nie.
 

Die enigste wat my absoluut geen moeilikheid gegee het nie was die Hyundai en die Audi. Ek is egter seker daar is ander mense wat negatiewe ervarings gehad het met ten minste Hyundai, en deesdae is dit vrek duur om ‘n Audi te diens. Ek dink ek moet maar eerder ‘n nuwe fiets koop.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/10/2025 - 15:18

...jy het genoem dat julle dalk klaar gekampeer het, wel blykbaar vir die jaar. Het jy toe al jou besprekings gekanselleer ?? 

Sonder om detail te verklap, gaan dit al beter met Ralie. Ek hoop van harte so.  

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus