6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -44 minutes ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Pretoria

Geert

Thu, 15/01/2026 - 10:39

Restaurant se plaveisel al onder water. Blykbaar styg vlakke steeds?

Worcester

Wildehont

Thu, 15/01/2026 - 11:10

Dit begin lyk asof hierdie vloede erger as die 2000 vloede in die Krugerwildtuin gaan wees. Daardie keer was dit die Suide wat erger deurgeloop het - die keer is dit die Noorde. Gelukkig is hulle gewoonlik goed daarmee om tydelike fasiliteite te skep totdat die skade herstel is. Mens wonder net oor die brûe. Gelukkig raak beton harder hoe ouer dit word en was vakmanskap destyds nog goed, so hopelik sal daar nie strukturele skade wees nie. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/01/2026 - 06:10

Ek wonder of mens jou betaalde Kruger besprekings sou kan verander/oorplaas na enige ander Sanparke oord.

Ons is geboek om Mei'26 in Kruger te wees. Ek begin bekommerd raak of paaie begaanbaar gaan wees om van Malelane oor Skukuza, na Satara te reis. Dan moet ek nog by Letaba verby gaan om by Tsendze te kom. Vandaar met H14 terug om by P.Borwa die park te verlaat.   

Worcester

Wildehont

Mon, 19/01/2026 - 08:01

Dis nie die eerste groot vloed nie, en die nasionale park (en ander) is afhanklik van die inkomste uit besoekers. Van die infrastruktuur wat so erg beskadig is dat dit nie meer gebruik kan word nie sal ‘n tyd neem om te herstel, aangesien hulle gebonde is aan voorsieningskanaal regulasies. Hier dink ek hoofsaaklik aan brûe. Van die roetes sal dus langer toe bly as ander, maar ek dink nie mens hoef jou besoek oor vier maande nou te kanselleer nie. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 19/01/2026 - 08:01

Jy kan dit beslis oordra na 'n ander park. Jy kan selfs jou bespreking kanselleer en versoek dat die geld wat jy reeds betaal het op jou profiel "geberg" word vir 'n volgende keer se gebruik. Dit alles as jy minstens 'n maand voordat jou bespreking in aanvang sou neem. Ek het dit (beide opsies) al meermale gedoen. EZI Bookings help jou daarmee.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/01/2026 - 08:46

Dankie Chris en Chris, ek gaan so effe watertrap na begin April toe. 

My lus vir die wille Krugertuin hang al op die grond, ek sal nie graag enige van ons bespreekte kampe wil kanselleer/ruil nie. Veral nie Tsendze nie 

Worcester

Wildehont

Mon, 19/01/2026 - 09:12

Ek hoor nou op RSG dat dagbesoekers van vandag af weer toegelaat word maar dat die Noorde gesluit bly weens brûe wat weggespoel het. Dis nie goeie nuus vir ons beplande besoek in Julie nie, want dis al waarheen ons wou gaan.
 

Tensy daar afgewyk word van die normale voorsieningskanaalregulasies gaan die werk om dit te herstel waarskynlik nie eers kan begin voordat ons beplan het om te gaan nie. Ek sal maar wag en nader aan die tyd ‘n ingeligte besluit neem oor kansellasie. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/01/2026 - 14:28

Ek sien nou 'n berig dat die hekke by Malelane, Numbi en Kruger oop is.  Krokodilbrug moontlik môre oopgestel. 

Satara  is nog gesluit.

Worcester

Wildehont

Thu, 22/01/2026 - 12:33

So sê die betrokke minister op RSG. Hulle kon nog nie ‘n volle skadebepaling doen nie, want watervlakke het nie voldoende gedaal nie. Maar ‘n deel van die brug oor die Letabarivier Noord van Letaba het bv weggespoel. Dit gaan nie herstel wees teen Julie wanneer ons daaroor sou ry van Letaba af Shingwedzi toe nie. Siende dat ons net die Noorde sou besoek het kan ek nie dink dat ons beplande toer sal kan plaasvind nie. 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/01/2026 - 12:51

Verander die letabarivier se naam by Mingerhoutdam?? 

Of op my kaart val die S47 pad bo-op 'n rivier, wat seker die Letaba kan wees.

Wel, ek moet van Letaba by Tsendze kan uitkom in Meimaand. Ek kan al sien hoe ek daai aande skuif na Balulelaugh

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 22/01/2026 - 13:25

... die Letabarivier strek vanaf George's Valley, verby Tzaneen totdat dit naby Gorge in die Olifantsrivier in vloei en daarvandaan bekend staan as die Rio Elephantes in Mosambiek. Die Tzaneendam (vroeër bekend as die Fanie Bothadam) sowel as die Mingerhout- en Engelhardtdamme is almal in die Letabarivier. Naby die wesgrens van die wildtuin vloei die Klein-Letabarivier ook in die Letaba in.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/01/2026 - 14:55

Dankie Chris B, my kaart, soos in titel, se benaminge verskil baie van google maps se name. Google wys die riviere se vloei en name mooi duidelik.

Ek kon net nie Gorge op google vind nie.

Marie het net 'n snork gegee toe ek haar vertel dat ons dalk Tsendze vir Balule sal moet verruil. Dit sal my egter nie pla nie.

Pretoria

Geert

Fri, 23/01/2026 - 06:58

Ek mag verkeerd wees, maar volgens my is daai skade aan Letaba brug maar minimaal en behoort nie so lank te neem om te herstel nie. Soos ek sien het brug se concrete struktuur geen skade nie....dis net die opvulsel langs die kant wat na brug aansluit wat weggespoel het. So is maar net grondwerke. Daars brue naby Lower Sabie wat relatief onlangs dieselfde oorgekom het.....hulle het dit vinnig opgevul.Dis wel nog nie geteer nie

Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/01/2026 - 07:05

...ek hoop jy is reg. Ek sal baie graag tot by Tsendze wil toer. Lekker grondpad, breed genoeg vir my en ou olifant gelyk, is ook aanvaarbaarlaugh 

Worcester

Wildehont

Fri, 23/01/2026 - 07:56

Soos ek sien het brug se concrete struktuur geen skade nie....dis net die opvulsel langs die kant wat na brug aansluit wat weggespoel het.

Ek het nie self die foto’s gesien nie, net gehoor wat die minister op RSG gesê het. Hopelik is die brug se voete op rots, dan behoort dit OK te wees en kan die approach net opgevul word soos Geert sê. Dis darem die enigste brug oor ‘n groot rivier wat ons móét oorsteek om Shingwedzi te bereik van Letaba af. Solank die laagwater bruggie in die Shingwedzi rivier voor die kamp nog begaanbaar is sal ons darem van daar af by Pafuri grenspos en Punda Maria kan uitkom. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus