So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.
Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.
Laat ons saam gesels en vorentoe beur.
Dit is nie Geert wat verjaar…
Dit is nie Geert wat verjaar maar sy vrou.
Forum doodloop?
Is hierdie forum stadig besig om dood te loop? Amper 2 weke terug dat probleem ontstaan het. Soos Wessel uitwys is ons maar n handjie vol wat tydens probleem nog ingelog was en kan deelneem. Ek sien tans nie die nut daarvan om iets hier te plaas nie en mense wat wil saamgesels dan, moet vir my persoonlike WhatsApp stuur omdat hul nie kan inlog nie. Die forum het juis die laaste tyd weer lekker spoed opgetel.
Dit sou jammer wees....ons het soos n familie hier gevoel. As iemand kampeer en sy ervaring deel, het dit gevoel asof mens saam toer.....iets wat mens nêrens elders ervaar nie. Selfs die kampeer vooraf beplanning van n lid het die ander opgewonde gemaak.
Forum skeet en herstel benodig
Ek het vanoggend 'n boodskap van Anton gekry.
"Die website moet van drupal 9 tot drupal 10 opgradeer word. Hy moet egter 'n developer inkry om die taak te doen"
Ek het hom aangeraai om vir ons 'n kwotasie te kry, wat ek dan hier kan plaas. Ons moet dan besluit of ons, soos in die verlede, 'n vrywillige bydra sal maak.
Sodoende kan ons die forum tot sy volle glorie laat herleef, tot genot van almal.
Forum terugvoer
Anton het my nounet ingelig dat hy eers die naweek self gaan probeer om die werk te doen. Hoewel dit tyd gaan neem,wil hy leer om dit self te doen.
Kom ons hou duimvas dat hy suksesvol is.
Goeiemôre. Lyk my ek het…
Goeiemôre.
Lyk my ek het bietjie vrugte gepluk danksy deurnag se werk om die login probleem op te los.
Maar ons is nog nie klaar nie. Ek moet nog die hele webwerf opgradeer
Dankie Anton
Ek het nou van my tablet ingegaan wat uitgelog was en dit werk! Dankie
Goeie nuus Anton!! Dankie!!…
Goeie nuus Anton!! Dankie!! En soos Wessel genoem het - druk op ons nommer vir bystand t.o.v. finansies. Ek dra graag by.
He's a jolly good fellow!!!!
Dankie vir die laat ure en geluk met die sukses wat jy bereik het Voortrekker. Sal sien of ek ook 'n hakkelaar is en of sake glad verloop wanneer ek nou die knoppie druk.
Tydverdryf
Met die tydelike onderbreking wat ons hier beleef het het ek die forum vriende vreeslik gemis - kon "rooflees', maar almal het skielik so ver weg gevoel. Ek kon ook nie aanteken nie, terwyl dit aangetoon het dat ek aanlyn is. Verstaan nou die begrip "frozen in time"....
Ten einde laaste het ek besluit om my musiek te herorganiseer....duisende musieksnitte. Dit gaan nog lank neem, want interessant is hoe musiekvoorkeure oor tyd kan verander. Die lekkerte daarvan is dat ek myself skoon verloor in jare se herinneringe.
Dit dan waarmee ek myself besig gehou het, maar dis beter om terug te wees![]()
Anton--jou ou doring !!!!
Baie dankie vir al jou moeite. Ek kan jou verseker, almal op die forum waardeer dit.
Dankie Anton. Jy moet een…
Vir Neef Herman
Voolie
Voolie het kuikens uitgebroei Woensdag, en sy is vreeslik woelig met kos aandra. Piet moet die klompie warm hou terwyl sy soek en hy gee die pragtigste sagte geluidjies waneer sy hom opjaag. Hoeveel kuikens daar is kan ek nog nie sien nie, sal moet wag tot hulle begin kop uitsteek.
Die ander mossies, vinke, laksmanne , duiwe al die geveerde volkies hier is besig met kinders grootmaak. Hoor ek gister n melodieuse sang soos die van n kanarie. Is dit n " Pinn tailed Wydah" wyfie wat so pragtig sing. Hulle lê hul eiers in ander voēltjies se nessies
Voolie se kleintjies
Die www sê vir my dat mossies 4-6 eiers lê. Daar kan dan moontlik oor 5 dae (5 is verby) 'n hele paar nuwe stemmetjies op Neef se werf wees. Ek wag in spanning vir nuwe nuus.





Groot sestig---Geert
Baie geluk en mag dit 'n lekker nuwe lewensjaar wees wat vir jou wag.
Nou is jy ook 'n Grootmens!!!
