As ek so besig is op die forum moet julle weet die weer is sleg.
Dis kouerig, reenerig en winderig hier by die see, ek weet nie meer wat om met myself te doen nie?
Ander dae is hier aanmekaar mense wat kom kuier of ons kuier by hulle, maar as die weer sleg is kruip al die ou mense binne in hul karavaane in en kyk TV.
Nou kyk ek het 'n reel dat ons TV glad nie mag aankom terwyl die son op is nie, dit is iets om in die aand te kyk as daar nou wragtag niks beter is om te doen nie, bedags moet mens buite wees, nie in die wa of in die tent nie!!
Slaap is nog 'n ding wat nie in my huis toegelaat word bedags nie, weereens is dit iets vir die nag.
Kampfoefel is toelaatbaar in die dag, maar op my ouderdom is dit ook iets wat ek my lank voor die tyd moet opsych en goed voorberei, so dit is ook eintlik maar uit.
Ek kan ook net soveel lees, Petra is al gatvol om met my te gesels, so nou loop ek so kort kort deur die kamp om geselskap te kry, maar daar is bokkerol, almal slaap of kyk TV!!!
As ek erg verveeld raak gryp ek maar my laptop en google allerande goed en skryf maar hier oppie forumpie.
Aai oom Arie, dit is maar…
Aai oom Arie, dit is maar swaar, ek sit en kyk my skoene nou so, as ek nou daar naby was kon ek uithelp deur dit vir oom te gee om te politoer.
Sterkte
Aai oom Arie, dit is maar…
Aai oom Arie, dit is maar swaar, ek sit en kyk my skoene nou so, as ek nou daar naby was kon ek uithelp deur dit vir oom te gee om te politoer.
Sterkte
Slegte weer
Ek moet skuldig pleit. Daar is geen manier wat ek buite kan rondsit (of loop) as dit koud is nie. Ek kan maar so warm aantrek as ek wil, my voete bly koud! Nee, ek bly binne by die verwarmer.
Ek kyk nie veel TV in die dag nie en slaap ook nie sommer nie. Maar ek hou daarvan om te lees, legkaarte te bou, blokkiesraaisels in te vul. Kook warm kos. Soms speel ek en Colin kaart of dominoes. Kuier op die forums en surf die internet.
Anders moet ons gaan rondry. Gaan bekyk die wêreld of na die see.
Kampfoefel? Dit bly op die spyskaart by name "Pot Luck".
Ek wonder of hier 'n Pink Panty in Plett is. Dalk het dit....
Sien!!!!
Sien!!!! julle "ou" jong mense, wat heeldag sit en boggerol doen!!!, dis waarom ek nog WERK!!!! Dêm dalk moet ek ook maar begin "retire" . Sal soos iemand , en dink Andries Pretorius op CP forum se onderskrif op avatar klink, I'm retired, was tired yesterday, am tired today, and will be tired tomorrow as well!!! of so-iets!!!
Mense! As die reen begin…
Mense! As die reen begin val en Swellendam se berge is wit onder die sneeu! Dit is die tyd wat ek my combat kit aantrek en in die mistige berge invaar.
Aahwe my brother ons gaan soek hom daar en ons kry hom waar zy wortels lê.





Dink nou net daaraan dit…
Dink nou net daaraan dit raak mos amper weer tyd om ons landsdiens te doen en vir SARS hulle voorlopige beraming van my verliese te gee?
So dalk moet ek maar my kwitansies en al daai goete bymekaar begin kry, en vir hulle sulke mooi state opstel.
Ek is eintlik glad nie tevrede met SARS nie, ek het 'n groot rug probleem en om die pyn te verlig gaan ek nou en dan vir 'n massage, so oulike profesionele plekkie hier in Empangeni, genaamd die "Pink Panty", daai meisies is baie goed opgelei en regtig baie profesioneel.
Ongelukig weier Bankmed om daarvoor te betaal, en laasjaar het SARS geweier om dit vir my onder medies te laat deurgaan.