Ek kry wraggies nie die regte sub-afdeling vir hierdie onderwerp nie, so verskoon tog maar.
Terwyl ons nie kan kamp en braai nie, braai ek ook nou maar by die huis en het die volgende te sê :-
Binne-braaie is al lankal 'n voorvereiste in die Kaap, maar ek weet dit word nou ook al in die binneland nogal belangrik. Dit reën vandag hier by ons in die Kaap, maar dit het geen invloed op braaiplanne nie. Terwyl my houtvuur van sekelbos lekker brand, sous dit hierbuite en ek kom tot die gevolgtrekking dat dit nou 'n bakgat opset is.
En terwyl ek my binnebraai sit en geniet terwyl dit heerlik buite reën, wonder ek of ander mense soos ek, self my braai skoonmaak en die braaikamer opruim die oomblik wanneer ons klaar geëet het. Om die braai skoon te maak is werklik "peanuts". Ek skraap die uitgebrande klole deur die vloer-deurtjie tot in die pan daaronder. Hierdie pan pas presies binne-in 'n Checkers of Pick'nPay plastiek sak en walla, dop die pan om en al die uitgebrande kole val in die plastiek sak, reguit vullisdrom toe.
Op die spyskaart was dik-gesaagde lamtjops vanaf Sutherland se bekende slagter, lekker boerewors van 'n bekende worsmaker hier by ons en braaibroodjies, Albani se "Thickslice" witbrood, tamatie en uie. Ai, watter lekke kombinasie.
Wat het jy gebraai vandag of gisteraand gebraai en hoe gemaak met jou braaier as jy klaar is ?
Geniet ook my binne braai…
Geniet ook my binne braai verskriklik baie.
Saterdag aand so met Noddy se mooi musiek skaaprib so op die kant gebraai (staanrib) en toe hy gaar was die kole oopgekrap en paar lekker 28 dae rypgemaakte rump steaks opgesit. Gebakte artappel gereg en slaai daarby saam.
As ek klaar gebraai het, veral nou in die winter, pak ek nog hout op en ons kuier verder saam voor die vuur. Die braaier maak ek gewoonlik eers skoon net voor die volgende braai.
Braai
Ek het ook 'n binne braai in my lapa. Ek maak hom ook self skoon, maar eers die volgende dag, na die braai, Ek gebruik hom net in die winter as dit baie koud is en sterk winde buit waai.
Ek maak gewoonlik in die middelste houer vuur en krap kole of links en/of regs en braai dan vleis op verskillende hitte.
Ek verkies gewoonlik nie om ingeboude braaier te gebruik nie. My voorkeur is my buite braaier wat my oorlede Pa in 1980 gebou het. Moes hom al deur die jare regmaak, van die baie gebruik. Mens kan om hom staan, saam met jou vriende, Waar my binne braai net gemaak is vir braaier of dalk nog een persoon. My lapa is ook toegebou wat hom dan te warm maak in die somer vir binne ingeboude braaie.
Wonder hoeveel verskillende braaiers besit ons lede en hoeveel word regtig nog gebruik. As ek so moet tel, het ek seker so 12. Weber, groot gas, klein gas, klein opvou, ens
Braai bly koning ![]()
Braai (ers)…
Ek gebruik ook die binne een vir hitte en as dit reën, anders die buite een waar ek ook aan die kant vuurmaak. Die gas braai gebruik ons min, net as ons baie mense is en klomp kinders dan kan die ouers gou vir die kinders braai sonder om vuur te maak.
Ja Harry, daar is orals braaiers wat nie regtig meer gebruik word nie en dan is daar nog die karavaan se braaier ook.
Moet my asseblief nie skiet…
Moet my asseblief nie skiet nie! Ek het net 'n MegaMaster Gasbraaier op my stoep wat veral nou met die kouer aande 'n paar keer 'n week gebruik word. Hy werk baie lekker vir Steak! ![]()
Aantal braaiers
Môre vriende
Ek is mos maar 'n minimalistiese ou, dus het ek
'n rondstoot braaier buite, wat ek op die stoep kan trek as dit reen
'n gasbraaier, dateer uit my pa se dae. Ry dit saam as ek kamp
'n kleiner braaier vir kampering.
Groete
Ek sal more biki fotos van…
Ek sal more biki fotos van my binnebraai post, net eers resize...
Nou hoekom wil jy jou braai…
Nou hoekom wil jy jou braai rezise, is dit te klein?
Binnebraai
Nee wat, ons braai, eet en kuier lekker en los die skoonmaak van die braai vir die volgende dag. Alles sal opgeruim word, maar die braai staan oor. Die kole en as is in elk geval te warm om dadelik uit te krap.
Ons binnebraai is nou wel nie in die huis nie, maar op die stoep / sonkamer. Baie lekker om daar te kuier in die winter of wanneer dit reen, maar kan warm word in die somer. Gelukkig het dit baie en groot vensters en n dubbel deur wat kan oopmaak vir n bietjie verligting van die hitte.
Ek stem saam dat n mens nie so lekker om n binnebraai kuier nie maar dit is ook nie so lekker om n buitebraai as dit koud of nat is nie…….
Op die rooster is gewoonlik ook maar n verskeidenheid vleis - skaap, bees, vark, hoender ( darem nie iets van alles elke keer nie ) en soms ook n lekker gerookte vis van Woolies.
Nou is ek sommer lus vir braai! As ek n gasbraaier gehad het...……. ![]()
Defnitief meer as een
Wonder hoeveel verskillende braaiers besit ons lede en hoeveel word regtig nog gebruik. As ek so moet tel, het ek seker so 12. Weber, groot gas, klein gas, klein opvou, ens
Onhou die klomp photos?
So paar van my braai en kamp kook goed versaameling....
Oooo-nee-a-a Ek gee op wilnie meer photo's laai





Binnebraai
Surette se broer en suster se gesinne was gister hier vir 'n braai so daar was nogal baie op die rooster tussen ons klomp.