6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -12 minutes ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -41 minutes ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -8 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -17 hours ago

Desember planne en kampeer

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van Chris se waarskuwing oor Covid en seevakansies, dit kom mos in golwe aangerol, wonder ek wie beplan wat se Desember vakansie. 

Tot en met 2010 het ons see toe gesleep vir 3 weke, want hulle universiteitprogram en eksamens was die bepalende faktor. Nou kan ek gelukkig die vertrapping aan die kus vermy. 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 25/11/2021 - 15:48

.... 'n bietjie wegbreek Karoo Nasionale Park toe, maar het uiteindelik besluit om eerder tydens die "silly season" tuis te bly. Tensy daar inperkings kom soos verlede jaar (wat ek nogal ernstig betwyfel), gaan ons steeds die "silly season" hier in ons klein kusdorpie beleef. Gelukkig woon ons ver van die area af waar die gedruis gewoonlik in ons dorp plaasvind, maar nogtans moet ons maar onsself voorberei t.o.v. algemene aankope. Ek sorg maar dat ek teen 09:00 terug is by my huis om die malhuis in ons enigste supermark te vermy.

My "vloeibare kruideniers" en vleisbenodigdhede is klaar aangekoop. Laasgenoemde om skielike prysverhogings, wat meer male hand aan hand gaan met die "silly season", te vermy. My seun is tans besig om 'n trou "venue" in 'n groot Bolandse dorp te verf. Die eienaar het hom verlede week meegedeel dat die plaaslike polisie haar gewaarsku het dat inperkings t.o.v. "versterkwater" in Desember ingestel kan word. 'n Plaaslike drankwinkel-eienaar het dit teenoor my bevestig dat hulle soortgelyke  "rumours" uit verskeie bronne ontvang het - selfs vanaf een van hulle verskaffers.

?????

Worcester

Wildehont

Thu, 25/11/2021 - 16:21

Soos julle weet is ons bespreek by Dwarswegstrand van 14 tot 28 Desember. Dan slaap ons ‘n aand in Oudtshoorn by Mt Noah en daarna vier aande in Karoo NP. 
 

Die gerugte van drankverbod loop hier ook. Dis waarskynlik ‘n manier vir die handelaars om saam met Swart Vrydag verkope op te stoot en iets in die bank te hê indien daar wel weer ‘n inperking kom. Dit glo ek is heel moontlik. ‘n Luiperd se kolle verander nie. Waarom sal CR en kie s’n? Die Min van Gesondheid is juis besig met ‘n perskonferensie oor die nuwe variant en die noodtoestand is vanoggend verleng en ek glo nie in toeval nie. Gelukkig is die strand by Dwarswegstrand nie ‘n openbare een nie en is redelik ver van Glentana en Grootbrak se strande. 

Cheis en Chris

Dankie vir die waarskuwing, ek sal dan maar ook die naweek die winkel gaan besoek.

Swart Vrydag specials kon my nie help by Toyots Brits nie, wag maar geduldig vir Januarie 20xx 

Irene

Grootwind

Thu, 25/11/2021 - 17:56

Het gistermiddag by Brits se Toy winkel verby gery en aan jou gedink Wessel smiley om darem so Toy-loos deur die lewe te moet gaan! Kyk gerus na die nuwe Ranger, daai trokkie is nou nog verder vooruit teenoor die Toylaugh

Centurion

Voortrekker

Thu, 25/11/2021 - 18:26

Ek het hierdie jaar geen Desember / Januarie  planne gemaak soos laasjaar nie want ek moes my bespreekde suidkus kamp afstel.      EK sal maar my staanplek by Zaagkuil benut as die behoefte vir kamp te erg raak.    Ons spandeer ook hierdie komende kersfees saam met my vrou se familie in Limpopo en dus geen Kaap toere was beplan nie.

Miskien vat ek die pad noord weskus toe middel Januarie maar dit is glad nie bespreek of beplan nie.   Dit hang af of die see gaan roep of nie. smiley

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 26/11/2021 - 20:00

Ek is ook maar dankbaar Desember/Januarie is nie deel van ons vakansie-planne nie, want 'n inperking om dit te moet kanselleer sal my hart breek.  As die 4de Vlaag kom, hoop ek dit het sy einde bereik teen middel April sodat ons nog Meimaand Wildtuin toe kan gaan.

Maar sterkte vir julle ouens wat nou op hete kole moet sit en wag wat gaan in Desember en Januarie gebeur.

Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 29/11/2021 - 11:53

Ons ry oor 2 weke Richardsbay toe vir 'n bietjie visvang.  Laas jaar was ek 3 dae daar voordat alles toegemaak is.   Die inperkings ruk die ekonomie en werksverliese word net meer en neer.   Ek sien die rand het baie verswak en staan nou op R16.12 teen die Dollar.  Ekonome voorspel ons gaan oor 'n jaar of wat R20 teen die $ wees.   Swaar tye is ons voorland as ek sien hoeveel mense verkoop hulle luukshede soos karavane en bote. 

Jy is darem 'n bevoorregte man wat 'n staanplek by Zaagkuil het. Is dit eksklusief joune, en staan dit onbenut in jou afwesigheid. 

Ek kan nie agterkom op hulle webblad of hulle voorsiening maak vir dagbesoekers nie. Weet jy dalk?

Worcester

Wildehont

Tue, 07/12/2021 - 08:22

Hopelik raak Johunknown en Chris Boucher en ander dan weer lus om saam te gesels. 
 

Ons bespreking by Dwarswegstrand is van 14 tot 28 Desember. Ek is nou nie so paraat soos Warren nie, maar ons ry darem teerpad tot by ons staanplek. Ek het die afgelope naweek die wa gebruik, en ook einde November en alles is in orde. Ek wil net die Everest se bande laat roteer, want hulle is nou net meer as ‘n jaar oud. 
 

Dit lyk asof Salomien nie haar werk betyds gaan klaarkry nie. Ongelukkig kan ons nie die bespreking uitskuif nie. Ek sal dus waarskynlik alleen met die kinders ry volgende Dinsdag. My suster Anita ry Maandag uit Pretoria om Dinsdag by ons aan te sluit. Sy gaan in een van die seefront huisies naby die karavaanpark bly, en sal dus daar wees om handjie by te sit waar die kinders nie kan bykom met opslaan nie. 
 

Ek sien uit na die vakansie, al is ek jammer dat Salomien waarskynlik eers later by ons sal kan aansluit. Dit gaan ons langste staan by een oord wees sedert ek bietjie meer as twee jaar gelede die Kavango gekoop het. Ons het dit laas November baie geniet by Dwarswegstrand, en het ‘n lekker staanplek bespreek vir die komende besoek. Ek is net bietjie besorg oor die weer. Ons het glad nie tipiese somer weer sover nie, en die weer by Grootbrak lyk ook maar oes elke keer as ek kyk. Dis meestal bewolk en die wind laat loop ook gereeld. Maar ons sal dit vat soos dit kom en die meeste daarvan maak. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 07/12/2021 - 09:13

Ai Chris, jou vertellery maak 'n mens sommer lus om aan te hak en ook te gaan kamp.  Hier moet nou nog net 'n paar ouens kom met soortgelyke stories dan druk ek ook nog voor ons Wildtuin-vakansie 'n see-vakansie in.  Op my ouderdom en met my skete moet 'n ou beslis nie te lank uitstel nie, want die tyd loop vir ons oues van dae vinniger uit as vir julle jonges.

Ek stel voor jy stuur vir Salomien op 'n tydsbestuur-kursus  -  dis sommer nonsens dat haar werk indruis by julle vakansie-planne.

Nou wag ek om te hoor van voorbereidings van ander ouens wat ook gaan kamp.

Hello Anton

Dankie vir die inligting. Dit is seker dan ook R1oo vir vrouens nê? 

Centurion

Voortrekker

Tue, 07/12/2021 - 10:56

Is dit eksklusief joune, en staan dit onbenut in jou afwesigheid. 

 Ek laat darem toe dat ander mense ook op my staanplek kamp.    As hulle mooi vra dan sal ek self op 'n ander staanplek kamp en myne opgee uit liefde.  smiley

...tussen die lyne te lees vir die korrekte antwoord. Wat ek aflei is dat jy 'n liefdevolle ou, of is dit nou 'n agtermekaar vriend is.laugh 

Vaalpark

Johann L

Tue, 07/12/2021 - 11:13

Ek kamp nie tussen 15 Desember en so 5 Januarie nie, dit is belaglik duur. Ons was nou vir 'n week by Buffelspoort teen R870.00 vir die 5 nagte, 'n enkele nag in die fees seisoen is meer as dit, per nag, wat ek nou vir 5 nagte betaal het.

Worcester

Wildehont

Tue, 07/12/2021 - 11:17

want die tyd loop vir ons oues van dae vinniger

Soveel as wat mens dankbaar moet wees vir elke oomblik wat jy gespaar bly, het dit ook nadele. Hoe ouer mens raak, hoe vinniger gaan die tyd verby. Of dis hoe dit voel. As jy vyf is, is ‘n jaar 20% van die tyd wat jy op aarde is. As jy 50 is, is ‘n jaar net 2% van die tyd wat jy op aarde is.  

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 07/12/2021 - 12:28

Okay Chris WH, ek sal bietjie saamgesels.

My seun en vriende het al by twee geleenthede by Kwaggaskloofdam (hoeka daar in Chris WH se "joints") gaan kamp. Klaarblyklik is dit baie netjiese kampeerplek op die oewer van die dam. Hulle gaan meer vir die watersport - waaronder ski. My seun het sy visvangboot vervang met 'n skiboot.

Hulle kamp vanaf 19 tot 27 Desember by Kwaggaskloof. Ons is genooi om te kom saamkamp, maar dit sal beteken ons sal moet gaan tent opslaan want ons word nie toegelaat om nog 'n wa daar staan te maak nie. Hierdie ouballie soek egter van gemaklik slaap. Ons het 3 jaar gelede saam met hulle oor die Kerstyd by Kromrivier in die Sederberge gaan kamp (met die tent) en op ons ou kampbedjies geslaap. Watter nagmerrie!! En ek weier om weer 'n afblaasmatras te koop - al te veel kere in die steek gelaat met dié relatiewe duur goed. Gevolglik sal ons waarskynlik slegs Kersdag vir die dag gaan kuier. Dit is darem net sowat 'n uur en 'n kwart se ry van ons af.

Dus - Jan Tuisbly se karretjie is maar ons voorland. Ek sal maar vasbyt tot mid-Feb wanneer ons Henties toe gaan vir 2 weke om hopelik die kabeljou- en galjoenvoorraad te gaan aanvul.

En dan beplan ek nog steeds aan my sloertoer. Maar ek dink al hoe meer daaraan om eerder 'n weeklange toer langs die Weskus te onderneem (nie sleep nie). Die TV-program, Weskusbewoners, wakker 'n groot verlange by my aan om weer 'n slag by 'n paar plekke te gaan inloer. Plekke soos Jacobsbaai, Paternoster, Velddrif se Bokkomlaan, Dwarskersbos, Elandsbaai, Lambertsbaai, Doringbaai en Strandfontein. Dalk, net perdalks, kan ons dit net na die skole in Januarie begin het, inpas.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus