6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -7 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -16 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -18 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago

Verkoop van karavaan

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Aangesien ons nou besluit het om af te skaal met ons huis, moet ons nou 'n baie moeilike besluit neem.

Indien ons na die Cluster kompleks  trek waarin ons tans belangstel,  sal ons dalk noodgedwonge van die karavaan moet onslae raak. Ek wil nie my karavaan gaan stoor by 'n alternatiewe plek nie.

Ons gebruik ons karavaan slegs deur die jaar vir vinnige wegbreke. Met ons jaarlikse verlof, gaan ons altyd af Kaap/Suid Kaap toe en bly in vaste verblyf.

 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/11/2022 - 10:16

Môre Hennie

Wat is die rede, gaan dit oor;

1]gebrek aan spasie by die kompleks, 

2] kompleksreels wat 'n afdak verbied. Ek weet van komplekse waar almal se voertuie buite staan, en die bote en woonwaens binne die garage. Laasgenoemdes mag nie sigbaar wees nie.

Sjoe, ek is bly dis nie my besluit nie. Alternatiewe stoorplek is deesdae baie gewild en veilig. Oorweeg dit tog, want dalk gaan jou wa nie vinnig verkoop nie, en dan moet jy dit tog stoor.  

Brackenfell

HennieBo

Wed, 02/11/2022 - 10:40

Môre Wessel,

Die motorhuis ingang sal nie toelaat vir 'n karavaan binne. Daar is ook nie plek vir 'n afdak voor die motorhuis nie.

Oor as genoeg alternatiewe parkering vir die wa, maar mag nie dakke daar oprig en redelik vêr weg van die eenheid. Ek is nie gemaklik met my wa by stoorplekke nie, aangesien ek al te veel "stories" gehoor het. Sal dalk bietjie navors.

Ons kamp ook net so ongeveer 4 - 5 keer 'n jaar en soos genoem, word die wa nie vir ons jaarslikse verlof gebruik nie.

 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/11/2022 - 10:55

Hennie

As ek jou laaste paragraaf lees, is jou besluit eintlik maklik. Verkoop die ding, en wend die geld en rente daarop aan vir julle jaarlikse alternatiewe vakansies.

Onthou wat Prediker sê--- daar is 'n tyd vir alles. Ook om weg te maak van 'n woonwa.

Brackenfell

HennieBo

Wed, 02/11/2022 - 11:19

Verkoop die ding,

En ek het nou 5 maande terug vir my 'n  nuwe rally en add-a-room laat maak. Het wel nog die ou rally en add-a-room ook. Sal maar sien wat is die besluit op die ou einde.

Ek het nou bietjie gaan "google" en ek kan "storage" kry vir onder 'n R1000 pm . As ek die somme maak, weet nie of dit die moeite werd is vir die wa se gebruik per jaar.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/11/2022 - 12:35

Hennie

Ekskuus man, my gebrek aan takt kry altyd die oorhand met woordkeuses.

Wat se wa het jy.  Blykbaar is dit relatief maklik om 'n wa en bybehore te verkoop. Ek vermoed julle moet net gaan sit en besluit of julle 'n leefwyse en dalk sentiment, nou wil laat gaan.

Ons nader almal daai punt. Ek sit baie dae en dink oor my belegging van R360000 in die Kavango. Met al my gatkrulle en warm kry, word dit ook nie na behore benut nie. Juis omdat ek  dit so min gebruik, kan ek myself nie so vêr kry om dit in te ruil op 'n meer gerieflike wa nie. 

Niemand weet wat die toekoms gesondheids gewys inhou nie, en weet nie wat se mediese uitgawes op mens se pad kom nie. Dus, gaan ek nie verdere groot geld op woonwaens spandeer nie. Hopenlik wanneer my tyd aanbreek, sal ek darem die Kavango verkoop kry. Dit is die persepsie wat ek het, na aanleiding van die "Echo 4x4 Kavango owners",groep op die Gesiggie-blad. Daar word gereeld na gebruikte waens gesoek.

Dalk moet jy eers die berging opsie probeer, maar dit gaan julle finale besluit net so bietjie uitstel..    

Centurion

Voortrekker

Wed, 02/11/2022 - 12:50

Ek wonder wat kos dit om 'n soortgelyke karavaan te huur?   Is dit nie dalk 'n meer realistiese opsie indien jy graag so nou en dan met 'n wa wil kamp nie?   Die stoor kostes + versekering en onderhoud kostes  moet dalk opgeweeg word teen huur kostes?

Brackenfell

HennieBo

Wed, 02/11/2022 - 12:51

Wessel, ons het net 'n Gypsey Raven en val nou nie in julle prysklas van waens nie.

Ons geniet egter die wa met elke wegbreek en sleep baie gemaklik.

Ek sal wel fotos plaas wanneer ek gaan besluit om te verkoop.

Brackenfell

HennieBo

Wed, 02/11/2022 - 12:54

Ek wonder wat kos dit om 'n soortgelyke karavaan te huur? 

Dit kan ook dalk 'n opsie wees, maar ek weet nie of ek dit sal doen nie. My buurman so skuins agter ons verhuur ook karavane. Moet dalk by hulle uitvind. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/11/2022 - 12:59

....prysklas wat maklik verkoop. Jongmense met kleiner kinders wat ook smag na vakansie hou, sal sulke juwele opraap.

Sterkte met besluit.

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 02/11/2022 - 13:32

Bliksis ou Wessel ! Jou vakansiespeelgoed, dit is nou Grompie en die Bosveld Villa, is  Noord van n 6 nulle. So klink my jy moet so R100k/jaar"spaar" op vakansies om dit in 10 jaar te kan afskryf. Daarna verkoop jy dit vir mediese onkostes.angel

Secunda

Sleep nou

Wed, 02/11/2022 - 13:43

Ja nee Hennie dis nie maklike besluit nie maar stoor van Karavan raak ook duur weg van jou goed naby jou skade sterkte ou vriend 

Vaalpark

Johann L

Wed, 02/11/2022 - 15:17

Hennie, dag sê ou maat, jammer dat julle nou op daai kruispad sit, moeilike besluit wat geneem moet word.

Al wat ek kan sê, nooit verkoop ek my Penta nie, my dogter moet dit maar oorvat wanneer ons twee nie meer kan nie.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/11/2022 - 15:29

Middag Herman

Hoe meet mens genot?? 

Die prys wat ek betaal het vir die Kavango druis teen my eie finansiele beginsels in. Tog geniet ons die vakansies wat ons kan doen daarmee. Grompie se aankoop was beskou as 'n langtermyn belegging, hopenlik tot langbome toe. 

Glo my, as die nood gaan druk, is die Kavango die 1ste wat vir drank en medisyne ingeruil word. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus