Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Geert -1 day ago

Koffie en Tee

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!

Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

KOFFIE DRAAD 2

t

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 17/11/2017 - 08:56

Goeie môre almal !

Willie, welkom in die geledere van die afgetredenes  -  dis 'n wonderlike fase in 'n ou se lewe !

Hoe gaan jy die aftree inwy, gaan jy iewers kamp of pak jy weer 'n bou-projek aan ?

Lekker naweek aan almal.

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Fri, 17/11/2017 - 09:17

Dankie, man.

Ons gaan so bietjie Kaap toe ry met Ma se nuwe Jimny.

Ek is nog besig met twee groot bouprojekte wat oor drie weke moet klaarkom, Len. Eers dan ry ons af Kaap toe.

Het ook al genoeg nuwe projekte om my vir die eerste drie maande in 2018 besig te hou.

Gaan kyk bietjie onder Willor Consulting Services op fb wat ek als aanvang en like my page asseblief.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 17/11/2017 - 09:25

Julle trippie Kaap toe met die nuwe Jimny, wie gaan bestuur, die eienaar of jy ?

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Fri, 17/11/2017 - 10:01

Ek gaan bestuur Len, met ma se toestemming.

Reg so Dusty.

Willor Services is 'n Australiaanse maatskappy wat ek daar in 1998 geregistreer het, maar nooit besigheid daar gedoen het nie. Nou gebruik ek maar die naam plaaslik.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 17/11/2017 - 10:22

Môre sê julle, dankie die koffie was heerlik gewees, sal nou my 3de koppie neem.

Nog net 'n paar slapies dan is dit die lang pad.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 17/11/2017 - 11:16

Willem, gelukkig het die Mosselbaai/George area baie goeie reën gehad en die droogte behoort nie julle Hartenbos vakansie te beïnvloed nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 17/11/2017 - 17:20

Middag almal, ek gaan maar die oggend koffie mis, ons is veilig terug by die huis na 'n heerlije week by Buffelspoort.

Die tyd het so gevlieg, ek het sowaar omtrend geen fotos geneem nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 17/11/2017 - 17:22

ons is veilig terug by die huis na 'n heerlije week by Buffelspoort.

Tyd vlieg Johan.  Ek hoop jy het dit geniet en voel uitgerus?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 17/11/2017 - 21:46

Net soos jy sê Dusty, maar nou ja, ons het in 'n huis in gestap waarvan die gang se matte nat geword het, en so die hout blokkies onder dit,  op gelig het. Wat 'n gemors, hoop maar die versekering gaan dit reg maak. 

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 18/11/2017 - 05:08

Goeie more.

Saterdag, begin as n rustige dag. Sit reeds en koffie drink.

Glo dat dit met almal goed gaan.

Johann, sterkte met die versekering en nat matte. Glo dat dit gou weer reg sal wees 

Geniet die dag

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 18/11/2017 - 05:47

Goeie more!    Mis ek vanoggend my kamp koffie saam met die brullende leeus.

Lekker dag vir almal.  Vandag bou ek oxtail potjie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 18/11/2017 - 08:48

Na die heerlike reën die week is dit 'n pragtige dag in die Baai.   Blommetjies het so te sê oornag op ons grondbedekker verskyn.

Ons gaan vandag na 'n kinderpartytjie, Colin se 4-jarige kleindogter.   Sy het aangedring Oupa en Ouma moet kom en ons moet nie vergeet om 'n present saam te bring nie.

Vanaand speel die Bokke eers 10 uur.   As ek kan wakkerbly sal ek kyk.

Aangename Saterdag vir almal.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 18/11/2017 - 08:54

More julle wat n week by werk my tweede koppie koffie vir dag geloop soos stroop julle wat kamp geniet en gaan groot Freda lekke om te hoor vannie reen lekke dag julle

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 18/11/2017 - 08:57

Ons gaan vandag na 'n kinderpartytjie, Colin se 4-jarige kleindogter.

Freda my jongste is vandag 2 jr oud, sy ouer boetie het Dinsdag 5 geword.  Hier by ons is dit nog die hele week koek en presente.

Geluk Colin met die kleindogter se verjaardag!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 18/11/2017 - 10:26

Baie geluk met die kaboutertjies se verjaarsdae, Voortrekker en Lolla.   Geniet al die kinder aktiwiteite die week.  Ons Mia het eintlik Woensdag verjaar, die partytjie is eers vandag.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 18/11/2017 - 16:12

Baie geluk jet die kleinspanetjies se verjaardae, mag hulle vir julle net vreugde bring, en dat hul jaar vorentoe propvol vreugde en vrede wees.???

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 19/11/2017 - 05:56

Goeie more.

Rustige Sondagoggend. Mag ieder en elk hierdie dag geniet. Ekself gaan nou koffie maak en sommer beskuit saam met dit geniet voordat ons begin gereed maak vir kerk.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus