Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -32 minutes ago
Kieterkatte Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -48 minutes ago
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -50 minutes ago
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -3 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -3 hours ago

Bekendes staan op teen plaasmoorde

Bosveld
Submitted by Gryswater on
Forums
Luister ek vandag op RSG en hoor toe daar word gepraat van die video en nog vele ander soortgelyke gevalle van moedeloosheid en opstand teen plaasmoorde.
Vaalpark

Johann L

Mon, 30/10/2017 - 08:40

More Len, vir my gaan dit eerstens oor alle geweld in SA, swartmense hier in ons omgewing loop net so deur onder die misdaad.

Ek dra vandag swart, uit rou vir ons PLAAS boere wat vermoor word, maar ook vir alle geweld misdaad.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 30/10/2017 - 10:43

Elke geval van plaasaanval, huisinbraak, ens. verskil seker maar.    Dit hang seker baie af van die gesindheid van die aanvallers.  Gaan breek hy in om net te steel omdat hy niks het nie?   Vat wat hy wil hê en gee pad.  Of besluit hulle om sommer, terwyl hulle steel, die mense so bietjie te martel.  Kook 'n ketel water of olie op die stoof om hulle mee te brand.  Slaan hulle met hamers en steek hulle met messe.   En dikwels na hulle eers gemartel is, dan die finale, skiet hom dood.   Of brand hom dood in sy bakkie.

Dus, volgens my beskeie mening, ja, daar is werkloosheid en armoede, en dit veroorsaak meeste van die misdaad.   Maar is die marteling en moord nodig????   

My bediende het my al vertel hoe hulle in vrees lewe in hul "townships".  Hul eie mense breek eenvoudig hul deur af in die nag, loop in en besteel hulle.   Niemand keer nie want almal is te bang.   Die meeste van die tyd, as hul ongestoord kan vat wat hulle wil, gee hulle net pad.

Ek wonder darem, as die aanvallers by 'n swart boer inbreek, of dit vir hulle ook 'n siek bevrediging sal gee om daai boer en sy vrou met kokende olie te brand....

Ek wil dit baie duidelik stel, ek beskou hierdie saak nie uit 'n rassistiese oogpunt nie.  Allesbehalwe.  Ek het begrip vir baie redes hoekom dinge in ons land so versleg.  Ek behandel mense van ander rasse met respek en vriendelik en gaan uit my pad om met hulle 'n goeie verstandhouding op te bou en is goed vir hulle, sovêr my vermoë my toelaat.   Miskien is dit hoekom die haat en wraak wat getoon word tydens die aanvalle, my so dwars in die krop steek.

Johann, jy is reg.  Dit gaan nie net oor plaasmoorde nie.   Daar is op vele vlakke soveel misdaad wat dieselfde simpatie verdien.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 04/11/2017 - 09:57

Die Verenigde Nasies se Sekretaris Generaal, Guterres, het gister aangekondig dat hul verwag Zuma moet dringend aandag skenk aan die veelvuldige plaasaanvalle en gepaardgaande moorde.  Hul sê die situasie ruk handuit en hul wil nie sien dat dieselfde in SA gebeur as in Zimbabwe nie.  Indien Zuma nie stappe neem nie, sal dit lei tot sanksies instel teen SA.

Ek wonder hoe ernstig sal Zuma die waarskuwing opneem?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 04/11/2017 - 14:20

Zuma sal hom nooit laat voorskryf deur enige persoon of instansie nie  -  netsoos Mugabe gee hy geensins om wat die gevolge vir sy land sal wees indien sanksies ingestel sou word nie.  Alles by hom gaan net oor homself.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus