Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -14 minutes ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -23 minutes ago
Dinokeng kampe.... Dinokeng Camp and Leisure… Wessel Strydom -56 minutes ago
Nog iets op die horison.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Pad Umfula Johann L -2 hours ago
Dinokeng Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago

Noag se probleem

Durban
Submitted by dassie on
Forums

Die bevel het gekom en Noag moes n Ark bou om vir hom en sy gesin en natuurlik al die diere lewend te hou vir die groot vloed wat so kom .Maar die stomme Noag was nou ook nie die skerpste potlood in die pak nie en aangesien hy nagskof gewerk het kon hy net in die dag bou aan die Ark. En op die koop toe het hy in n minder ge-goede buurt gewoon in sy meenthuis wat hy gedeel het met sy vrou en kinders .Omdat daar nie plek was in sy erf nie moes hy die Ark op die sypaadjie voor die huis bou en so het hy baie aandag van sy bure gekry .Nou watse ding bou jy vra hulle ? Se Noag dis n geheim ek mag nie se nie. So kom sy buurman weer en vra Noag wat slaan hier hier aanmekaar .weer se Noag Ek mag nie se nie .Okay se die buurman gee my net n "tip " Se Noag se my hoe lank dit jy kan jy water trap .Hmmm se die buurman maar jy moet die ding verwyder want dis in my "driveway " en ek moet more vroeg met die kar werk toe ry .

En so breek die dag aan dat Noag die diere moet bymekaar kry maar onthou hy het nie al die diere geken nie en soos hulle op die Ark klim merk hy hulle af op sy tel kaart .Probeer n Takbok ook opklim se Noag nee pel daar is al 1 paar bokke op .Ja se die Takbok maar daai 2 is n "moose " en ek is n ander spesie .Okay se Noag ag roep tog net daai swart en wit perd se vir hulle ek het n fout gemaak .2 miervreters daag ook op en Noag kry hulle voorstok Luister julle 2 daar is net 2 miere hier en as hulle verdwyn weet ek dit was julle .Plegtig beloof die Miervreters hulle sal hulle gedra en terwyl hulle so wegstap se die 1 vir die ander Het jy gehoor wat noem hy ons .Nee se die ander 1 Wat? Hy het ons "dickheads " genoem ohhhhh se die ander wanneer laas het jy in die spieel gekyk .

Die reen sak uit en almal is op die Ark is veilig en snoesig maar na n week is die diere verveeld Noag reel so verskeidenheids konsert amper soos dat Huisgenoot se Skouspel en almal daag op .Olifant raak so gesuip dat hy kriek se viool stukkend val en Renoster klap muskiet so hard dat sy trompet so gebuig is dat geen mens n noot daaruit sal kry nie .Die konsert word gestop en amper speel "Computicket " bankkrot omdat hulle die diere se geld moes terug gee .Intussen skyt die diere die hele Ark vol orals le bollie tot in Noag se bestuurskajuit en hy roep n vergadering .Kyk se so kan dit nie voortgaan julle mag nou net in die masjien kamer tussen die 2 groot diesel tanks bollie dan sal ons elke dag die bollie oorboord gooi .So gemaak so gedoen elke dag gooi die varke die mis oorboord en dan dryf dit weg en wragtig 400 jaar later ontdek Colombus die dryfsel wat ons nou Amerika noem op 1 van sy ontdekkings reise .

 

 

Randfontein

bokvirsports

Wed, 13/12/2017 - 11:44

Bollie praat is lyk vir my party mense se gawes.?

0

Bollie praat is lyk vir my party mense se gawes.? Bokvirsports ek probeer maar om my self te vermaak laugh Ek besef dat ek n amateur is in vergelyke met Tolla en Nico Nel daai manne is bo baas storie vertellers

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 13/12/2017 - 13:03

Ek dink van die insette het weggeraak op die draad, die een bokant Dassie s'n is 'n aanhaling van een en as 'n grap bedoel, vermoed ek.    Ek onthou daar was nog insette, nie net die wat ons nou sien.  Dalk kan Anton sien wat gebeur het?

Gaan aan met jou stories, Dassie.  Soos jy sê jy probeer en ek dink jy doen goed! laugh

0

Freda ag nee wat ek het Bokvirsports se inset as n kompliment gesien geen probleem daarmee . yes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus