Al die fotos is onder aangeheg. Eerstens verskoon die deurmekaar woonwa, my ouers is besig om nog uit te sort en hulle goed oor te skuif na die Sprite Swift wat hulle nou het.
Ons wil plastiek cream venetian blinds insit in plaas van gordyne. Die mure binne word wit geverf en die kaste gaan beidge/cream geverf word na ons die uitleg verander het en die houtvrot vervang het. Die bankies voor bly soos hulle is. Die kas om die yskas gaan heeltemal oor gebou word sodat ons weer ‘n werks blad het, die kas langs die yskas is nou 600mm wyd maar gaan om en by 300mm wyd wees vir loop spasie met die bed. Die skuins kas bo teen die muur kom af en gaan ‘n reguit kas word. Die huidige hangkas kom ook uit om plek te maak vir die skuins eiland bed. Agter in die hoek kom ‘n nuwe enkel hangkas en langs die kombuis kas kom ‘n kas met rakke vir klere pak plek. In die hoek agter die bed kom ‘n driehoek kassie by vir nog pak plek. Ons wil ook klein kassies inbou bokant die airvents en rakkies bokant die voorste en agterste venster. Aangeheg is ‘n rowwe skets van die nuwe uitleg wat ons aan dink binne. Die vloer gaan nuwe vinyl teels kry wat soos laminated hout vloere lyk. Die elektriese bedrading word ook heeltemal oorgedoen binne, nuwe led ligte en ‘n hele 12v sisteem word bygesit wat nie nou daar is nie. Ek moet nog presies kyk hoekom die vloer in die middel van voor na agter gebars het. Die plank het nie weg getrek van mekaar af nie en als onder op die chassis lyk reg. Die handbriek se arm onder waar die kabel vas is, is bietjie gebuig en die brieke moet na gegaan word nou weer. Die hele oordoen gaan omtrent eers April of Mei begin en gaan ‘n paar maande se werk wees, want ek wil dit nie aframel nie en wil dit graag reg doen.
PS. Die oorspronklike tafel wat onderste bo in die foto is, is die groene wat lyk of daar 'n lappie op is. Die kaart tafel is blykbaar gestoor, maar my pa kan nie die kondisie onthou nie.



















'n Lekker projek om te volg …
'n Lekker projek om te volg ! ![]()
Dankie Gerhard, ek sien uit na die vordering ![]()
Nice one Gerhard
Well, you got a "tripple-a-rating" foundation on which to build your van, that's no maybe...
Them van's where built to last forever...
Just one comment... Watch your weights on the left and right of the centre line that they are approximately the same, bear in mind that under-bunk packing is also where a lot of heavy stuff is put.
If the left & right weights are not roughly equal you may face a fishtail - sway situation.
PS I'm negotiating with sombody who has a whole bunch of the original Jurgens poles at R35 / meter.... Pity he knows the value hehehe
Oop vir voorstelle
It'l DoDat thanks for the weight comment, that is something I did not think of.
Ons is oop vir voorstelle oor die uitleg, maar ja die uitleg wat ons gedink het aan gaan verseker moeilikheid maak
Gelukkig is ons nie te haastig om te begin nie. As ons nie kan verander aan die uitleg nie, is dit nie die einde van die wereld nie en word die agterste bed nog steeds 'n solid bed gemaak, die houtvrot moet reg gemaak word en als word nog steeds geverf binne. ![]()
Gerhardt
Gerhard, hier lê groot werk voor, maar dit gaan 'n lekker, bevredigende eindresultaat vir jou hê. Ek sou eers die buitekant en onderstel aanpak en daarna die binnewerk doen. Ek sal ook terugkeer na die oorspronklike Jurgens kleurskema, daardie onderste twee-derdes donker-beige kleur (amper khaki) met die boonste derde wit geverf.
Lekker werk !
Die Buitekant...
Gerhard hier is vir jou n eenmaal in n leeftyd aanbod. Jy kan dit van die hand wys sonder dat daar enige kwadegevoelens sal wees.
Waneer jy die buitekant doen, gesels met my vir al die nodige "Stickers" wat jy gaan nodig kry, veral as jy dit na die oorspronklike wil laat lyk. Daardie stickers gaan jy nerns kry nie, en sal gemaak moet word.
Nou hier is die aanbod. ... As jy klaar die verfwerk gedoen het sal ek die "Stickers" vir jou maak en opsit. al wat dit jou sal kos is om die wa tot by my te bring in Meyerton. Dit sal so ongeveer 2 dae neem om als klaar te maak. As ek klaar is kan jy weer die wa kom haal.
Buitekant
Len, Die buitekant gaan ek eers later aanpak. Hy is Des 2016 oorgespray in die kleur waarvan ek nie hou nie. Ons wil hom bitter graag terug vat na die oorspronlike Jurgens kleur skema waarmee hy uitgekom het maar die binnekant het eers baie aandag nodig veral met die houtvrot en die vensters wat lek moet ek seel ook. Buitekant kan dalk ook die jaar nog verander anders is dit volgende jaar.
Baie dankie Segekok, ek gaan beslis die aanbod aanvaar vir die stickers. ![]()
Ek wil die wa weer baie oorspronklik laat lyk buite.
Puik Gerhard
Gerhard wat n projek wow sterkte en puik gebaar van Deon hou ons op hoogte met wa se oordoen
Baie groot, maar lekker.
Gerhard, ek haal my hoed af vir jou, dit is vir seker 'n lekker projek as jy die vaardigheid het om daai veranderings te doen.
Hou ons op hoogte met jou vordering asb.
Heng, dit is jou gaaf van Deon, om vir jou die stickers te doen???
Ook goeie raad van Warren gekry, die gewig verspreiding is baie belangrik.
Baie sterkte en voorspied met die taak.
Baie dankie
Baie dankie almal.
Ek sal verseker vodering gee soos die werk gedoen word.





Voorspoed met jou planne,…
Voorspoed met jou planne, Gerhard. Ek glo jy gaan dit geniet om alles so te doen en te sien hoe jul huis op wiele vorm aanneem. Plaas gereeld vir ons foto's soos jy aangaan. Sal dit graag wil sien.