Ek weet nie hoe ander voel oor kamp nie, maar ons, dis nou ek en manlief wil nie iewers gaan kamp en net eenvoudig rondsit vir niks nie. Ons verkies om te kamp waar ons n lyntjie in die water kan gooi. As ons nie n vis vang nie kan ons dan ten minste na die water kyk. Wat maak julle ander met jul tyd.
Petro ek vang glad nie…
Petro ek vang glad nie varswater vis nie. Ons verkies om die omgewing te gaan verken en die agterpaaie in die omgewing te gaan ry. Dit is ook die groot rede hoekom ons nie maklik n 2de of 3de keer by die sefde plek gaan kamp nie.
Probeer ook al die eetplekke wat die locals gebruik en nie noodwendig toeruste gedrewe plekke nie.
Petro, I, on the other hand am with you on this one..
I love the solitude...
The sound of lapping water, of ducks and other water birds squabbling late at night...
The splash of a fish, the slow click-click-click of the reel at 01:00 in the morning, promise of a good haul in the morning....
The sound of the kettle water sizzling when it spits from the spout... AAAA Coffee's up.....
As the moon rises across the water, the golden line of the reflection getting shorter and shorter.... To watch Orion marching across the sky....
Petro... I'm with you on this one....
PICTURES
SUNSET....... SUNRISE....
Ek is................
Ek is nou weer nie 'n hengelaar nie, dis te tegnies met al die soorte hoeke, aas, visstokke, katrolle en wat nog ? En dan die sit en wag dat iets moet gebeur. Ek hou ook nie van die visreuk aan my hande nie, en veral glad nie naby my kar nie ! Maar, ek kritiseer nie - ek is seker die ou koek want hengel is 'n baie populêre ding. Die fout lê dus by my. Ek hou nogal baie van Petrie se program, "Daar gaan ons alweer", want daar sien 'n mens werklik vis wat gevang word en oral waar hulle reis om wel vis te vang.
Ek geniet weer my kampeerdery in die Kruger Wildtuin. Deur die dag is dit wild-kyk ritte die hele wildtuin vol en die geniet van die bosveld natuur. En hier en daar 'n lekker piekniek ontbyt saamslaan. Saans is dit daardie lekker kuier om 'n braaivuur. By 'n see-vakansie was ons meestal op die strand en in die see terwyl ons kinders nog in die huis was. Deesdae is dit net ons twee oues en ons geniet sommer net die kamp langs die see, heelwat stap op die strand, ook maar rondlê en nie veel doen nie en dan natuurlik die braaiery teen die aand se kant. So dan en wan 'n bietjie uiteet en rondry. Nie veel beplanning nie en niks is geforseer nie.
Nee wat, ek los ook maar die…
Nee wat, ek los ook maar die vis vangery vir ander. Het darem al een keer probeer.
Vis vang
Ekself vang nie vis nie, maar Colin geniet dit. Hy vang nie graag in die see nie, hy verkies riviere by die see waar die soutwater en vis in die rivier opstoot. Ek sit graag by hom, ons pak kos en drinkgoed in en maak 'n piekniek daarvan. En as jy gelukkig is om 'n vis te vang, daar is niks lekkerder as daardie vars soutwater vis nie, sommer dieselfde aand op die kole of in die pan.
Many moons ago...
Wow... Kyk hoe jonk en maer was ek nog hier.... Ek Love visvang en nou kan ek dit geniet saam my oudste seuntjie
Voortrekker/Lolla, waars…
Voortrekker/Lolla, waars die water op die foto, dit lyk amper of daar n blondie onder daai kappie kan wees wat op droee grond / rotse probeer vang ? ??☺
Visvang en tyd
Petro visvang is lekke maar na so 2 ure se sit en wag en niks gebeur nie dan pla die rooi miere my ek hou van see visvang van die rotse af of vannie boot ek en Berdien hou van stap en plekke verken my tyd is maar gaan sien die onbekende en bietjie lyn nat maak
dit lyk amper of daar n…
dit lyk amper of daar n blondie
Hallo Gesie. ![]()
...pak ons weer 'n…
...pak ons weer 'n visvangnaweek in?
dis mos jou verandwoordelikheid daardie?
Willie, nou praat jy, Die…
Willie, nou praat jy, Die vorige een was nogal lank gelede.
Ek dink BenA en Gert het die voriges gereel.
For Petro en al die ander wat wag en wag My personal best.....
Net vir julle so bietjie moteveering te gee......Looooong story...![]()
...Loooooong story…
...Loooooong story
Hierdie draad Warren?
Dit vat deursettingsvermoë
Eish Warren
Jy het seker half uur gesukkel, om daai monster teen die kant te kry![]()
kamp en visvang
Mal oor visvang in die see, kan nie wag dat Feb. verby gaan. Soos reeds gestel het, slaap die wa gedurende Des - Jan - Feb. dit is te bedompig. Maar na Feb. ry die wa, ons is so 'n uur se ry van "Happy Wanderers" op die Suidkus af, lekker vang plek. tel reeds die dae af, en dan in Julie ons sege na oom Paul se plaas toe. Vars elf in foelie toegedraai met al megaftes op die vuur. Tyd en 'n plek vir alles.







Petro ek stem saam met jou. …
Petro ek stem saam met jou. Ek verkies darem 'n kampplek met water, langs rivier of dam of by die see! My vrou is die een wat gewoonlik die lyne natmaak en daai grote vang