Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -6 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -7 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -7 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -8 hours ago

Tye verander??

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Toe ek nog op skool was, ons het daai tyd nog die "Trap der jeugd" geleer, was daar ook so nou en dan skool kampe.

Dit was regte kampe met army tente, seuns tente aan die een kant meisie tente oorkant met die onderwysers/onderwyseresse se tent in die middel. Ja dit was apartheid in die ergste vorm om nie eers van diskriminasie te praat nie! Ons was aangery in so rammelkas van 'n skoolbus en die kamp was hoogstens 5 dae lank. Kampterein was ook selde verder as 100 km van die skool af nie.

My oudste kleindogter, so pas 16 geword gaan ook oor twee maande op 'n skool kamp, g'n tente nie, bly in hotelle, en die "kamp" is in Sjina!!! 

Hulle gaan vir 3 weke deur Sjina toer, sy het so pas die program vir my ge-email. Hulle gaan omtrent al wat 'n groot besienswaardigheid in Sjina bekyk, die groot muur, twee paleise, ook twee van daai spesiale dans 'shows" bywoon.Hulle vlieg [obviously] soontoe en reis dan deur Sjina per trein en luukse busse.

Ek is darem nou wragtag jaloers op haar,  dit kan glad nie vergelyk word met my skool uitstappies nie!!!

Secunda

Sleep nou

Sun, 11/02/2018 - 13:19

Ja alles is soveel makliker as innie verlede kyk net hoe her selfoon ons lewens verander

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 11/02/2018 - 20:48

Baie lekker, en geluk  aan jul kleindogter Arie,  glo sy gaan dit baie geniet.

 

Lees ek reg, of bedrieg my oge my?

seuns tente aan die een kant meisie tente oorkant met die onderwysers/onderwyseresse se tent in die middel.

Enkelvoud vir die onnies se "tent"?

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 12/02/2018 - 08:59

Die kinders is regtig bevoorreg om so 'n toer te kan meemaak.   Hul samel seker geld in vir die doel maar ek glo die ouers moet die grootste gedeelte opdok.   Dink net hoe baie gaan sy leer in daai paar dae, dit sal 'n belewenis wees.

Maar, ek wed, sy en haar maters sal 'n lekker kamp in tente net so graag bywoon en geniet.smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus