Ek het begin met die ontwerp om my bakkie te verander met die doel om te gebruik vir visvang.
Soos belowe sal ek 'n paar fotos laai.
Die raam vir die canopy lyk soos foto 1.

Die tweede foto is van die laai gedeelte vir die bed.

En hier is dit op die bakkie gepas.

Stoffel, jy mag maar, baie…
Stoffel, jy mag maar, baie netjies.
Verduidelik nou vir die dom Kaaskop wat is 'n "Rivnut"??? Ek vermoed seker amper die selfde as 'n 'Pinenut"??
Arie, Wanneer jy 'n "square…
Arie, Wanneer jy 'n "square tubing" het en jy wil iets daaraan vasbout maar jy wil nie die bout dwarsdeur die :"square tubing" vasbout nie dan gebruik jy 'n rivnut. Dit werk basies soos 'n 'poprivet" behalwe dat je dan skroedraad het om iets aan vas te bout.

En hier is die 'tool' wat jy kan koop

Hoop dit maak sin vir jou
Ai ddit is een van die groot…
Ai ddit is een van die groot voordele van die forum, mens leer aanmekaar van iemand iets nuttigs. Dankie Stoffel, nog nooit so iets gesien nie, maar kan 'n hengse handige ding wees.
Dit lyk sommer nou baie…
Dit lyk sommer nou baie netjies.
Die bou is/was vir my die lekker deel. As jy so terug staan en sien hoe jou hande werk aankom.
Dit is gewoonlik n projek wat nooit einde kry nie. Ek bou nog steeds aan Froggy. Het die naweek weer LED lig ingebou by trappie waar mens in bus klim.
Ek sien jy het ook alles mooi beplan en uitgewerk.
Welgedaan.
Ek sien jy het ook alles…
Ek sien jy het ook alles mooi beplan en uitgewerk.
Harry, dit is een van die voordele om in 'n ontwerp kantoor te wees net soos jy
Het die naweek weer LED lig…
Het die naweek weer LED lig ingebou by trappie waar mens in bus klim.
Lekker Harry. Een van die kamp julle weet 'n bos uit 'n hond uit ![]()
Stoffel hoe ver
Stoffel hoe ver is jou bakkie projek nou kyk ek mis my 1400
Shaun, daai deel staan nou…
Shaun, daai deel staan nou eers weer stil. Is nou besig om die bakkie te restoureer. Dit is effens meer werk. Sal so n paar fotos van die vordering plaas.
Ek het vanoggend lekker by…
Ek het vanoggend lekker by Stoffel gaan kuier. Ons het lekker gesit en koffie drink en gesels oor die dinge van die lewe en het lekker geskinder oor, en toe het Stoffel vir my gaan wys hoe lyk die papgooier werk waarmee hy besig is.
Ek kan ek julle sommer vertel, Stoffel doen 'n baie netjiese en ordentlike job met die kamp-bakkie. Soos ek nou hier skryf is hy seker besig om die voertuig 'n laag verf te gee.
Dankie Stoffel vir die lekker kuier, soos altyd lekker om tyd saam met jou te spandeer ![]()
![]()
NEE daar is geen foto's geneem nie.
Anton, dit was n lekker…
Anton, dit was n lekker kuier/verassing gewees. So het 2 ure vinnig verby gevlieg.
Kry ek toe gister n lekker…
Kry ek toe gister n lekker glips. Skud die verfblik en die deksel spring toe af. Helfde van die blik oor my hande, bene en ook my hemp. Die hemp uit getrek en net so in die asblik gegooi.
Eina,, dit is 'n haatlike…
Eina,, dit is 'n haatlike storie om skoon te kry.![]()
Ek sal nou maar die…
Ek sal nou maar die plaveisel moet verf om die witverf weg te kry
Dubbel eina. Ek sal nou…
Dubbel eina.
Ek sal nou maar die plaveisel moet verf om die witverf weg te kry
Gelukkig is die papgooier…
Gelukkig is die papgooier bakkie klaar geverf. Nou gaan die aanmekaar sit begin
Dit klink of jy lekker…
Dit klink of jy lekker geverf het vandag Stoffel ![]()
Kom aan Stoffel, wys n foto…
Kom aan Stoffel, wys n foto man. As jy klaar is laat weet, dan kom maak ek n draai met my Nissan. Sal die brannewyn en coke bring, jy hoef nie saam te drink nie, maar ek vrek oor langs die water kamp.






En die "Rivnut tool" wat ek…
En die "Rivnut tool" wat ek self gemaak het.