TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74310 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis nog nie buitensporig… Geniepsig Wildehont -1 hour ago
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -3 hours ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -4 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -5 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -7 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -7 hours ago

c

My Flysheet is gedaan!

Centurion
Submitted by Voortrekker on Mon, 08/10/2018 - 06:55
Forums

Gister toe ek my Camp Lite afslaan sien ek die tent se flysheet is gedaan! sad  Ek moet sê vandat ek die waentjie nuut gekoop het was die flysheet vir my die swakste punt in die hele ontwerp en moes ek dit al 'n hele paar kere laat herstel het asgevolg van skeure ens. 

Nou is die flysheet baie swak na die afgelope 5 jaar se kamp en begin hy oral op die strespunte skeur.  Ek is bevrees met nog een kamp, bietjie wind ens gaan dit heeltemaal flenters wees.

So, dit is seker tyd dat ek 'n nuwe flysheet laat opsit?  Ek sal defnitief nie weer dieselfde tipe materiaal gebruik as wat Jurgens gebruik het nie, want ek glo die flysheet behoort baie langer as die 200 dae te hou as wat ek ek uit dit gekry het?

Nou wonder ek waar sal ek gaan aanklop vir so iets en watse tipe materiaal ek moet laat opsit?

Centurion

Voortrekker

Mon, 08/10/2018 - 07:31

Nou wonder ek, tentco se tente is gewoonlik khaki kleurig?   My Tent is blou?  SO ek moet seker vir iets in die grys / blou skakerings  gaan?  Wonder of tentco so iets sal kan doen?

Ek was ook al vertel om vir die nuwe tipe ligte canvas met silver lagie te gaan?

Waar my wa staan

Arie

Mon, 08/10/2018 - 10:34

Die manne wat weet, reken daai high lift knippe werk blykbaar baie goed saam met 'n overhead jockey wheel, en dan vir top performance beveel hulle aan dat jy 'n gear lock instaleer, werk amper soos diff lock net baie goedkoper?

Natuurlik om top performance te kry is dit 'n absolute MOET om so oranje plastiese lemoentjie op die lugdraad te plaas, die waentjie uitvoer met pers shaggy matte, en agter op 'n hondjie wat se kop so skud.

Voorie met ons hulp hier sal jy daai waentjie mooi kan pimp!