Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -3 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -4 hours ago
Rona November 2026 Johann L -4 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -14 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -15 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -15 hours ago

Boomname vir kampers

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

M0re Kampers

Na aanleiding van beskrywings van mense onder "gesegdes, het ek gewonder hoe gaan ons mede kampers beskryf as ons boomname moet gebruik.

Byvoorbeeld, die manne /gesinne met die blink nuwe dubbelwiel-waens en nuutste/duurste sleepvoertuie--- dalk as "blinkblare"

Die knorrige ou omie as 'n "suurpruim"

Los nou net asb die blomname uit die gesprekslyn, dit kan dalk uitrafel. Daar is genoeg mooi boomname soos "drolpeer" ensovoortsdevil

Groete

Wessel

 

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 29/10/2018 - 12:00

Die ou wie.......

nooit gaan bad of stort nie : Stinkhout of Stinkwitgat

se dop altyd naby is : Doppruim of Kliphout

alleen kamp : Enkeldoring

vol hare is : Harige ghwarrie

gedurig gaan piepie : Perdepis

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 29/10/2018 - 12:48

Middag mede kampers

Dan is daar ook nog die Raasblare, dis nou die kampbure wat tot laat lawaai, of wie se kinders voortdurend skree/kerm vir aandag.

Lank gelede in Berg en dal het van my kinders die nag deurgekerm, tot groot radeloosheid van ons. Die volgende oggend bied ons bure toe medisyne aan, die egpaar was beide kinderartse en kon sommer hoor wat die moeilikheid was. Ons was maar te dankbaar, en erg verleë.

Groete

Wessel

 

 

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 29/10/2018 - 14:24

Tannie die ou wat alleen kamp -Enkeldoorn, wat is 'n dame wat alleen kamp, al wat ek kan dink is "Suurvy" of dalk "Droe vy, net nie seker of dit bome is nie?

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 29/10/2018 - 14:45

middag kampers en kamperesse

 

Ai, ek het so hard probeer om julle by die skoon name te laat bly.

As ek reg onthou is 'n suurvy eintlik 'n struik/bossie wat in die duineveld aan die Suidkaap voorkom. Tipies soos daar in Vermaaklikheid wat onlangs so gebrand het. 

Groete

Wessel

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 29/10/2018 - 19:52

Skerp Freda, ek hou van die ou wat heeldag met sy speedo rondloop !

En ou Jannie-jammergat kan wees "Treurwilger".

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 29/10/2018 - 20:49

Nou wie gaan ons die titel van Waboom gee ? Nee Arie dit het niks met die disselboom te doene nie, die hout was vir briekskoene gebruik frown

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 30/10/2018 - 21:17

Deon, ek hoop nie jy dink aan my nie  -  briek ek dan gesprekke so baie ?

Skerp Johann  -  ek wonder of almal weet na wie jy verwys ?

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 31/10/2018 - 07:56

Nou wonder ek self wie is die Waboom waarna daar verwys word?

Anton daar is baie......  hulle is almal lede maar jy hoor of sien hulle geen insette lewer nie....  

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 31/10/2018 - 07:59

Ok, dankie Deon. smiley

Nou wonder ek, watse boom sal ek wees? angel  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus