Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -5 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -5 hours ago

Ons forum en Anton

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Anton ek wil namens al die forum lede vir jou en Lola se gaan geniet julle rustyd saam die kidz dankie Anton en Lola vir die opofferings wat julle maak sodat ek en almal wat hier lees deel kan wees van die groep wat n vooreg is dit nie Die forum bring oud en jonk bymekaar Groete

Centurion

Voortrekker

Wed, 12/12/2018 - 06:14

Baie dankie oom Shaunsmiley

Dit is 'n groot plesier, dit is baie lekker en uitdagend om die forum te bou en onderhou en nog lekkerder om daagliks hier te kan saam kuier en gesels -  baie nice!   Dit is ook sommer 'n lekker plek om idees en kreatiwiteit uit te lewe en te werk aan iets wat van waarde kan wees en behoue kan bly vir almal!

Dankie vir al my mede wesens en kamp liefhebbers wat van die forum gebruik maak en kom saam kuier en gesels en deel!   

Ek weet vir 'n feit ek sou nie deiselfde mens gewees het sonder die platform nie en leer en groei baie hier, nie net oor kampverwante dinge nie, maar ook mense, verhoudings en dinge van die lewe en dit is iets besonders om  saam met my gesin te bou -  so dankie vir die geleentheid wat julle bied en ondersteun!

DANKIE! - Ons sien uit na die 2 weke kamp wat voorlê yesyes  (sal 'n paar fototjies plaas)

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 12/12/2018 - 06:22

Van die slot se hoekie af, ook baie dankie Anton en Lolla, die forum is 'n lekker bymekaar kom plek waar ons mekaar van raad en daad bedien.

Ja, daar is min verskille, maar die bietjie word op 'n volwasse manier op gelos, dit verg liefde en toewyding👍👍

Geniet die Drie Berge, en die weg kom van die gejaag van die lewe, op 'n lieflike en rustige oord.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 12/12/2018 - 08:18

Ek sê ook 'n hartlike dankie, Anton.   Nie net vir 'n lekker forum nie, maar vir die voorbeeld wat jy vir ons stel.   Soos Warren sê, agter die skerms is dit baie meer werk as wat ons besef maar ons weet jy doen dit uit liefde en dat dit vir jou lekker is.   Ja, en ook aan Lolla, wat seker baie dae hare op haar tande moet hê oor alles wat jou hier besig hou.

Ons gun julle hierdie kampwegbreek, dit is darem nie net 'n naweek hierdie keer nie.   Rus lekker, speel lekker, braai lekker, kamp lekker.   Mag die kabouters saans so moeg wees, dat hulle nie eers hoor as die slotte en kettings raas nie.yesheart

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Wed, 12/12/2018 - 08:58

Ek het so 'n paar dae gelede, terwyl Anton en ek per e-pos gekommunikeer het,hom bedank vir die heerlike forum (ek dink dit was my woorde) en ek wil dit nou amptelik op die forum ook doen.

Anton die Marais' wens julle 'n wonderlike vakansie toe. Ek het net so 'n gevoel julle verdien dit..

0
Pretoria

leeu

Wed, 12/12/2018 - 09:13

Baie dankie aan die Louw gesin, ons waardeer dit om in ons taal op die forum te kan kuier saam met andere wat dieselfde belangstelling het.

0
Middelburg

Noel

Wed, 12/12/2018 - 10:18

Baie dankie aan Louw gesin. Ek geniet die forum ook baie en leer baie daaruit. Sien uit om die forum lede te ontmoet by Sionsberg. Julle moet jul vakansie baie geniet. yes

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 12/12/2018 - 17:51

Geniet julle vakansie, en raak rustig. Dankie vir n goeie platform vir enersdenkendes,  of amper.... wel almal is versot op kamp en klets, en die werk lekker hier.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 05/03/2025 - 08:06

Anton is so stil deesdae, mens vergeet soms dat hy die een is wat die platform vir ons geskep het en instandhou. So paar maande gelede het lede bydraes gemaak tot die koste. Ek betaal maandeliks ‘n beskeie bedraggie oor, en ek hoop dit help.

Maar wat ek eintlik wil weet, is hoe dit gaan met Anton en die vyf ander Louws. Ek hoop dit gaan al beter met Mevrou Louw gesondheidsgewys, en dat die tweeling fluks en gesond groei en ontwikkel. Hopelik word die boeties nie afgeskeep wat aandag betref nie. Gelukkig is hulle al opgeskote. Laat weet bietjie hoe dit gaan Anton. Julle moenie te lank wag voor julle weer begin kampeer nie. Maak daardie tweetjies vroeg gewoond en laat hulle ouboeties die werk doen. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus