Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -38 minutes ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

Januarie 2019 Koffiekroeg!

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Daarshy!  Mag julle almal 'n baie voorspoedige 2019 hé!    Koffie vir enigiemand?  Ek kook solank die water smiley

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 06/01/2019 - 06:51

Ek hoop dit gaan goed met almal op die Sondagoggend.

Johann, join the club met die reën situasie!   Die verskil hier is net, dit reën nie rondom ons nie.  Ons sien net hoe trek dit oor ons!  Gister weer gebeur.  Die lug was so donker die oggend, mens kon eintlik die reën teen jou vel voel.   Nie lank nie, dan is dit weg.

Harry, wil jy die hele forum nooi vir 'n potjiekos aand?laugh   Dit is seker vir jou vrou se catering besigheid.  Mens sien nogal nie daai potte so baie nie.   Sal gewone plat potte nie werk nie?

Ek hoop julle gaan almal die dag geniet.   

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 06/01/2019 - 07:16

Ons was vrydag by mense gewees, waar elkeen sy eie potjie gebou het.

Al die bestandele was uitgepak en elkeen het dan sy eie potjie gebou volgens sy eie smaak. Moet sê ons het dit baie geniet en lekker gekuier. Dit is n proses wat so 2 ure plus neem.

Jy kan dan ook nie kla as die potjie nie lekker is nie, want jy het homself gebou.

Ons wil ook graag dit probeer. Dit is iets anders as die norm.

Ons hou gereeld iets, met n verjaarsdag of so en wil nie altyd net wors en tjops braai nie. Ek het 4 pizza oonde en ons hou ook gereeld so aand en verskaf die "base" en bestandele en jy maak jou bou eie pizza soos jou smaak. Ander wat gewild is, is Chinese braai waar jy ook jou eie goed meng en gaarmaak, asook hamburger aande.

Dit gaan maar oor geselig wees. Met baie braais, is die vrouens eenkant en die mans om die vuur. Met die ander goed is ons almal meer saam om n tafel.

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Sun, 06/01/2019 - 07:23

...almal. Lekker vars vanoggend hier in Jo hies. Gisteraand het ons n erge donderstorm gehad met hael. 25 mm gereer. Mooi dag vir julle.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 06/01/2019 - 07:25

More aan almal julle moet n rustige dag he laat daai koffie en tee loop soos stroop vandag Harry dit klink net lekke glo en vertrou julle sal reen kry Antie vrede

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 06/01/2019 - 09:42

Harry, dit klink na lekker pret.   En daarna wil elkeen seker aan die ander ouens s'n ook proe.    Sal sommer 'n paar mense wat nog nie pot gemaak het nie, aanpor om dit te doen.yes

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 06/01/2019 - 12:20

Ander wat gewild is, is Chinese braai waar jy ook jou eie goed meng en gaarmaak, asook hamburger aande.

Vriende van ons in Tzaneen is baie lief om 'n Chinese Stir Fry aan te bied. Hy't 'n vier-plaat  gasbrander en gebruik juis gietysterpot-deksels vir hierdie doel. Hy't die handvatsel afgemaak en dit word met die binnekant na bo op die brander geplaas. En jy skep jou eie bestanddele in jou potdeksel en braai dit tot jou smaak op die gasbrander.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 06/01/2019 - 15:12

Antie, dit gaan oor die saam kuier met vriende.

Soos ons ouer word, doen mens dit minder.

Sit seker maar en pas jou huis op. 

Ek en Yvonne gaan nie meer baie laat aand uit nie. Dit raak rof daar buite en as jy sien hoe die mense deesdae bestuur. Veral op vrydae aande. Dit lyk my n verkeerslig og stopstraat het geen meer doel nie. Ek stop dees dae ook nie meer as die verkeers lig geel word nie en ek weet ek kon stop. Die ou agter my stop eers as hy al n paar sekondes rooi is en groen is vir die ander kant. As ek stop gaan hy my gat weg ry.

Ek hou maar gewoonlik iets as ek verjaar, dan is alles op die huis. Maar as ek genooi word is dit n bring en braai. smiley

My laas jaar verjaarsdag funksie, het ons meer as 4 ure lank geeet, 12 gang maal. Ons het eintlik klomp starters geeet, tot ons nie meer kon nie. Het dit probeer uitrek. Het begin met see kosse, prawns, mossels, calamarie, vis, ens. Glo nie ons sal dit weer doen nie. Wil nou die potjie ding doen die jaar, as ek gespaar bly.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 06/01/2019 - 15:22

Ons het ook altyd die fondue ding gedoen. Ook n lang storie en jy kuier lekker. Party mense te lekker smiley

Moet erken, ons het dit jare terug gedoen. Dink Yvonne het nog al daai potjies en lang vurke.

Ons doen ook die verjaarsdag kanp ding, waar al die vriende saam gaan kamp as iemand verjaar.

Yvonne se seun het 'n kamp troue gehou, dit was ook lekker. Ongelukkig was my voorspeling die troue gaan net 'n jaar hou verkeerd, dit het 13 maande gehou. KOES.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 06/01/2019 - 16:17

Vir Colin se 60ste verjaarsdag het ons 'n kamp by Willows gereël en ook vriende genooi wat net vir die dag gekom het.  Die wat oorgeslaap het, het met hul karavane gekom of in chalets geslaap.  Ons het dit baie mooi uitgewerk.   Ons het al die bestanddele gekoop en vier vriende gekry wat elk 'n pot gemaak het:  lamskenkel, beesstert, hoender en kerrie afval.   Hul het almal net aartappels by hul potte gesit.   Ek het rys, pampoen en groenbone gekook.   Almal het stoele, 'n tafeltjie, eetgerei en drinkgoed saamgebring.   Dit was 'n heerlike kuier so om die potte en die borde kos tog te lekker.  Daar was genoeg oor dat almal wat oorgeslaap het, die aand weer kon eet.

Ons het ook eenkeer 'n pap en wors braai gehou.  Almal het 'n pak wors gebring.  Ek het 'n klomp pap gekook en drie verskillende souse.   Almal het dit ook baie geniet.  (En baie ekonomies).   Ek onthou, daar was darem broodrolletjies vir die dom ou wat nie pap wou eet nie.laugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 06/01/2019 - 17:37

Aah, ek sien die kapenaars kom reg😁!!!

Ons het ook eenkeer 'n pap en wors braai gehou.  Almal het 'n pak wors gebring.  Ek het 'n klomp pap gekook en drie verskillende souse.   Almal het dit ook baie geniet.  (En baie ekonomies).   Ek onthou, daar was darem broodrolletjies vir die dom ou wat nie pap wou eet nie.laugh

Niks kom by 'n moewiese bord pap en vleis nie, vir sous, verkies ek regte botter en bruin suiker, sommer baie daarvan.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 06/01/2019 - 21:42

Ek is ook n kapenaar en was gedwing op pap en wors te eet in die army. 

Dit was oorlewing gewees.

Eet nogsteeds nie graag pap nie, behalwe as ek nie regtig n keuse het nie.

Ek het altyd gesê, in die Kaap gee ons die pap vir die varke, dan eet ons die varke. smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus