Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -52 minutes ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Hallo Almal November 2026 Goeie Hout -10 hours ago
eendag was daar 3 rampokkers/kaartmanetjies November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago

Februarie 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre medekampers.

Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.

Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.

Lekker dag en naweek vir elkeen.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 09/02/2019 - 14:31

Goeie middag mede forumiete, geniet julle dag en naweek, wat oor is wink

Ons staan hier by Eastco Magalies op no 30, en kyk uit op die Magalies berge, heerlik, maar erg warm. Tog baie beter as by die huis.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 10/02/2019 - 06:41

Groete hier uit n baie nat Clarens. 

Wilsur van daai RV's is baie groot. Die 5 de wiel menere lyk nog grooter as van die A klas RV's. Ek hou baie van die "pull out" idee. 

Hulle is nie eers so duur nie. Dit is nou daar. 

Geniet julle dag en wees veilig. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 10/02/2019 - 07:10

Dis 'n lekker koel en klam oggend in Kleinmond. Len het gister genoem van die suidoos wat vandag 'n hond uit die bos gaan waai in die Kaap. Hier by ons word die wolkbank teen die berg vasgedruk en dit veroorsaak 'n ligte motreëntjie. Lekker!!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 10/02/2019 - 08:08

Goeiemôre almal!   Julle moet 'n awesome Sondag hé smileyyes      Vandag my laaste daggie saam met ouers voordat hulle môreoggend vroeg die pad terug vat suide toe en daarna terug na hulle tuiste in oos europa.

0
Middelburg

Noel

Sun, 10/02/2019 - 11:21

More almal.  Anton, geniet jou kuier saam met jou ouers en ons almal moet altyd groet crying​​​​​​.

Chris, bly julle is veilig terug van jul lekker toer.

Mag julle awesome dag he yes

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 10/02/2019 - 13:50

Middag sê Kampforum.

Ek het besluit om vandag gou 'n draai by Dinokeng Resort te gaan maak om te kyk na die staanplek wat hulle vir my uit gehou het P9.  Nie sleg nie en daar was toe gelukkig mense op wat lank staan en ek dink my opset behoort te pas.

Vir my het ek nie die gevoel van vakansie gekry daar soos wat ek by die Eiland kry as ek by die hek in ry nie.  Maar dit gaan my 'n paar "R" spaar hierdie Desember by Dinokeng.

Daar is nie sulke lekker gras soos by Almega net om die draai nie.
.

Gelukkig het die ou baas ook sy voertuig onder sy Rally soos wat ek maak met 'n lang kamp.
.

Daai is nie regte gras nie, maar ek hou van dit, dit laat die plek lekker groen lyk.  Die ou baas het 'n hele paar meters van dit om sy tent op die plaveisel gesit.
.

Wijan gaan beslis die slides geniet.
.

.

So nou moet ek besluit tussen die Eiland (Surette wil nie weer Desember soontoe gaan nie) en Dinokeng Resort.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 10/02/2019 - 13:58

.... ek is ook 'n groot Eiland-aanhanger. Maar ek reken jy moet die spreekwoordelike hare op jou tande hê om oor Desember daar te kamp. Ek is dankbaar dat ek nie nou in die wildtuin gekamp het nie, maar in selfsorg-akkommodasie gebly het. Daai ou wêreld is darem wragtig warm in die somer.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 10/02/2019 - 14:11

Chris,   

Ja dit is so, maar hier kort Noord van Pretoria kan dit ook maar goed warem word.

Ek kan dit nie dié jaar bekostig om Hartenbos toe te gaan nie en ek weet nie van ander oorde wat so baie bied soos die Eiland teen 'n redelike prys nie.  Buffelspoort is maar duur oor Desember en Klein Kariba wil ek nie weer gaan staan oor Desember nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 10/02/2019 - 15:10

.................omdat jy/julle so hou van die Laeveld, is dit nie tyd dat jy jou Desember-vakansie  eerder omskakel na 'n Julie-skoolvakansie nie ?  Die Eiland behoort dan fantasties te wees.

Ek dink nie Dinokeng gaan jou veel minder hitte bespaar in Desember as die Eiland nie, soos jyself hierbo opmerk.

Ns. Die groot voordeel is dat jou jaarlikse vakansie sommer weer om die draai is.

O ja, amper vergeet : goeie middag !

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 10/02/2019 - 15:21

Goeie middag kampforum.co.za, hoop almal het julle naweek soos ek geniet, ons staan tot Woensdag hier by Eastco Magalies.

Die probleem met Eiland in Julie is om plek te kry, hulle is gewoonlik Nov al so te sê vol.

Anton, geniet jou ouers.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 10/02/2019 - 15:30

Len, ja

Maar wat doen ek dan Desember maand ?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 10/02/2019 - 16:40

..... dan bly jy by die huis man. 😉😉

Johann L - As ATKV-lid kan jy darem 'n maand voor nie-lede by Eiland bespreek vir die wintervakansie. Ek weet nie of my seun net gelukkig is nie, maar hy het in 2017 maklik plek gekry, en dit nogal op die plot aangrensend aan myne. Vir die komende wintervakansie het hy weer 'n uitstekende plot gekry (wel nie langs ons nie). Hy en sy vrou het egter 'non-stop' geskakel op Saterdag 1 September toe die besprekings vir lede geopen het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus