Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -51 minutes ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Hallo Almal November 2026 Goeie Hout -10 hours ago
eendag was daar 3 rampokkers/kaartmanetjies November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago

Februarie 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre medekampers.

Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.

Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.

Lekker dag en naweek vir elkeen.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 08/02/2019 - 06:36

Goeiemôre almal!   Julle moet 'n lekker Vrydag en naweek hé!  Ek moet in die pad val eers Soweto toe en dan Heidelberg toe cool

Groete smiley

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 08/02/2019 - 06:59

More almal wie drink saam koffie hier loop hy soos stroop laaste dag by Natalie tyd staan vir niemand stil nie julle moet n gatskop dag he vrede

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 08/02/2019 - 08:24

Môre sê Kampforum se mense.   Dit is 'n lieflike dag in die Baai.   Ek hoop almal geniet hul dag en naweek.  Die wat gaan kamp, geniet dit ook en die wat reis, bly veilig.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Fri, 08/02/2019 - 10:08

The roller shutter door for the truck entrance to the factory fell down just at change of shift yesterday..... Thats the whole door 3m wide & 4m high

We were very lucky indeed that nobody was walking in under the door at that moment...

Anyhow I’ve taken ownership of the issue and have to get a new door installed today......

The door people are on the way...

Been, & gone R35K

See Ja

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 08/02/2019 - 12:53

Goeie middag Kamforum !

Ja, goed ek weet ek is laat vandag, maar het twee goeie redes :-

  • Die Exclusive is na 'n karavaan-makêniek geneem vir onderstel herstelwerk en 4 nuwe wiel "bearings"
  • Ons moes toe 'n Oupa & Ouma piekniek bywoon saam met ons jongste kleindogter (dlie jaar oud) by haar kleuterskool.

Geniet die res van die Vrydag wat nog oor is.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 09/02/2019 - 06:33

Dis weer 'n lieflike oggend hier by ons maar hoop nie dit gaan later, soos gister, weer verander in een hengse wind wat waai nie.   Tot die arme voëltjies se vere het, saam met die stof, die huis ingewaai.

Ek hoop almal gaan 'n baie lekker Saterdag hê.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 09/02/2019 - 07:19

Groet julle uit n kraglose Clarens. 

Ons vlug van Vereeniging sonder krag en nou sit ons sonder krag hier in Clarens van 23h00. Kiara lodge

Kan nie eers koffie maak nie. Het nie gas hier nie. 

Sal maar vuur maak en die elktriese kettel op die mole sit smiley​​​​​​

Dit is darem nog steeds beter as om by die huis te sit. 

Geniet julle dag en wees veilig 

0
Brackenfell

HennieBo

Sat, 09/02/2019 - 07:19

Goeie môre almal.

Ons is so bevoorreg om vandag my Skoonpa se 84ste verjaardag te vier. Die man is soooo gesond. Hy dra nie bril, drink nie eers 'n bloeeddruk pilletjie. GEEN medikasie.  Bestuur nog sy eie motor, sny nog gras, maak groente tuin.My Skoonma is so 27 jaar terug oorlede.

Geniet julle dag.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 09/02/2019 - 11:21

...... vanuit 'n lekker koelerige Kleinmond. Dit is 'n ware lafenis na die afgelope tyd se vrekwarm weer wat ons in die Laeveld, Vrystaat en Karoo beleef het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus