Goeie more almal.
Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.
Lekker dag vir elkeen.
More Almal
Dit het oor die afgelope 30 uur 25 mm gereën hier! Wat 'n seen. Netnou, so 45 min gelede, breek hier 'n donderstorm los soos wat ek lanklaas beleef het. Dis net blitse en die oomblik wat dit blits slaan die donder dat ons ore tuit en die reën val dat dit by die inrypad afstroom. Te wonderlik. En soos Freda sê word daar oor die volgende 2 dae nog voorspel.
Mag julle 'n wonderlike dag beleef.
Len, hoop jou vrou is sommer…
Len, hoop jou vrou is sommer gou weer op die been. Dit was darem n lang operasie.
Ons was alweer sonder krag vir amper 10 ure lank. Sien die mense is al so gewoond daaraan hulle kla nie eers meer nie en aanvaar dit so. Ek is lus en brand "tyres"
Geniet julle dag
Môre sê Kampforum. Ons het…
Môre sê Kampforum.
Ons het ook gisteraand reën gehad, maar nie veel nie, maar als lyk sommer weer vars vanoggend.
Sterkte Antie, jy is vroeg op ?
Geniet julle dag in vrede.
Goeie more maters. Len,…
Goeie more maters. Len, baie sterkte en voor spoed vir tannie Annetjie en God se genade is baie groot vir julle. Anton, voorspoedige vlug terug na jou beskawing met die beskermende engele. Geniet julle Saterdag vandag!!
GM !
Goeie middag Kaampforum-maters !
Ons forum-vriend Lappies/Lapskag/Johan Labuschagne ry môre sy 10de Argus. Vandag blaas die suidooster en gaan môre blykbaar ook redelik waai, maar na die draaipunt met die terugkomslag het hulle die wind van agter. Johan is een van 34 000 fietsryers, die grootste fietsren in die wêreld! Sterkte Johan, hoop jy geniet dit.
By die hospitaal vorder dinge darem na wense. Sommer weer eens dankie aan almal vir die beterskap-wense.
Dankie julle, maar in die…
Dankie julle, maar in die Kaap is die wind altyd van voor, al draai ons by Simonstad. ![]()
Die wind altyd van voor, …
Die wind altyd van voor,
Klink soos ons regering ![]()
Ons twee is reg vir die pad…
Ons twee is reg vir die pad en die wind môre, masr die wind waai eers môre middag
My 10de een se nommer is…
My 10de een se nommer is geel daarom die teddie dan ook. Maar die teddie is spesiaal vir my, is Nellie se geskenk gewees toe sy 2 jaar terug baie siek was en gespaar is vir ons
Lappies ry jy ook die 94.7? …
Lappies ry jy ook die 94.7? Wat is jou tyd?
Nog nie daai een gedoen. My…
Nog nie daai een gedoen. My tyd wissel masr van 4:20 tot 5:38. Van stadig tot baie stadig ![]()
Voorspoed Lappies
Geniet dit!
Ons het nou so 35 mm reën gehad en dit reèn steeds. Te wonderlik. Ons gaan nou varkworsies braai om saam met dik groetesop te eet -regte reènkos.
Lappies sterkte vir die trap…
Lappies sterkte vir die trap môre, geniet dit.
Stuur groete daat Len en sterkte met die herstel.
Nou eers terug na nog 'n verjaarsdag braai.
Luister darem weer na Noddy.
Sterkte Lappies. Ek sien…
Sterkte Lappies. Ek sien hulle verwag 75km/h winde en sal môreoggend eers besluit of die wedren voortgaan
Goeie more almal. Len, is…
Goeie more almal.
Len, is ook saam met julle bly dat dit al beter gaan daar. Herstel na n operasie is baie belangriker as die operasie self.
Lappies (Johan) stetkte vir jou vandag. Glo dit sal goed gaan en geniet dit.
Koffie het soos stroop geloop soos wat Shaun altyd vertel.
Anton geniet jou tuiskoms vandag.
Lekker rustige sondag vir ieder en elk.






Goeie môre almal, julle moet…
Goeie môre almal, julle moet due dag voluit geniet, hier het dit ook lekker gereen laat gister, lyk of dit nog kom reen vandag.
Veilige reis Anton.