Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

56844 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoe het..... Ons eerste besoek aan Punda Len Loader -7 minutes ago
En wat.... My liedjie oor die laeveld Len Loader -17 minutes ago
Antie, sterkte daar vir oom… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Nice 👍Stuur dit vir Nodfy… My liedjie oor die laeveld Willem Brits -1 hour ago
Noodle sag  Goedkoop kamptoilet vir mans Willem Brits -1 hour ago
Ai Freda, sterkte vir Colin,… Julie 2019 - Koffiekroeg Johann L -1 hour ago
Maggies, ek het nou so lus… My liedjie oor die laeveld Johann L -2 hours ago

Trou is nie perdekoop nie.

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Wed, 10/04/2019 - 07:18
Forums

Dit sal vamiddag 17h00 presies 48 jaar gelede wees, toe ek as baie senuweeagtige jong man voor die preekstoel in die NG kerk Salisbury [nou Harare] saam met my strooijonker staan en wag.

Net toe ek begin dink hier gaan niks gebeur nie, begin die troumars speel, en daar kom so pragtige jong lenige, slanke nimf in die paaidjie afgesweef. Sy is in spierwit satyn uitgedos met 4 blomme meisies wat agter loop en die laaaang sleep beheer. Aan haar arm loop so beneukte gryskop man. Toe hulle by my kom lig hy die wasige sluier oor haar kop, en daar staar die pragtigste twee groot piering oge na my met so skugter glimlagie om daai soenbare lippe.

Toe die Dominee sy goete klaar gepraat het kom daar so jongmanetjie [7 jaar] met ‘n manelpak en wit handskoene, hy dra ‘n maroon kussing met ons trou ringe op die kussing. Ringe aangesteek vir mekaar ‘n lekker lang inige soen gekry, en toe vertrek ons om fotos te laat neem. Ek ka nom die dood nie onthou waar ons dit laat neem het nie?

Vandaar Meikels hotel toe, daar wag 300 vriende en familie ons in om die heuglike dag saam met ons te vier, met sjampanje, ete, en lekker dans! Vriende van orals oor, SA, Kenia, Nederland, VK en selfs my strooijonker uit Amerika uit.

Na die lekker party is Petra en ek toe op na die “Honey moon suite” waar ons die nag deurgebring het, letwel nie geslaap nie.

Volgende oggend is ons Kariba toe, te wete die Cuty Shark hotel, destyds een van die baie min hotelle daar gewees. Daar ‘n lieflike 10 dae deurgebring, komplimente van my destydse werkgewer. Hy was so goed om vir ons ‘n 10 dae te volle betaalde honey  moon te skenk as trougeskenk, selfs vir my 14 dae spesiale verlof te gee.

Ai ek sal daai dag nooit vergeet nie, kan selfs nog Petra se “going away” uitrusting onthou, so silwer grys lang broek pak met ‘n spierwit sy hemp, man sy was [is] ongelooflik mooi!

En vandag 48 jaar later nog net so baie lief vir haar!

Centurion

Voortrekker

Wed, 10/04/2019 - 07:24

Baie Geluk Arie en Petra!    Mag die volgende 48 jaar net so geseënd wees.   Well done! yes

Ek sê ook altyd, trou is nie vir mense wat wil perde koop nie smiley

Aanhouers wen, ek dink op n stadium raak mens mekaar so gewoond dat elkeen maar die ander een se nonsense opvreet.

As die ou vrou my op n bike trip stuur dan weet ek, ek is op dun ys.

So die naweek is ek weer op dun ys!!!

Roodepoort

HennieBo

Wed, 10/04/2019 - 07:33

Baie geluk Arie en Petra. Mag daar nog 'n paar Geseënde jare vir julle vorentoe wees. Ons is almal bewus dat die laaste paar jaar nie maklik was nie maar julle is Geseënd.

Baie geluk oom Arie maar ek stem saam met Grys dat die spesiale gelukwense verseker moet gaan aan tannie Petra! 48 jaar!? Liewe ouers, dis 'n lang tyd!!

Well done!!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 10/04/2019 - 08:04

Petra en Arie, baie geluk met julle wonderlike herdenking van julle grootste belofte.  Geniet dit voluit en voorspoed vir die toekoms.  👏🎉🎊🎂🎁

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/04/2019 - 17:29

Baie geluk Arie en Petra ! (Julle het nog so 'n endjie om te gaan om my en my annerhelfte in te haal).

Ek was self dikwels in daardie mooi ou kerk in Harare toe ons nog daar gewoon het  -  ook gereeld in die statige (koloniale !) Meikels Hotel vir funksies en het ook lekker gekuier in die Cuty Shark Hotel op Kariba !

Arie & Petra, hou koers vir daardie 50 jaar !

Port Elizabeth

Antie

Thu, 11/04/2019 - 16:11

Baie geluk, Arie en Petra!   En dankie vir die mooi beskrywing van jul spesiale dag.  Nog 2 jaar dan is dit die spesiale 50ste.   Mag dit, en nog baie daarna, vir julle twee oulike mense beskore wees.

Oor bietjie minder as 'n uur skink ek 'n glasie wyn en lig dit spesiaal op julle.  Geniet die res van jul dag.   Bly nou vannag ook heelnag wakker, soos 48 jaar gelede in die honeymoon suite.yes

Centurion

Dusty

Thu, 11/04/2019 - 17:02

Arie, baie geluk van my en Alta ook. Amper tyd vir die goud. Alle seën en voorspoed vir julle twee.

Ek glo dat julle 'n lekker dag gister geniet het