Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Rona en Daan Lakeview Lodge and Camping Geert -8 minutes ago
5.6kg Umfula Johann L -2 hours ago
Bo Umfula Johann L -2 hours ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

Trou is nie perdekoop nie.

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Dit sal vamiddag 17h00 presies 48 jaar gelede wees, toe ek as baie senuweeagtige jong man voor die preekstoel in die NG kerk Salisbury [nou Harare] saam met my strooijonker staan en wag.

Net toe ek begin dink hier gaan niks gebeur nie, begin die troumars speel, en daar kom so pragtige jong lenige, slanke nimf in die paaidjie afgesweef. Sy is in spierwit satyn uitgedos met 4 blomme meisies wat agter loop en die laaaang sleep beheer. Aan haar arm loop so beneukte gryskop man. Toe hulle by my kom lig hy die wasige sluier oor haar kop, en daar staar die pragtigste twee groot piering oge na my met so skugter glimlagie om daai soenbare lippe.

Toe die Dominee sy goete klaar gepraat het kom daar so jongmanetjie [7 jaar] met ‘n manelpak en wit handskoene, hy dra ‘n maroon kussing met ons trou ringe op die kussing. Ringe aangesteek vir mekaar ‘n lekker lang inige soen gekry, en toe vertrek ons om fotos te laat neem. Ek ka nom die dood nie onthou waar ons dit laat neem het nie?

Vandaar Meikels hotel toe, daar wag 300 vriende en familie ons in om die heuglike dag saam met ons te vier, met sjampanje, ete, en lekker dans! Vriende van orals oor, SA, Kenia, Nederland, VK en selfs my strooijonker uit Amerika uit.

Na die lekker party is Petra en ek toe op na die “Honey moon suite” waar ons die nag deurgebring het, letwel nie geslaap nie.

Volgende oggend is ons Kariba toe, te wete die Cuty Shark hotel, destyds een van die baie min hotelle daar gewees. Daar ‘n lieflike 10 dae deurgebring, komplimente van my destydse werkgewer. Hy was so goed om vir ons ‘n 10 dae te volle betaalde honey  moon te skenk as trougeskenk, selfs vir my 14 dae spesiale verlof te gee.

Ai ek sal daai dag nooit vergeet nie, kan selfs nog Petra se “going away” uitrusting onthou, so silwer grys lang broek pak met ‘n spierwit sy hemp, man sy was [is] ongelooflik mooi!

En vandag 48 jaar later nog net so baie lief vir haar!

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 11/04/2019 - 20:08

Ek was nou weer mosterd na die maal.  Het nie mooi gekyk nie en dus nie  besef die herdenking was reeds gister.  Dog dit is vandag.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus