Ek het dit met 'n hamer…
Ek het dit met 'n hamer geslaan totdat dit groot genoeg was en dit toe verslind
Dit klink rof iets soos S&M?…
Dit klink rof iets soos S&M?
Sal maar wegbly daar!!
Hartbeeshoek -tert
Middag vriende
Ai mense, julle mis mos nou die fokuspunt van die draad, Gaan dit om die kampeerterrein of die tertjie??
Gelukkig word daar nie kerkbasaar gehou met verdere gebak soos kleinkoekies en grootkoeke nie. Dit is 'n ander grappie as ons mekaar raak kamp.
Groete
Tariewe
Môre vriende
Net gou 'n regstelling, voordat ek verdink word van wanvoorstellings.
Die tarief van R95/nag vir 2 pensioenaresse geld net vir 5 aaneenlopende dae, nie oor naweke nie.
Vir 'n kampeerplek oor 'n Vrydagaand tot Sondagmiddag is die tarief R450/nag. Dit maak beslis meer sin as mens kyk na wat mens kry.
Groete
Wessel, R95.00 per nag vir…
Wessel, R95.00 per nag vir twee pensionarisse is verniet👍
Tariewe
Middag Johann
Ek stem saam, net jammer ek is nog voltyds in diens en gaan so bietjie suinig met my verlof om.
As ek 5 dae verlof neem, sal ek eerder na plekke soos KNP, of ander nasionale parke, of dan meer besonderse plekke wil gaan.
Ek glo hulle bied die tariewe aan, juis om inkomste deurlopend te verseker.
Groete
Moet dit 2 pensionarisse…
Moet dit 2 pensionarisse wees? Wat nou as oom pensionaris vir hom 'n lekker jong poppie kry, moet sy dan meer betaal?
(Of tannie pensionaris met 'n sterk jong man?) ![]()
Nee nee nee Anton, jy let…
Nee nee nee Anton, jy let nie op in die klas kamer nie, dit is die pensionsris wat betaal, nie die jong dame nie, sy ry verniet.
Onderhoudskoste
Môre vriende
Onthou die gesegde;
dis die dun houtjies wat die vuur laat brand, maar die dik stompe wat die kos gaar kry.
Pensioenarisse be-indruk gewoonlik die jong poppies met die OTM-masjiene. Ongelukkig sal daar meer betaal word vir die jonger metgesel.
Groete





Arie dit wat ek ook gewonder…
Arie dit wat ek ook gewonder het oor die melktertjies, dat hulle eers groot genoeg moet word voor mens hulle kan eet??