Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.
Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud, permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.
Ek sal seker een of ander tyd moet vervang, hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is;
Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle"
Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.
Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?
Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?
Wessel................
Wessel, ek het 'n Deltec-battery gekies tydens my "mover"-installasie 3 jaar gelede wat ek probleemvry ervaar - ook tydens twee "off-grid"-kampe van 5 dae elk. My seun gebruik ook alleenlik Deltec-batterye vir "inverters" van sy besigheidskliënte waarvan nog net een na 24 maande ingegee het.
Dis maar bloot 'n ervaring-opinie.
Wessel, Bosch het my…
Wessel, Bosch het my uitstekende diens gegee. Een 13 jaar gehou, ander een is nou 11jaar oud, nou begin dit krag verloor as dit staan. Maar nou vertel n man dat meeste kom uit dieselfde fabriek, net ander plakkers op ?
Battery leeftyd
Môre Len, neef Herman
Dankie vir julle insette, ek hou van daai 11 jaar plus diens.
Ek doen navraag, bloot omdat PBE laat blyk het dat hulle van mening is dat die DURATEC batterye nie so 'n goeie opsie vir boswaens is nie.
Ek sal mettertyd, as ek met hulle in gesprek is, agter die kap van die byl probeer kom.
Ek het my "nuwe" Duratec's nou uit die wa en in my garage, waar ek dit nou laai met 'n ligte [3.8amp] C-TEC laaier. Vir die eerste keer kon ek dit gelaai kry tot 14.3V. Die spanning het oor 15 ure afgeneem na 13.3V, met die battery ontkoppel. Ek weet nie of dit dui op goed of sleg nie. Nou besig om die 2de battery te laai.
Groete
Ek het ook Bosch batterye en…
Ek het ook Bosch batterye en hulle het baie goed gewerk die afgelope naweek. Ek het hulle 100% gelaai tuis en toe glad nie die wa aan 220V gekoppel die hele naweek nie. Die waterpomp was die hele naweek aan en het redelik baie gewerk, die yskas was die hele naweek aan en mamma het baie oop en toe gemaak, die ligte is gebruik en 'n selfoon is gelaai van die inverter af. Die sonpaneel het noord-wes gekyk en was van 14:00 af in die skadu van 'n boom tot sononder. Die kapasiteit het Saterdag oggend afgeneem na 93% en deur die dag gelaai tot 96% en gisteroggend gesak na 83%. Toe ek by die huis stop was dit op 89% Ek glo as ek in vol son staan en noord kyk behoort ek 'n week te kan staan. Die batterye is net 'n paar maande oud so ek kan my nie uitspreek oor hoe lank hulle gaan hou nie. Hulle was 'n paar honderd rand goedkoper as Deltec batterye.
Na meer as ses jaar, het my…
Na meer as ses jaar, het my karavaan se Raylite nou die gees begin gee, as ek die movers gebruik vir meer as 5 minute, is die batery onder 11 volt. Die inverter skree ook mal en skakel af.
Ek los die karavaan permanent in geprop om die batery vol te hou.
Soek ek nou op google vir goeie pryse en make, maar hoe meer ek lees, hoe meer raak ek deur mekaar. Daar is net te veel inligting vir my ou kop om te verwerk, sal maar more na ons plaaslike behulpsame Batery Centre gaan, en daar die nodige vrae vra en koop wat my sak die beste gaan pas.
Movers se krag verbruik
Môre Johann
Onthou om vir die battery manne te noem waarvoor jy alle die battery aanwend. Die movers trek dalk 'n stroom wat net te groot is vir 'n ligte battery.
Kragdag Inligting
Goeie more manne,
Ek het maandag aand na n 2 ure lange video gekyk op youtube, een van die kragdag manne het n video gemaak oor batterye, alhoewel dit meer te doen het met sonkrag het ek wel verneem dat die ou praat net van 2 batterye en het die res uit gelos, hy het daaraan geraak maar hy stel net twee batterye voor. ek sit die skakel in van die youtube video: https://youtu.be/kWDfyL3…
1. loodsuur deep cycle battery en
2. Li- ioon deep cycle battery
n ander Battery waaroor ek deesdae baie navorsing doen is Golf kar batterye, dit is ook n deep cycle en kan verseker die stroom hanteer. al nadeel is nie almal verkoop hom nie en hy is baie duur, ook het ek n lood suur deep cycle maintenance free battery in my kanopie, 100AH en was nie te duur gewees nie, R2400 en ek koop hulle hier in Vaalwater.
Gaan loer ek net nou na die…
Gaan loer ek net nou na die karavaan se batery, dit bly op 13.9 volt vandat ek die nuwe geinstalleer het. Die ou batery was nooit meer as 13.4 volt nie en dit is permanent op krag gekoppel.
Kaput
Johann jou ou battery was klaar. Dit is een van di hoof redes dat die woonwa charger uit brand. Die battery kom nooit vol nie en trek permanent stroom wat oorverhitting veroorsaak. Daar is beskerming in die laaier maar vir hoe lank?
Op die Apollo 10 moet die groen liggie na n' dag of twee aankom of anders moet die battery vervang word.
Middag Paul, ek het 'n 95…
Middag Paul, ek het 'n 95 amp per uur AGM Leasure Battery gekoop, dit kom met 'n drie jaar waarbog en die eienaar van Battery Centre reken as ek dit vol hou, behoort ek 10 iaar uit die batery te kry.
Middag Johann
Ja. Die triek tot battery lang lewe is om dit vol gelaai te hou, dus op n' float van 13.9V. En dan om dit so een keer per maand n' boost charge (14.4V of meer) te geë . My oorspronklike Raylite RRO (40Ah) op my Gypsey het 8 jaar gehou. En op die ou einde toe ek hom vervang was dit nie die battery nie, die ChargeMaster was foutief.
Onthou net enige AGM battery (soos die een wat jy nou het) het ten minste 14.7V nodig om dit 100% vol te kry. Die woonwa chargers float net. Hulle sit nooit meer as 13.9V uit nie en dus as jy nie n' boost met n' externe charger doen nie sal die battery nooit 100% vol wees nie en dus sal die battery nie so lank hou nie. Party van die sulphaat (SO4) bly op die plaate....doodelik vir die battery.
Jy kan theoreties 250V DC op n' 12V battery sit.......solank die battery temperatuur nie te hoog (~40C) gaan nie.
Ek hoop dit help.
Dankie Paul, as ek die…
Dankie Paul, as ek die Apollo charger ontkoppel en die batery permanent op 'n smart charger koppel, sal dit help om die agm batery se lewe te verleng?
Hoe laai mens dit vol?
En dan om dit so een keer per maand n' boost charge (14.4V of meer) te geë
My Kavango bly ingeprop en aan tuis tussen kampe met die twee 102Ah diep siklus batterye in parallel, maar dit laai ook net tot 13,9V
Hoe kry mens dit vol gelaai? Die enigste eksterne laaier wat ek het is ‘n Bosch, wat ook trickle sodra die battery vol is. Ek het nog nie gemeet hoeveel vol volgens die laaier is nie. Dan het ons ‘n inverter in die huis, en gebruik die batterye daar wanneer daar beurtkrag is. Ek weet ook nie tot hoeveel die inverter hulle laai nie. Laai alle “slim” laaiers nie net tot 13,9V nie?
Chris, ek sal ook graag wil…
Chris, ek sal ook graag wil weet. My trickle laaiertjie wys net amps, nie volts nie, maar die volts kan ek met 'n multi meter toets.
My kar laai die karavaan se batery op 14.7 volts, as ek reg onthou, maar die koppel, ek net as ek sleep.
Ek was vandag by Mica, hul slim laaiers kos meer as R650.00 (en dit is maar 'n 6 amp) en ek kan dit nie vir so iets betaal nie.
As ek tyd kry, sal,ek kyk of ek die karavaan se batery met die klein laaiertjie te laai, oornag, en dan die volts te toets?
Al wat krag trek terwyl die wa by die staan, is die movers se beheer paneel.
Paul, kan ek die trickle…
Paul, kan ek die trickle charger parallel met die Apolo 10 op sit, dit wil sê die karavaan sin, plus 'n apparte laaier gelyk?
Het vanoggend 'n toets lopie…
Het vanoggend 'n toets lopie gedoen, die Lucas laaier wat ek het, laai teen 16.04 volt, op 'n 7.5 amp hek motot batery?
My kennis van 12 volt en…
My kennis van 12 volt en veral laaiers is erg gestrem, is dit moontlik om twee laaiers gelyk op een batery te koppel?
Die Penta het 'n Apolo 10 DB Bord wat 'n laaier insluit om die batery te laai, ek wil graag weet of ek 'n ekstra laaier in parallel kan op koppel, of moet ek liewer die Apollo se laaier "bypass", dit laai maks 13.9 volt, en ek sou verkies dat dit teen 14.4 volt laai.
Is ek onodig bekommerd, of redeneer ek reg om teen 'n hoër spanning te laai?
Soos mense al reeds genoem het, 'n deep cycle batery moet gereeld "geboost" word.
Wessel antwoord: Middag…
Wessel antwoord:
Middag Johann
Ek sal dit nie aanbeveel om 2 laaiers gelyk te gebruik om dieselfde battery te laai nie. Gestel die battery is redelik laag, dan gaan altwee laaiers 'n sterk stroom in die battery instuur. Dit kan die battery laat oorkook.
As jy 'n 14.4 volt laaier wil Koppel, ontkoppel die 220v na die normale Penta se laaier.
Deep cycle batterye is 14.4 volt "boost" ontwerp. Die laaier sny die stroom laer Nadat 14.4v bereik is, en hou die battery op "float", so ongeveer 13.6v.
Met jou 13.9v laaier sal die battery bloot net boost tot 13.9 en dan ook float op 13.6v.
Groete





Tipe diep siklus batterye
Môre Vriende
Ek wil sommer hoor, watter batterye beskou julle as die beter tipe ?
Ek moet dalk alweer batterye aanskaf, nou wonder ek, As mens Dixon, Deltec, Duratec en wat nog sou opweeg---watter beskou julle as die beter maak.
Groete