Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -2 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -2 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -2 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -2 hours ago

Batterye en dinge

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.

Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud,  permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.

Ek sal seker een of ander tyd moet vervang,  hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is; 

Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle" 

Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.

Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?

Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?

Vaalpark

Johann L

Fri, 13/09/2019 - 20:09

Nico, nee dit is ongelukkig op 'n moeilike plek, maar dit is gestel om die krag na agter af te skakel sodra die hoof batery  onder 13.1 volt daal. Ek voel dit is 'n veilige af sny punt, en die auto elektriesien het dit bevestig. 

Die inverter sny ook uit as die karavaan se batery onder 12 volt gaan, dit het ek bevestig met die toets wat Willem  aan beveel het👍 

Ek voel heel in my skik dat ek nou sonder 220 volt sal kan kamp as dit nodig is, al wat afhanklik van 220 was, is die yskas, en dit is ook nou uit gesorteer.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 19/09/2019 - 12:09

Ek het 2x105Ah diep siklus batterye in parallel in my wa. As ek ‘n 12V Bosch laaier op die een koppel terwyl die wa in die motorhuis staan, sal hy albei laai en eweredig laai en sal dit ongesond wees vir die batterye?

Dalk is die vraag al gevra, ek kan nie nou deur die hele draad lees nie. 

0

Middag Chris

As die batterye in jou wa monteer/gekoppel is, hoekom wil jy met Bosch laaier werk.???

Koppel net die 220v aan jou wa, soos by 'n kampplek. Die stelsel sorg dan dat jou batterye korrek gelaai word. Dit is die doel van die ingeboude beheerpaneel van die wa.

Groete 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 19/09/2019 - 13:01

Wessel, dis meer van akademiese belang vir my as iets anders. Ek is maar ‘n nuuskierige vent en weet net genoeg van die onderwerp om ‘n gevaar te wees. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 19/09/2019 - 14:06

Chris, as jou batterye teen mekaar staan, en met n toepaslike dik kabels verbind is, gaan jou laaier hulle as een sien, en gelyktydig laai. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 19/09/2019 - 14:21

Neef, hulle staan reghoekig teen mekaar vanwee beperkte spasie en is met 16mm kabels verbind waarvan die lange omtrent 500mm is en die korte 200mm. Ek neem dus aan hulle sal eweredig laai en ontlaai?

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 19/09/2019 - 15:06

Chris, ek is oortuig dat die laaier die twee as 'n eenheid gaan sien, solank dit naby mekaar is, EN in parralel gekoppel is maw, twee positiewes saam, en twee negatiewe saam. 

Soos jy verduidelik het, is jy nou reg.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 19/09/2019 - 15:40

lange omtrent 500mm is en die korte 200mm

Net 'n vraag, moet die kabels nie die selfde lengte wees nie ?

0

moet die kabels nie die selfde lengte wees nie ?

Ek hoop nie so nie. My batterye is 90° gedraai tot mekaar (m.a.w die een se kort kant staan teenoor die ander se lang kant) want dis al hoe dit kan inpas in my wa. Ek wil nie die twee positiewe pole (wat die naaste aan mekaar is) se draad onnodig langer maak nie, want dan gaan dit hang en kan vasgeknyp raak of skuur.  

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 23/09/2019 - 18:20

Nou sit ek en wonder oor 'n ding.

Die Penta se laaier, laai die batery tot maksimum van 13.70 volts, maar my kar se altrnator laai teen 14.20 volt, gaan dit 'n verskil maak aan die karavaan se batery as ek laai terwyl ek sleep?

Ek glo nie, maar wil graag jul mening hê.

0
Pretoria

leeu

Mon, 23/09/2019 - 20:59

Hi Johann, geen verskil.......albei is gelykstroom, daai klein bietjie meer gaan geen verskil maak nie. Ek is seker jy laai vanaf jou solenoid tot by jou wa se battery, met die BH  proppe?

Ek sal net seker maak die inverter is vas geskroef en lê nie los terwyl jy ry nie, jy wil tog nie dat drade aanmekaar raak, terwyl die uitset 220V is nie.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 23/09/2019 - 21:14

Dankie Nico, ja, die inverter is vas gebout en die drade van die hoof batery gaan eers deur 'n fuse, dan 'n selonoide na agter, waar dit met B/H proppe gekoppel word.

Ek gaan wel môre ook 'n fuse tussen die karavaan se batery en die B/H prop ook in sit, die drade het my bekommer omdat daar nie 'n fuse in is nie.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 23/09/2019 - 21:17

Skuus, wou nog byvoeg, die inverter het ook sy eie fuse wat dit beskerm. Enigste bekommernis was die draad van die B/H prop na die batery wat 'n moontlike gevaar kan inhou.

0
Pretoria

leeu

Mon, 23/09/2019 - 21:39

Jy is reg Johann, sit daar ook beskerming in, onthou net enige las het verliese tot gevolg, maar ek dink nie dis baie nie. Liewer veilig wees as wat jy 'n brand veroorsaak. Sit die drade in gorrelpyp, dan sal hulle nie sommer deurskuur op jou wa se onderstel nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 24/09/2019 - 13:26

Sit ek gister en wonder toe ons op pad was van Pta.

As daar so groot 12vDc krag verlies is hoekom sit mens nie die inverter in die voertuig nie ?  Dan loop jy gewone "captire" 3 draad na die woonwa se yskas of prop hom aan die inkomende 220vAc.

Dan die ander ding wat my pla van die 220v yskaste.  Hulle sê jy moet hom nie rond beweeg terwyl die kompressor loop nie.  Gaan die kompressor nie amok maak terwyl jy ry nie ?

Ek hoor hoe die ys masjien se kompressor kap as ek hom rond dra en op hom was 'n nota wat sê jy moet hom 'n rus kans gee na jy hom vervoer het.

0
Pretoria

leeu

Wed, 25/09/2019 - 05:46

Hallo Willem, goeie vrae. Dit is maklik om die inverter in die voertuig te ry en 220V agtertoe te vat, maar dis baie gevaarlik. Jy kan natuurlik 'n trip insit maar ek sal dit glad nie so doen nie.

Ek stem saam oor die yskas se kompressor wat rondskud, dis seker nie goed nie, miskien werk dit beter as hy heeltyd aangeskakel is?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 25/09/2019 - 08:45

Hierdie inligting op Snomaster se web gekry.

Why Choose a 220V Compressor

220V units are made to run when stationary, like when parked on your tiled floor. The compressor is suspended accordingly, in quite a loose fashion. Put this in a vehicle on a corrugated off-road and, probably sooner than later, the unit’s compressor will spring a leak.

If in doubt, lift & shake a 220V unit and you'll hear and feel it 'rattle'.

Take a look at our 220V Outdoor Series for all your outdoor needs.

Can’t I use an Inverter?

Many will say that an inverter with a 220V unit is not the answer; however if you want to go this route make sure you buy a large enough inverter. We won’t recommend anything below 1000W. Your inverter also needs to be “pure sign wave” and not modified sign wave. The modified sign wave inverter can damage a compressor in the medium term.

Admittedly inverters are quite expensive, but it could be doubled up to run some of your home appliances if needed. Come to think of it, it may be a worthwhile investment living in SA.

Now that you have a better understanding of what the difference is, you can easily make an educated decision when you purchase your next cooling unit.

Of course, if you are still not sure or need more info, please contact Mark on sales@snomaster.co.za and he will gladly assist you in choosing the right unit for your needs.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 25/09/2019 - 09:15

My maggies, hierdie oubaas klop himself al meer op die skouer  vir sy jarelange liefde  vir absorpsie ys- en vrieskaste.

Sterkte manne met die soeke na oplossings vir julle 220V kompressor tipe toerusting want ek vind nietemin die gesprekke interessant en leersaam.

Ns. 

Dit bekommer my dat Willem in Letaba hierdie tyd van die oggend nog voor sy rekenaar sit en met Kampforum gesels.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 25/09/2019 - 15:05

Johann, jou eerste kommentaar 23/9 :  My Apollo-stelsel in die Exclusive laai ook die battery net tot op 13.7V en skakel dan af terwyl my Pathfinder sy battery ook laai tot 14.2V.

Daar's dus niks fout aan jou kant nie.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 25/09/2019 - 18:59

Len, dankie ek voel nou meer gerus.

Ek het nog nie die "fuse" aan die Penta se kant aan gebring nie, maar sal moet plan maak voor ons Woensdag oggend haak.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus