Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -6 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -6 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -9 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 04/07/2025 - 12:22

Die hefboom aksie van die fiets rak op die Kavango se spaarwiel het weer die buffer waarop die A-raam van die spaarwiel monteer is laat kraak. Ek het dit intussen weer herstel (die gekraakte) buffer deur dit te sweis met VVS stafies. Ek moet sê die sweiswerk lyk baie netjieser as my vorige poging. 
 

Die A-raam en buffer sit nou weer mooi stewig, en ek gaan dit nie weer belas met onnodige gewig nie. Ek het op Gumtree ‘n lekker stewige fietsrak gekry vir R850 plus R220 koerier. Dit skuif in ‘n hegstuk aan ‘n plaat in wat tussen die Ranger se sleepstang en haak monteer. 

A

Die hegstuk is slim ontwerp, want dit laat toe dat die rak kan wegkantel van vertikaal af deur ‘n pen uit te trek. So kan mens by jou voertuig se agterkant uitkom. Ongelukkig druk die rondings bo-aan die plaat waardeur die pen wat dit in plek hou pas teen die sleepstang van die Ranger. Dit beteken die plaat waaraan die hegstuk vas is sit nie flush met die sleepstang nie. 

B

Ek sal die rondings moet afsny en die vierkantige buise waarin die rak skuif daaraan moet vas sweis. Die rak sal dan nie meer kan kantel nie, maar ek sien die nuwes kan in elk geval nie meer kantel nie.
 

C

Ek weet in elk geval nie hoe prakties dit sal wees nie, want as die rak kantel gaan die fietse teen die Kavango se A-raam druk. Ek sal die fietsrak en fietse maar eers moet opsit na die wa gehaak is en weer afhaal wanneer ons by ons bestemming aankom.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 04/07/2025 - 12:50

Ek sal die rondings moet afsny en die vierkantige buise waarin die rak skuif daaraan moet vas sweis.

Kan jy nie "spacers" daai insit. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 04/07/2025 - 14:02

Kan jy nie "spacers" daai insit.

 

Ek het dit oorweeg maar daar is twee probleme:

  • As ek dit doen druk dit plaat (en die haak agter dit) net met die rondings en die spacers teen die sleepstang. Ek is bang vir beweging wat dan spanning op die boute gaan plaas.
  • Die boute wat ek kon kry is nie lank genoeg nie.
0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 04/07/2025 - 17:34

Skuif die bracket op? Sweis selfde dikte metaal onderaan en boor nuwe gate.??

Dis ‘n dik stuk plaat wat ek sal moet gaan koop (ek sal moet gaan meet maar lyk soos ten minste 5mm) en sulke groot gate boor in so ‘n dik plaat het ek nie die gereedskap voor nie. 
 

Ek het nou-nou by Outdoor Warehouse voor die winkel parkeer en hulle sakplaat bakkie toe gevat. As ek die haak deur die onderste gate van die plaat aan die sleepstang vasmaak op sy bestaande hoogte en die rak se plaat aan die boonste gate, gaan lg dalk in die pad wees van wa aan- en afhaak. En dit gaan ‘n ekstra stel boute kos so dan kos die spulletjie ook al R530 ekstra. Dan kan ek netsowel ‘n ander baseplate koop soos die een op die foto hier bo van Holdfast. Daardie een sal werk want dis plat aan die agterkant reg deur. 
 

Of ek kan myne verander om soos die een op die foto hier bo te lyk. Kos net elektrisiteit en tyd.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 04/07/2025 - 21:56

Het regtig gedink dat jy die plaat aangeskaf het vir die "tilt"  op die fietsrak. Maar net ń idee gewees.

Die rak het met die basisplaat wat op die foto’s van die Ranger is gekom. Die kantel vermoë is ‘n oulike idee, maar ek weet nie hoe prakties dit is nie. Dit kantel seker maar omtrent 30° van vertikaal af. Ek sal dalk die kappie se agterklap kan oopmaak as die wa nie gehaak is nie. Maar die Ranger se kappie het kant deure ook, so dit sal nie hinder as die agterste een nie kan oop nie. Mens moet net dienooreenkomstig pak. Die verste wat ons met fietse sleep is Dwarswegstrand toe. 
 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 05/07/2025 - 10:57

Ek het die sakplaat by Outdoor Warehouse se buitelyne en gate afgetrek op ‘n stuk papier en vanoggend die Ranger se haak en die fietsrak se basisplaat afgehaal en op die grond op die papier gesit (dit sal beide plat op die basisplaat vas kom). Dit gaan nie werk nie. Daar bly omtrent net 30mm speling tussen die haak se bol en die basisplaat se onderste stang waaraan die meganisme skarnier as dit kantel. Dit is vir my too close for comfort as ek die Kavango moet haak. Die basisplaat se regop vierkantige buise waarin die rak pas gaan ‘n gedeelte van die nommerplaat verberg ook.
 

Ek gaan by ‘n plaaslike fietswinkel kyk of hulle ‘n basisplaat wat nie kan skarnier nie het en kyk of my rak daarin sal pas. Dan sal ek so een koop en die bestaande basisplaat hou vir moontlike toekomstige gebruik. As my rak nie pas nie gaan ek die bestaande plaat verander om te lyk soos die een op die foto. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 06/07/2025 - 08:30

Die plaaslike fietswinkels hou nie die nuwer rakke aan sodat ek kon kyk of my rak op die eenvoudiger basisplaat sal pas nie. Ek besluit toe om myne se plaat so te verander. Toe ek weer daarna kyk net voor ek begin sny, kry ek ‘n brainwave.

Ek het die twee rondings waardeur die pen druk wat jy uithaal as jy die rak wil laat kantel  afgesny met ‘n hoekslyper. Die rooi pyle hier onder dui hulle aan. Dis hulle wat teen die Ranger se sleepstang druk en die plaat dan laat wegstaan. Toe sweis ek hulle voor op die plaat vas waar die geel blokkies is, en boor gate in die square tubing van die basisplaat en rak, waardeur die pen druk wat kan uithaal om steeds die rak te laat skarnier met die onderste pen. Nou sit die plaat flush op die Ranger se sleepstang én die rak kan steeds kantel. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 06/07/2025 - 11:48

.... jou breingolf se foto ontbreek by jou boonste inset.

Dit het nounet tevoorskyn gekom. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 06/07/2025 - 17:47

Wildehont. As iemand jou sweiswerk kritiseer, dan vra jy hom of jy dalk na sý sweiswerk kan kyk om self te oordeel.  Rest assured, meeste kan nie.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 06/07/2025 - 18:39

Ek moes myself noodgedwonge op YouTube leer sweis toe die Kavango se spaarwiel amper verloor het en Lapskag my van raad bedien het om die A-raam te versterk. Ek kry nog nie mooi reg om die regte verstelling vir die betrokke stafie en soort werk te stel nie.
 

Toe ek onlangs weer die Kavango se gekraakte buffer (weens die wiegende fietsrak op die spaarwiel) herstel het, het ek toevallig die regte verstelling gekies met die VVS stafie en lip channel van dun VVS en dit het seepglad verloop.
 

Die werk aan die basisplaat was aan aansienlike dikker staal, en ek dink my inverter sweismasjien was aanvanklik te laag gestel (nog op die verstelling vir die Kavango). Die plaat se sweiswerk gaan nie pryse wen nie, maar dit sal hou.

 

Terloops, ek het darem die Kavango se batterye ontkoppel voor ek daaraan gesweis het. Die 220V laaier het ook gebreek ‘n paar weke na dit, so ek glo nie dit het daarmee te doen gehad nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 06/07/2025 - 19:49

Nou wonder ek skielik, as ouens aan my trokkies se uitlaatstelsel sweis, word die battery dan nie ontkoppel nie. 

Ek weet wel toe daar aan die Kavango se suspensie gesweis was, was die batterye ook ontkoppel. 

Chris S: dalk het die sweis 'n impak op die 220V baan gehad, die ontkoppeling van die batterye het moontlik jou 12V kant van die stelsel beskerm. Ek wonder sommer. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 06/07/2025 - 21:04

as ouens aan my trokkies se uitlaatstelsel sweis, word die battery dan nie ontkoppel nie. 

Sover ek weet moet dit ontkoppel word, want dis aan die onderstel geaard.
 

Dit was nie die eerste keer wat ek of iemand anders aan die Kavango gesweis het nie, so ek glo nie dit het die fout op die 220V laaier veroorsaak nie. Ek kan ook nie dink dat dit geaard is aan die wa nie. Dit word mos geaard as dit by 220V ingeprop word?

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 07/07/2025 - 06:46

Min mense weet ook dat jy 'n voertiug nie "jump start" net op die battery pole nie. Gladnie goed vir die elektronika nie. 

Die lewende battery se positief na die dooie een se positief. Dan die lewende battery se negatief na 'n negatiewe grond op die dooie battery se engin. (Gewoonlik die maklikste  'n "bracket" op die engin)

Jammer vir die besoedeling van hierdie draad.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 07/07/2025 - 07:55

Dan die lewende battery se negatief na 'n negatiewe grond op die dooie battery se engin. 

Ek is skuldig, het nog altyd direk oor die pole gekoppel. Ek sal onthou om dit nie weer te doen nie.
 

Die boksies soos die een hier onder waarmee mens jou kar kan jump start en die wiele pomp duik nou al hoe meer op. Ek wonder of hulle ook so gekoppel moet word (en of dit regtig werk om bv ‘n groot dieselenjin soos my Ranger s’n te swaai). 
 

A

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 07/07/2025 - 09:02

Ek weet van die aanbeveling om die jumper battery aan die enjin of onderstel te aard. Ek glo, dalk verkeerdelik, dat dit te doene het met die twee wat in paralel gekoppel is waneer jy die kabels op die pole koppel. Dan is die aansitstroom die van 2 batterye saam gedeel deur 2. Soos ons op skool geleer is,?? 

Deur die negatiewe kabel elders te aard, het seker dan nie dieselfde tot gevolg nie.?? Die elektriese enjineers sal moet kom klas gee.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus