Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -6 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -6 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -9 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/06/2025 - 07:41

....of is daai ene die enigste???

Iets klink nie lekker korrek nie. Gestel dit is die beperker vir jou 220v laaistroom, dan gaan dit 16ure neem teen 3amp om 48amp.hr te laai in battery.

Bedien daai smeltdraad ook die laaistroom baan van die sonpanele??

Ek onthou my wa se eerste eienaar het gekla dat die stelsel baie stadig laai. Hy het toe iets laat aanvang, om dit vinniger te kry. Genadiglik het PBE my totale stelsel opgradeer/vervang.   

NS: Ek gesels en deel gedagtes, ek ken mos nie die oorspronklike werking van die eenhede nie

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Sat, 21/06/2025 - 09:34

Dit kan ook wees dat die sekering daar is om die beheer paneel te beskerm en nie deel van die laaistroom vorm nie. Hoop dit is so in jou geval

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 21/06/2025 - 12:37

Dit is nou goeie advies Danie!. Ons rusbankenjineers sal so op gevoel besluit dar die sekering met ń sterker een, kos dan net 50c, vervang word. En so kan die beheerpaneel in ñ oomblik in ń flou, maar stink, rokie, sy job kwyt wees.

Laat my dink aan die Darwin awards. Die kandidate vir die gesogde toekenning, moes deur hulle handelinge, of ontwerpe , hulself van die genepoel verwyder het.

Vir ń nuwe kategorie stel ek voor. Die "Fiskus Fopop" toekenning.

Kan nogals  interessant raak om die deelnames te evalueer van finansiële verlies agv ondeurdagte modifikasies. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/06/2025 - 13:18

Ek dink my wa kan 'n paar voorleggings indien;

1] ek moes ten duurste kompleet elektriese stelsel [beheer en laai] laat oorbou Ongeveer R30 000

2] ek moes seker 8m waterpyp verwyder, net om waterpype "stock standard" te kry. Ongeveer R1000 

3] ek het chinese watermeter en "limiter " uitgehaal, want geen mense kon handleiding verstaan nie.

4] ek moes remstang laat verander [skuif] om die lugreelingkas onder die wa te mis. R5000

5] groot komponent van onafhanklike suspensie is vervang, bloot omdat Echo oorgeslaan het na 'n opgradering, en dus nie meer die vorige suspensie se "castor en chamber" kon stel nie. R7000

6] al die 220V bedrading is ook vervang met die korrekte dikte draad. 

Afgesien van punt 5, was die ander weens veranderinge wat eerste eienaar aangebring het.

Skielik leer ek 'n duur les, wees versigtig om 'n woonwa by privaat persoon te koop. Tweede waarneming, ek moet hou wat ek het!!!!  

 

 

  

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 21/06/2025 - 14:10

... "fopok". Almal weet wat word bedoel, maar vir die sensitiewes klink dit sagter op die oor deur net twee letters om te ruil.

Of soos "flippen" i.p.v. die ander een.

Of jy praat bollie i.p.v. jy praat ...

Nou wonder ek, wanneer is 'n woord kru taal. Hoekom is 'n spesifieke woord kru en onaanvaarbaar?

Verstaan my mooi - ek is nie 'n voorstaander van sogenaamde kru taal nie. Ek wonder maar net hoekom sal 'n sekere woord as kru beskou word. Neem die volgende aanvaarbare voorbeeld: "Ek het gou 'n piepiestop gemaak". Ek kan die "piepie" vervang met 'n drieletter-woord wat ook met 'n "p" begin, maar laasgenoemde is kru terwyl dit dieselfde betekenis het. Ek kan nog vele voorbeelde noem.

Jammer dat ek hierdie gesprekslyn besoedel met hierdie inset.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/06/2025 - 14:11

Ek het twee sekerings gekoop gister @R25 stuk. Beide het geblaas vanoggend. Die eerste toe ek die stroombreker van die laaier aansit, en die twee toe ek eers die laaier se skakelaar afsit, die stroombreker aansit en toe die laaier se skakelaar aansit. Ek kon dit hoor blaas, en direk daarna trip die stroombreker waarop die laaier is. Die kragprop is ook op die stroombreker, en die kragprop werk as die laaier af is.
 

My afleiding is dus dat die 220V laaier kaput is. Die sonkrag laaier werk nog. Nou gaan ek iemand moet soek plaaslik wat die stelsel kan ontsyfer om vir my ‘n ander laaier in te bou as dit moontlik is. Johan Wolmarans wat die paneel ken is in Centurion. Die alternatief is ‘n nuwe paneel koop by hom teen amper R12k. Ook maar goed ons ry nie meer volgende Saterdag Krugerwildtuin toe nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 21/06/2025 - 15:08

Ook maar goed ons ry nie meer volgende Saterdag Krugerwildtuin toe nie. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/06/2025 - 15:19

....wat is die opsies en kostes ???

Die een opsie is die Wolmarans paneel, jy kan dit oplees op sy webblad wolmacor. As dit maklik is om nuwe Wolmarans paneel self in te bou en te koppel aan batterye en 220V kant, is dit dalk goeie opsie.

Ander opsie is om iemand te vind wat plaaslik 'n kwotasie kan gee om nuwe stelsel aanmekaar te sit met Victron komponente. dit het die voordeel dat jy die uitleg en tipe meters[uitlees] kan spesifiseer. Ek is seker daar gaan persone wees wat dalk foutsporing en herstelwerk kan doen. 

Derde opsie gaan dalk nog duurder en moeiliker wees. Kry 'n kwotasie by Pieter Barnard. Hy verskeep sy produkte die wêreld vol. Moontlik het hy alles op papier gehou, van my stelsel.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/06/2025 - 15:48

Ek gaan eers kyk of iemand plaaslik die laaier kan herstel of dan ‘n nuwe een inbou wat saam met die paneel werk. Ek was doodtevrede met my stelsel. Tot 2 Junie het alles perfek gewerk. 
 

As dit onmoontlik blyk te wees kan ek by Echo aanklop daar naby Oom Len, maar dit bied logistieke uitdagings. 
 

Ek het reeds na Wolmacor se paneel gekyk en sien nie dat dit voorsiening maak vir ‘n geyser nie. Onthou my geyser werk van beide 220V en gas. Ek wil hê dit moet steeds so kan werk. 
 

PBE is nie ‘n opsie nie. Te duur. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 21/06/2025 - 16:28

In Mosselbaai is ń man, Ingenieur, wat my huis- Invertor  herstel het. Afgetree, werk van sy huis af.

Hy bou oa laaiers vir Gholfkartetjies. Skoolmaat van my, Elektrotegniese?? ingenieur wat in Witbank bly, het my na hom toe verwys.

Ek kan sy info deel as jy my persoonlik kontak.

Stuur vir hom via Postnet,as dit nie te swaar is nie. of Courier Guy. Vinnig en maklik.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/06/2025 - 16:40

Chris, kyk na foto van my elektriese komponente kas. Ek stuur dit bloot sodat jy 'n gevoel kan kry van die bedrading uitdaging verbonde aan die inbou van komponente. Maak nie saak wie s'n nie. 

beheer

 

Al wat ekstra is, is die omsetter[1kWatt] heel links.

Ek hoop jy kom reg met jou opsies.

kas

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/06/2025 - 17:16

Wessel, kyk op die vorige bladsy hoe lyk my paneel se binnegoed. Ek glo egter iemand (‘n sparky wat elektronika begryp) sal die fout kan vind en herstel. 
 

Dalk is dit net ‘n transistor of ‘n resistor of ‘n kapasitor of ‘n transformator of ‘n relay wat gekalf het.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/06/2025 - 19:53

...ek hoop ook so vir jou part. Ek kyk so 'n oop kas en sien net goedjies wat ek nie ken nie. Sal nie eers weet waar om te begin soek nie.

As jy nie plaaslik kan regkom nie, kan jy altyd jou wa neem na Herman se vriend toe in Mosselbaai. Dis nie so vêr van jou nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 24/06/2025 - 13:31

...sommer vir troos, jy is nie die enigste met met Kavango se elektriese stelsels sukkel nie.

Behalwe van myself wat ook moes plan maak , is daar nog baie ander. Ek kyk vanoggend weer 'n slag na die Kavango groep, en wraggies dit begin met iemand wat sukkel met sy Kavango se stelsel. So was daar al baie voor hom.

Hou ons ophoogte met jou vordering daar onder.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 30/06/2025 - 10:51

Ek het gister alles uit die Kavango gepak en die wa na Stuart van Stutronics toe gevat. Hy het verduidelik dat die paneel in switch mode gebou is en toe verduidelik waarom dit moelik kan wees om uit te werk as jy dit nie self gebou het nie. Maar hy gaan probeer om die paneel te herstel na wat dit was. As hy dit nie regkry nie gaan hy die 220V laaier uitbrug en ‘n Victron 220V laaier inbou wat R3500 kos. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 30/06/2025 - 11:04

....klink vir my na die beste opsie. Dis mos maklik om self die inset kragbron te kies, hetsy 220V, sonpanele of voertuig. Die stelsel hoef mos nie self keuse te maak nie. .

Ek hou duimvas, Stutronics lyk na gevestigde elektroniese/sonsel besigheid. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 30/06/2025 - 15:28

...vra tog die Stuart, hoe beperk so 'n stelsel, soos die victron die laaistroom vanaf 220V na die battery toe. Daar is seker 'n maksimum stroom of limiet ingebou 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 30/06/2025 - 20:15

Hy het vandag vir my probeer verduidelik dat my paneel se 220V laaier in switch mode gebou is. Toe begin hy praat daarvan dat dit iets laat ossileer en toe verloor hy my. Dalk werk die Victron ook so. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/07/2025 - 06:45

...ook "af switch". Ek het gister probeer verstaan van die internet af, maar kernreaksies is baie meer verstaanbaar.

Die "switch mode" het blykbaar niks te doen met skakel tussen die 220V, sonpanele se inset opsies nie, maar te doene met frekwensies en ossilasies. Dit is seker waar die begrip "pure sine wave" by omsetters ook ter sprake kom.

Jy moet sommer dat die ou vir jou 'n omsetter ook inbou. Dan kan Salomien lekker haar rekenaar en wat nog laai. Kleintjies vir fone en rekenaars laai, is nie so vrek duur nie. So 2kWatt behoort tot haardroër ook te trek. 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 01/07/2025 - 08:17

My Kavango se paneel het reeds ‘n omsetter ingebou maar ons het dit nog amper nooit gebruik nie. Kara en Salomien laat hulle hare sommer self droog word. Fone laai ons in die Ranger. Die 12V sokke gee krag al is die sleutel nie in die aansitter slot nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus