Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -6 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -6 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -9 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 22/07/2025 - 10:40

... met die Kavango-waens het darem baie raad nodig. Dié gesprekslyn trek al op bl. 35. Ek dink dit is tyd dat julle iets anders moet aanskaf. Mens kan nie so sukkel nie.devil

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 22/07/2025 - 10:43

Die bystandskragopwekker het auto skakelaars wat die generator aansit sodra Escom afsit.  Hoekom ek dit noem is dat daar 2 stelle contacts in is, een stel normaalweg oop, die ander stel normaalweg toe. Die stel chop so elke paar jaar af. Of dit nou surges of wat is, dit raak onklaar en is ń simpel taak om due spul te split om een gedeelte te ruil

Ek wonder of die relay  in die Kavango wat die twee opsies isoleer normally open of closed is. In my eenvoud sou ek solar priorteit gee wat dan normally open relay is, en die mains nie die relay intrek nie. Dit is nou vir die lang tydoerk wat dit onder dak staan.

Hoop ek is verstaanbaar.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 22/07/2025 - 11:35

Heel moontlik gaan die grafiek met slegs die 220v gekoppel en Snomaster wat loop, presies dieselfde lyk. Onthou beide stelsels, onafhanklik gaan dadelik wil stroom stoot na die battery as daar stroom onttrek word.

Die grafiek buite die deel in geel gemerk is met die Snomaster aan en die Victron gekoppel. In die deel tussen die geel lyne was die sonpaneel in die son en dis waarom die spanning opgeskiet het wanneer die Snomaster af was. Die Victron was in float modus en het dus teen ‘n laer spanning gelaai. As jy inzoem kan jy sien dat daar steeds dips was buite die deel in geel gemerk wanneer die Snomaster aangeskakel het. Dis net nie so opmerklik nie want die Victron het teen ‘n laer spanning gelaai. Dis juis hoekom ek wil hê die MPPT moet af wees terwyl die Victron laai. Nie een van die twee sal toelaat dat die battery oorlaai nie, maar die MPPT kan die Victron se laaiprofiel beduiwel. 
 

Mnr Boucher, ons drommels wat nie vir maande soos swaeltjies kan leeglê op die laeveld nie moet maar tussen ons korter wegbreke oor ons waens praat.

Wat Oom Neef se kommentaar betref is ek nie seker nie. Ek dink die relay is oop as die 220V nie ingeprop is nie. Of dalk is dit toe? Ek weet nie hoe werk die goed nie. Al wat ek weet is dat dit die toevoer van die sonpaneel af na die MPPT afsny sodra die wa by 220V ingeprop word.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/07/2025 - 12:31

U opmerking is aangeteken in die boek van wrewels. Dit sal opreg waardeer word as u eerder u trokkie gaan was, as om sarkastiese opmerkings te maak oor ons veselglas waentjies wat darem grondpad kan loop. laughlaugh

Dit is 35 bladsye omdat so baie ander "nie Kavango lede" ook heerlik saamgesels en insette, hetsy positief of negatief, daar plaas. Dit is egter lekker om van almal meelewing en betrokkenheid by ons woonwa gesprekke te kry.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 22/07/2025 - 12:54

... julle ou Kavango'ers klink darem nie na 'n onaardige spul nie. Ek het al die een in persoon ontmoet - en hy is nogal okay. Die ander een hoop ek om nog eendag te ontmoet - ons het darem al eenkeer bymekaar verby gery tussen Hoedspruit en Mica. Hy klink ook nogal okay.wink

Hulle praat net soms bo my begripsvermoë t.o.v. hulle elektrisiteits-goeters.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 22/07/2025 - 13:16

Die ander een hoop ek om nog eendag te ontmoet

Wanneer jy weer eendag terug is in die beskawing, moet julle dalk iewers ontmoet as jy die kleinkinders dalk in sy dorp gaan haal.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/07/2025 - 11:33

Chris, na aanleiding van jou opmerking elders rakende jou wa se bladvere, maak ek die opmerking;

Dalk moet jy uitvind by jou Pierre guru, wat is die moontlikheid en koste verbonde om daardie huidige bladvere te laat herwerk en temper. Dalk is daar werkwinkels wat spesialiseer in sulke dinge. Dalk goedkoper as om 2x stelle bladvere nuut te koop. 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 29/07/2025 - 14:48

Chris B, jou raad het my nou lekker laat lag.

Wel gedaan.

Terwyl ons nou op daardie punt is, my swaer Dirk (wat jy ken en by Krokbrug gesien het), was omgellie oor die Xcape se half tent half karavaan wat hy moet opslaan elke keer as ons ry.  En hy kla want ek laat sak net Fleetline se hoek stutte en lig sy dak, dan is my bed klaar en ek n kasteelkie knak.

Nou loop en koop hy toe die klein INFANTA.  Nou het hy ook n soliede bed... 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 30/07/2025 - 09:52

wat is die moontlikheid en koste verbonde om daardie huidige bladvere te laat herwerk en temper.

Louis van Desert Stormer (4x4 guru wat werk aan voertuie en allerhande bybehore installeer - hy het die Prado se kronkelvere vervang en lugsakke in die agterstes gesit) sê dit sal werk om die vere te reset. Ek wag vir hom om te laat weet wat dit sal kos. Twee nuwe pakke met 10 blaaie elk gaan so R3300 kos sonder installasie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/07/2025 - 10:18

....klink na steel. dit sal interessant wees om die koste aan "reset" te vergelyk. Ek sal geneig wees om vir stel nuwes te gaan.

Kan mens met so 'n aankoop van bladvere, die lading spesifiseer.?? Dit kan dalk goeie idee wees om 1800kg vir stel te spesifiseer. Wat dink jy.  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 30/07/2025 - 11:08

Lank gelede het ek ń Landrover se bladvere laat opgradeer deur paar ekstra swaardiens vere te laat insit. Was baie eenvoudig en goedkoop. Maar R3300.00 klink vir nuwes na ń bargain, of dit kom van Indië af..

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 30/07/2025 - 12:06

Dit kom dalk van Indië af maar Burquip is die plaaslike verskaffer. Ek het gejok; dis R3370 vir twee pakke. Hier is die skakel. Dit is gespesifiseer vir 2500kg. Die 8 blad vir 2000kg. Lg is wat ek laas wou laat opsit toe ek sien die blaaie is dunner as die oues (foto hier onder), daarom dat ek eerder die 10 blad pak wil laat opsit. Louis het my R3000 voor BTW kwoteer om die bestaandes te reset. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/07/2025 - 12:25

Klink steeds na die regte opsie. Geen gewag dat vere oorgedoen word nie. Bestel, kry, en dag later is dit ingesit.   

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 30/07/2025 - 12:54

... met wat ek gesê het t.o.v. die Kavango-brigadewink Soek bietjie rond of julle nie iewers 'n 1993 Caravette 6B te koop kry nie. Hulle gee nie moeilikheid nie devil

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/07/2025 - 13:36

Jy is moontlik korrek, die ouer waens is heel moontlik meer betroubaar, as hedendaagse waens.

Ek het met my twee Jurgense ook nooit moeilikheid gehad nie. Elke 2de jaar die nate laat toesmeer. Elke jaar net die remme en laers laat nagaan, voordat ons die langpad Oos London toe gevat het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 30/07/2025 - 14:06

…as daardie Caravette net op ons 2020 Kgalagadi toer gery het waar my Kavango gery het is dit afgeskryf en het dit seker nou nog iewers tussen TR en Nossob gestaan. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 30/07/2025 - 17:36

... daar met 'n Caravette 6B nie. Daar kamp ek met my tent en gazebo.

Ek het al 2 ouens, wat saamgekamp het met hulle padkaravane, in Nossob gesien. Die dag toe ons oppak het ons iewers tussen Nossob en TR by 'n sighting gestop. Ons het 'n dreuning gehoor, komende vanuit Nossob se rigting. Dit was net een stofstreep toe hulle by ons verbykom. My skatting was dat hulle minstens 80 kpu gery het. Die arme 2 karavane was meer in die lug as op die sinkplaatpad.

Ek het net my kop geskud oor die feit dat iemand 'n karavaan só deur sy ghwar kan trek.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 30/07/2025 - 20:07

Jip, Chris B stem saam.  Wessel jy gaan sien waar ek vir Fleetlinekie geneem het BUNDI toe.

Chris ons staan sterk met ons pad karavane.

Maar ek weet ek maak die draad deur mekaar.  Het iemand al sy KANOPY se vensters vervang met oplig vensters wat jy kan oop maak soos die nuwe "staal canopies".

Ek het n gewone Beekman (glas vesel), maar hulle Worcester tak se hulle kan. Maar word gedoen in Parow.  Gaan ek na Parow dan se hulle nee.  

Nou ja.  Kan julle dit glo.

Jo ek spel mooi vannaand.  Ne Neef.

 

Lekker aand.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 05/08/2025 - 10:39

Dit gaan R4200 kos saam met die opsit om die Kavango se twee pakke met nuwe 10-blad Burquip pakke te vervang. Ek doen dit eerder as om die bestaande vere te laat reset vir R3000.

Ek het vir Burquip gebel en hulle raad gevra oor die 8-blad teenoor die 10-blad pak. Hulle het my verwys na iemand wat waens onderhou. Toe ek die Kavango se BVM noem (myne s’n is 1800kg op die plaatjie) en sê dis ‘n boswa het hy dadelik gesê ek moet die 10-blad opsit. Die 8-blad se kapasiteit (vir twee pakke) is 2000kg en die 10-blad 2500kg. Hy sê die wa se inertia is baie hoog, en as mens ‘n slaggat tref is dit vinnig meer as twee ton wat op die vere druk. Hulle raak in die oomblik reguit en die las word verplaas na die as, en dit is hoekom waens se aste buig. Dit maak vir my leke brein sin.
 

Die Kavango gaan dalk ‘n bietjie hoër staan met die 10-pak vanwee die twee ekstra blaaie. Die bestaande blaaie is egter dikker as die nuwes. Dit mag dalk net beteken dat die pakke in totaal ewe dik is, maar die nuwes gaan seker stywer wees as die bestaandes. Ek hoop net die Kavango pas nog in die motorhuis in.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 05/08/2025 - 11:27

Wildehont. Wat is die vere soos wat jy  Kavango nou op het se " rating". Die wat jy noem dat die huidiges van dikker materiaal gemaak is  as die voorgestelde model met meer in, laat my net wonder of die verwysing na die hoeveelheid as maatstaf algemeen is.

Ek ken ń man wat werk in Jansberg. Fabriek wat vere maak. Sal by hom hoor wat hy kan meedeel.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus