Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 minutes ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -36 minutes ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -1 hour ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -1 hour ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -5 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 07/07/2025 - 20:15

In al die jare wat ek voertuie besit, het ek nog nooit anders as direk op beide batterye se pole ge-"jump start" nie, en het nog nooit 'n probleem ervaar nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 08/07/2025 - 14:50

Stuart sê hy kry ook nie nodige inligting uit Johan van WolmaCor nie. Stuart kon self uitwerk waar die inset- en uitset kante van die 220V laaier is, maar daar is drie ekstra draadjies wat hy nie kan uitwerk wat die doel van is nie. Hy sê WolmaCor verkoop ‘n paneel (stroombaan) wat mens kan koop, maar hulle wil/kan nie bevestig of dit net plug and play in die bestaande kragpaneel ingebou kan word nie.

Hy het voorgestel dat ek op Takealot die laaier hier onder koop. Hy verkoop dit vir R3500 so ek spaar darem R300. Hy gaan my nog so R1000 vra om die laaier in die Kavango in te bou. Dit sal deur die wa se kragpaneel werk en kan aan- en afskakel met die skakelaar vir die 220V laaier op die kragpaneel. Dit koppel met Bluetooth aan mens se foon en kan ook LifePo4 laai as ek later sou wou opgradeer.
 

Verder werk alles in die wa nog reg so dis nie nodig om die baba saam met die badwater uit te gooi nie. 
 

A

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 08/07/2025 - 16:06

Dankie Wessel, maar ek het reeds een op Takealot bestel. Daar mors ek nou R320. Ek kan dit seker terugstuur, maar ek sien die een op die blou winkel het ‘n 3-5 dae wag tydperk, en Stuart wil klaarmaak sodat ek die wa kan gaan haal en plek maak in sy erf. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 08/07/2025 - 16:51

Met die Victron laaier nou. Kan ek vra of jy jou panele koppel en die oord se 230v  terselftertyd?  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 08/07/2025 - 18:09

Die sonpaneel sit op die dak en is altyd gekoppel aan die kragpaneel. As die wa by 220V ingeprop is werk die sonkrag laaier nie. Ek neem aan ‘n relay skakel dit uit. As die wa nie by 220V ingeprop is nie en die sonpaneel kry eingsins UV (selfs as dit bewolk is) werk die sonkrag laaier. 
 

Stuart gaan dit weer so opstel, dit gaan net met die Victron laaier laai as dit 220V inkry. Die bestaande 220V laaier werk nie meer nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/07/2025 - 20:14

Die konvensionele silikon panele  is sensitief hoofsaaklik vir die sigbare golflengtes [43%] en die infra rooi golwe [53%], met 4 % afkomstig van Ultra violet.

Dit is waarom die energie omsetting net ongeveer 20% effektief is. Hedendaagse navorsing fokus op multi lagie tegnologie juis om die effektiwiteit te verhoog. Daar was in die tyd wat ek en kollegas sonpanele ontwikkel het, 'n sterk fokus op byvoorbeeld CuInSe2 [Koper-Indium-diSelenied].

Ai, dit was die goeie ou dae toe navorsing baie lekker was. Daar was eintlik 'n wedloop tussen ons en sommige universiteite om 1ste 'n goeie sonpaneel saam te stel.    

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/07/2025 - 20:17

Chris, kan jy die krag toevoer vanaf daardie paneel afskakel, op die prop uittrek?? sodoende verseker jy dat beide paneel en 220v die stelsel invloei.

Het jy dan nie ook nog ekstra losstaande panele, wat jy ook koppel nie? Hoe doen jy dit. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 09/07/2025 - 08:31

Chris, kan jy die krag toevoer vanaf daardie paneel afskakel, op die prop uittrek?? sodoende verseker jy dat beide paneel en 220v die stelsel invloei.

Ek kan die paneel uitprop by die BH prop op die dak. Ek het dit egter nog net gedoen as ek dit van die dak wil afhaal. Dis maar ‘n 90W en volgens Willie Grobler kan die laaier 160W hanteer. Ek het dus ‘n 70W wat ook 18V is en wat ek in serie koppel met ‘n kabel wat ek self opgemaak het vir wanneer ons bv by Tsendze staan. Met die dat die Kavango nou ‘n nuwe 220V laaier kry wat LifePo4 ook kan laai oorweeg ek dit om wanneer ek weer batterye moet koop drop-in LifePo4 batterye te koop. Hulle kos nie veel meer as loodsuur nie, sal langer hou en kan dieper ontlaai.

Terug na jou oorspronklike vraag; my wa se kragpaneel het relays in wat skakel tussen 220V laaier en sonkrag laaier. As 220V ingeprop is skakel dit die son laaier uit. Lg kan nie afgeskakel word op die beheerpaneel nie. Die 220V laaier kan wel afgeskakel word. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 14/07/2025 - 21:16

Stewart het vanoggend laat weet die Victron laaier is in en ek kan die wa kom haal. Ek het dit 16:30 by sy huis gaan haak oppad terug van Sedgefield af. Die Victron laaier werk op die skakelaar op die wa se kragpaneel waarop die ou 220V laaier gewerk het. Saam met installasie het dit my R4700 gekos waarvoor ek nie beplan het nie. Maar ‘n nuwe Bushlapa sou elke maand twee keer soveel gekos het. 
 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/07/2025 - 07:07

Chris, jy het baie lig daarvan afgekom. 'n Volledige stelsel van Wolmacor sou naby R13000 gekos het. 

Nou moet jy speel met stelsel, daar in garage en sekermaak alles werk 100%. Is jou 12V koord lankgenoeg om die sonpaneel kant ook te toets, met wa in waenhuis?

Sedgefield: Het jy gaan koffie drink by Jan Meyer, of vir werk onderhoud gegaan???laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 15/07/2025 - 07:56

Môre Wessel

Die wa staan eers buite, want al die negosie wat in dit saamry staan uitgepak in die motorhuis. Die wa moet ook ordentlik skoongemaak word binne voor ek alles terugpak.
 

Ek het gistermiddag toe ek die wa parkeer die Snomaster aangesit, maar nie die 220V ingeprop nie. Ek wil sommer kyk hoe vaar die batterye nog, want in Oktober gaan ons afhanklik wees daarvan. Dit gaan vandag net met die 90W paneel op die dak laai, so ek sal vanmiddag sien hoe staan sake. Die Victron sal ek later toets. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/07/2025 - 08:10

Chris, jy moet tog mooi verslag doen van jou toets/speel/leer.

Het jy nou met "blou tand" 'n handige uitlees van laaistroom en battery spanning. 

Geniet jou nuwe werkende stelsel. Lekker vooruitsig---Namakwa 4x4 vakansie is nie te vêr in toekoms nie.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 15/07/2025 - 19:59

Die sonpaneel het wel nie die batterye genoegsaam gelaai nie, want dit het net ‘n paar ure direkte flou winterson gekry:

A

Aan die einde van die grafiek het ek die 220V ingeprop en het die nuwe Victron laaier ingeskop. Hier is ‘n paar skermskote van wat ek via Bluetooth met die toepassing kan sien:

A

  B

C

D
 

Interessant dat die Bluetooth monitor wat ek reeds op die batterye gehad het (dis waarvan die eerste grafiek in groen kom) ‘n laer spanning lees as die Victron laaier. Lg gee 14,56V aan terwyl eg die onderstaande meet.

E

Verder werk alles in die wa nog soos voorheen.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 16/07/2025 - 07:58

Ek is bly dat jou stelsel nou reg is.  My moet by Stuart hoor waarom volt lesings verskil. Dalk Verskil die meetpunte.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 22/07/2025 - 08:46

Ek het verlede week agtergekom dat die sonkrag laaier die spanning opgestoot het terwyl die Victron op float modus was. Die Bluetooth monitor wat op die batterye was het my dit vertel (sien onder die gedeelte in geel gemerk wat was toe die paneel son gekry het).

A

Alhoewel dit nie daartoe sou lei dat die spanning te hoog raak nie, sou dit die Victron se laaiprofiel beduiwel, en dit kon dalk op die langtermyn die batterye se leeftyd verkort het. 

Die wa was dus gister terug na Stuart toe, en hy het ‘n relay ingesit wat die toevoer van die sonpaneel uitsny sodra die wa by 220V ingeprop word. Verder werk alles soos dit moet, so ons is gereed vir die volgende kamp. Nou moet die weer net draai. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/07/2025 - 09:22

Goeie waarneming!!! Ek wonder net as ek na die grafiek kyk, is jy seker dis die sonpaneel se pulse in die geel periode???

Dis interessant dat sonpaneel laaier superponeer bo-op die 220v resultaat. My sonpanele en 220V laai ook tot wat genoem word as "boast", ongeveer 14.4V. Dan verminder dit die die laaistroom. 

Is ek dus korrek dat jy twee laaiers in het, ene vir die 220V inset, en aparte ene vir sonpanele. Dit het Stuart nou fisies in 2 onafhanklike stelsels ontkoppel met die relay. Ek stem saam, na my mening is dit die beter opsie.    

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 22/07/2025 - 09:43

is jy seker dis die sonpaneel se pulse in die geel periode?

Ja, die tyd waarin dit gebeur het stem ooreen met die tyd wat die paneel son gekry het. Die dips gedurende daardie tyd was toe die Snomaster aangekom het. Gelukkig het die spanning van die twee stelsels nie gekombineer nie. Stuart het gesê albei stelsels “kyk na die battery” en dit sal voorkom dat die spanning te hoog raak en die batterye ontplof. Maar ek is eerder Bang Jan as Dooie Jan. 
 

Is ek dus korrek dat jy twee laaiers in het, ene vir die 220V inset, en aparte ene vir sonpanele. Dit het Stuart nou fisies in 2 onafhanklike stelsels ontkoppel met die relay.

Die wa se kragpaneel het die twee laaiers ingebou gehad. Die 220V laaier het gekalf, en Stuart het daardie gedeelte se stroombaan uitgehaal en die Victron laaier in die plek daarvan ingebou. Die oorspronklike sonkrag laaier (volgens Staurt darem ‘n MPPT) is nog in die wa se kragpaneel ingebou.
 

Die relay sny die toevoer van die sonpaneel af na die MPPT sodra die wa by 220V ingeprop word. Dieselfde sou gebeur het as ek eenvoudig die sonpaneel se BH prop uitgetrek het voor ek die wa by 220V inprop. Ek verkies egter dat dit vanself gebeur.
 

Dit het voorheen ook self gebeur, maar die funksie is dalk uitgehaal saam met die ou 220V laaier. Stuart sê daar was twee draadjies wat hy nie kon uitwerk waarvoor dit is nie, en WolmaCor (waarvan die eienaar betrokke was by die bou van die kragpaneel) kon/wou hom nie help uitvind waarvoor dit bedoel was nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/07/2025 - 10:16

....al hoe daardie volt-tyd grafiek sin maak, sal wees as daar stroom uit die battery gevloei het.

Heel moontlik gaan die grafiek met slegs die 220v gekoppel en Snomaster wat loop, presies dieselfde lyk. Onthou beide stelsels, onafhanklik gaan dadelik wil stroom stoot na die battery as daar stroom onttrek word.

Dit sal natuurlik baie interessant wees om te weet watter stelsel het hoeveel stroom bygedra in daardie "laai" periodes. Gelukkig kan dit nou nie meer gebeur nie. Die probleem kon wees dat beide stelsels se volle laai stroom na die battery gevloei het. 

Ek kan met my stelsel met die 2 stroommeters lekker die situasie dophou. Sodra die yskaste stroom trek, kan ek sien dat daar dadelik dieselfde stroom invloei [laai] na die batterye.

As my batterye lekker pap is, na nag in Tsendze, sal die maksimum stroom wat panele optower, na die batterye vloei. Byvoorbeeld die volle 16amp, terwyl die kaste periodiek net 5 amp trek.  

Ek is bly jou stelsel is terug na werkend en betroubaar.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus