Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -2 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 05/08/2025 - 11:35

Wat is die vere soos wat jy  Kavango nou op het se " rating".

Ek kan vir Echo vra, maar ek het al teenstrydige inligting by hulle gekry. Die wa is ook al 17 jaar oud.  

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 05/08/2025 - 12:00

....Chris, hy raai aan om by 8 blad te bly. 

Die 10 blad pak gaan jou wa ongeveer 25mm lig EN dit is hopeloos te hard vir 'n boswa. Hy sê jou wa gaan vreeslik skud en sodoende skade kry. 

Hy sit soms vir kliënte 'n 9pak bladvere in. Hy koop blykbaar die 10 pak en haal 'n blad uit die pak.

Moenie dat die pakdikte jou denke negatief befoeter nie. Die "rating" is nie soseer gekoppel aan die totale pakdikte nie. Die nuwe 8blad wat hulle spesifiseer as 2000kg, kan moontlik soos jy opmerk, effe dunner wees as die oues. 

Soos ek ECHO ken, sal die oorspronklike bladvere nie 2500kg las wees nie, veel eerder 2000kg omdat BVM as 1800kg gegee word.

NS: Volgens hom kry mens ook 'n bladveer samestel bestaande uit net 2 bladvere. Dis nou as jy bekommerd is oor hoogte toename. 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 05/08/2025 - 12:29

Oom Len het Saaymans Spring Works aanbeveel. Hulle is bietjie ver vir my, maar ek het hulle ook nou gebel nadat Wessel se inset hier bo my bekommerd gemaak het. Toe ek sê wat die wa se BVM is en die twee opsies gee het hy dadelik gesê ek moet die 10-pak met die gesamentlike 2500kg kapasiteit opsit. Hy sê die wa sal min of meer 20mm hoër staan maar ek hoef nie bekommerd te wees oor stamp of skud nie. Ook nie dat die wa onstabiel sal raak nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 05/08/2025 - 13:22

My neef by die verefabriek het al geantwoord. Sy inligting kom van die vervaardigers vir Toyota en Ford se bladvere. Hy wag egter vir hulle ontwerpingenieur om hom terug te skakel vir meer inligting. 

Wat ek hier bo lees is in sekere opsigte teenstrydig met wat hy sover genoem het. Ander stem weer ooreen. Sal hopelik netnou hoor van die witjas man.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 05/08/2025 - 13:25

...gaan kyk na Buirquip se webblad. Die belading is gekoppel aan die aantal bladvere. Hulle komponent nommers weerspieël die aantal blaaie asook die lengte. Laasgenoemde lyk dit of dit in duim gegee word. My woonwa bouer/vriend het ook verwys na lengte as 36 duim.

.  

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 05/08/2025 - 13:27

...dis lekker om sulke witjas manne te ken.

Daai verefabriek is nie dalk op 'n volstruisplaas nie??laughlaugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 05/08/2025 - 19:35

... vir julle ander boswaens. devil

37 bladsye van raad en probleme met Kavango's is darem net te dik vir 'n daalder. A nee a man - hou julle van sukkel?wink

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 05/08/2025 - 19:54

Ek gaan nou terug sit en kyk wat Chris S gaan antwoord. winklaugh

Ek stem saam met jou, ons komende toer is moontlik my laaste met Kavango. devil

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 05/08/2025 - 19:57

ons komende toer is moontlik my laaste met Kavango

Hier kom ‘n Gecko… 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 06/08/2025 - 12:09

Ek het nou met ‘n knaap by Echo in Pretoria gepraat. Hy sê ek moenie een van die twee Burquip pakke opsit nie. Die vere op die Kavango laat Echo spesiaal maak vir die waens. Dis waarom die blaaie dikker is as Burquip s’n. Die profiel verskil ook, en die langste blad se punt is afgebuig om te voorkom dat dit uitklim aan die agterkant,  waar dit hang (dit het net aan die voorkant ‘n oog). 
 

Echo se pakke kos net R100 per pak meer as Burquip s’n, maar dis in Pretoria. Om dit te koerier tot hier gaan nie goedkoop wees nie. Gelukkig het hy ‘n karavaan wat moet af kom Brackenfell toe, en dan kan ek die pakke net daar gaan haal. Ek is bly ek het besluit om hulle te raadpleeg. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 06/08/2025 - 14:28

Ek het gister vir Louis van Desert Stormer laat weet hy moet vir my die 10-blad van Burquip bestel. Ek het hom dadelik gebel nadat ek met Echo gepraat het. Gelukkig was dit nog nie afgelewer nie en kon hy dit kanselleer.

Deon van Echo het genoem dat hulle drie of vier stelle Kavango vere bestel het. Dit is óf ‘n teken dat daar ‘n hele paar ouer Kavango’s is wat nog loop, of dat die ouer Kavango’s se vere gemors was. 
 

Toe hy aanvanklik sê ek sal die vere moet laat koerier van Pretoria af het ek hom gevra of hy nie die spesifikasies van die vere vir my kan gee sodat Saaymans dit in Stikland vir my kan maak nie. Hy het gesê hy sal eers by die eienaar van Echo moet hoor en hy glo nie hy sal dit wil doen nie. Ek kan egter nie sien waarom nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 06/08/2025 - 14:55

Chris, ek lees gereeld op die Kavango groep oor die lede se doen en late. Ek is verstom dat die meerderheid deelnemers die ouer waens het. 

Volgens hulle webblad het die nuwe Kavango's en die Chobe's wel steeds die 32" bladveer soliede aste in. Die onafhanklike vering soos myne is ook  steeds 'n opsie.   

Wat wel opvallend is, is dat baie van die groep sukkel met die laaistelsels. Heelwat het ook genoem dat hulle oorgeslaan het na Victron komponente toe. 

Dan ook, so vinnig as wat iemand syne in die mark stoot, so vinnig word dit opgekoop. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 06/08/2025 - 16:39

Wil met Chris B begin saamstem oor al die skete van Kavango's wat mens laat dink dat jy ń lang lys van moontlike probleme saam met die wa kry.

Dit is plumbing en laaistelsels en skewe wiele wat bly pla.  Lyk my die Kavango's is te " high tech" gebou.

Wessel, jy het so ruk gelede genoem van wat jy al verander en opgradeer het. Opgradeer natuurlik net omdat dit dalk nodig was of ń probleem terselftertyd aangespreek is.

Sal interessant wees as jy ń lysie het met die kostes verbonde daaraan.

Moet nou nie dink ek dink snaaks van ń Kavango nie, inteendeel ek sal maklik Wessel of Chris sin oorneem. Want dan weet ek die wa is goed opgradeer. devil Ongelukkig sal ek nie in die leeftyd so tipe wa tot sy reg kan laat kom nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 06/08/2025 - 17:21

Herman jy vra nou dat ek my Kavango-siel, of is dit vuil wasgoed, moet ontbloot. Onthou ek het die wa 2de hands gekoop, dus weet ek nie wat was uitgawes om voorheen gekonkel reg te maak nie.

My grootste uitgawe vir opgradering/verbetering was R40 500 vir elektriese verbeteringe. Dit sluit onderdele,komponente en arbeid in. Dit dek;

12V omsetter ---R8280           

neuswiel bedrading----R680

beheerpaneel met stroom en voltmeters   --R2850

80amp relay vir inverter -----R980

3fase 8 kanaal 30amp.hr laaier ---R11875

herbedraad van alle 220V kabels met dikker kabels

herbedraad van alle 12V kabels met dikker kabels

battery hegting verander na gebout aan vloer ----R980

Dan het ek ook al die volgende uitgawes aangegaan.

Remstang van voor tot agter herlei om lugreeling te mis R3000 Genoodsaak nadat suspensie herbou is.

nuwe Monroe gasskokbrekers ---R2127

Herbou van onafhanklike suspensie ----R7000 [Echo het ontwerp verander, en moes gedoen word om wielsporing te kan stel]

twee inloopskokbrekers -----R2800

Waterpomp en siwwe  vervang ----R2025

twee diep siklus batterye [105amp.hr] R6300

Ek is nie spyt oor die elektriese opgradering nie, kan lewe met normale instanthouding. Dis net die suspensie uitgawe wat my kriewelrig gemaak het.  

  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 06/08/2025 - 17:45

Die elektries is effe van ń skok om te hoor. Die stelsel waarmee die  " Off road" wa bemark is, was,word, lyk dan heeltemal ontoereikend wees ?? 

Die res kan ek verstaan dat mens dit kan sien as standaard onderhoud.  Suspensie inkluis.

As ek reg het, het Jan se rubber watsenaam suspensie ook opgebruik geraak. Chris se bladvere na so klomp jare se Kalahari rock and roll sinkplaatpad gaan ook moeg wees.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 06/08/2025 - 18:23

Nee wat, my wa het nog min probleme gegee. Wat herstelwerk betref het ek die volgende gedoen:

  • Die A-raam waarop die spaarwiel sit versterk
  • Die pneumatic pype en kopelstukke vir die water vervang omdat eg ‘n paar keer gebars het
  • n Draadjie van die lig in die stort vervang omdat dit deurgeskuur het
  • Die kraan by die yskas se laai vervang want die oue het gelek

Die enigste opgradering was die vol tent wat so iets oor R7000 gekos het.

Wat normale instandhouding betref:

  • Inlooprem skokbreker vervang
  • Hoekstut se split-pin wat losgeskud het in Kgalagadi vervang
  • Nuwe bande opgesit
  • Die batterye vervang
  • Bladvere vervang eersdaags


En dan was daar die 220V laaier wat gekalf het en vervang is met ‘n Victron laaier. Maar voor dit het die wa se kragstelsel wat al 17 jaar oud is 100% gewerk. Dit het selfs nog die ou sonpaneel op. As ek ‘n nuwe een kry sal dit selfs nog beter werk. 
 

Ek was al twee keer Kgalagadi toe met die wa en die vorige eienaar was elke jaar daarheen daarmee. Gegewe al die Kalahari ruk en rol soos Oom Neef dit raak beskryf dink ek die wa verdien ‘n toekenning. Ek het nog nie eers ‘n pap wiel gehad nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 07/08/2025 - 19:42

Hierdie is sommer 'n algemene opmerking. Die ondervinding van Chris S, om te hoor dat ECHO "spesiale" bladveer pakke laat vervaardig, het my laat wonder!!!

Waarom so eksklusief wees, dit bemoeilik die herstelwerk vir mense met ECHO-produkte, wat vêr van hulle hoofkantoor woonagtig is. As dit standaard, van die rak af produkte is, wat geredelik oral beskikbaar is, maak dit soveel makliker. 

Mis ek iets??

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus