TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

73394 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou ja, as daar nog iemand… Oor ditjies en datjies Len Loader -35 minutes ago
Goeie middag Kampforum !

Ek…
Junie 2020 Koffie Kroeg Len Loader -45 minutes ago
Mirrag! Junie 2020 Koffie Kroeg Voortrekker -56 minutes ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -2 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -2 hours ago
Toer Om SA - Dag 19 Hollies en Glynis Hollenbach Willem Brits -2 hours ago
Toer Om SA - Dag 18 Hollies en Glynis Hollenbach Willem Brits -2 hours ago

c

Cape Town Cycle Tour 2020

Centurion
Submitted by Voortrekker on Fri, 22/11/2019 - 08:42

ct

Wie gaan saam ry?  Ek en Lapskag het al ingeskryf en sal dan op Sondag 8 Maart die 109 km aandurf met ons 2 wiel trap masjiene.   Lappies sê hierdie sal sy 11de keer wees wat hy deelneem en my eerste.  Ek sal maar moet plan maak om saam met hom 'n oefen rit of 2 te doen sodat hy vir my 'n paar tips kan gee smiley

ct

Fochville

Lapskag

Fri, 22/11/2019 - 08:57

Voorwaar n baie goeie besluit om die ene te gaan doen, baie beter mense in die Kaap, mooi see toenele en baie girls wat jou aandag aftrek surprise, maar as jy oplet in die klas sal dit goed gaan en jy sal weer wil terug gaan vir nog.

Fochville

Lapskag

Fri, 22/11/2019 - 09:05

Dalk moet ons n kamp deur werk voor die ene en dan kan ons mos baie rustig gesels daar in die koelte, met n koue lemonadetjie of 2. Soms moet jy rus ook as jy so baie fiets ry.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 22/11/2019 - 09:19

Fantastiese roete, mooiste uitsigte en stewige opdraendes.

Om dit nie te geniet nie, moet jy natuurlik oog klappe soos 'n trekperd aan sit😄

Centurion

Voortrekker

Sat, 07/12/2019 - 09:23

cct

CYCLE TOUR MOMENTS: Did you know that the first Cape Town Cycle Tour took place on October 28, 1978. A total of 525 riders took part over the 104km, with 446 finishers. Lawrence Whittaker won in 3:02.24. In 2020 over 30 000 riders are expected to compete. Will you be one of them? Entries at capetowncycletour.com

Centurion

Voortrekker

Fri, 20/12/2019 - 13:06

Na 2200km moes ek my fiets 'n bietjie liefde gee sodat sy ratte weer lekker werk en hy my nog goeie diens kan gee vorentoe.  Ek het vanoggend nuwe kabel, kabelbehuising en ketting opgesit.  Nou verstel die ratte weer glad en soos 'n droom en saam met die nuwe ketting loop alles weer mooi.  

Hy behoort nou weer mooi te loop vir +2000km en kan ek nou lekker oefen ek reg wees vir die komende Argus.  smiley

Fochville

Lapskag

Wed, 15/01/2020 - 11:25

Eers moet jy Chappies klaar maak dan wag Suikerbossie vir jou met n glimlag laugh. Lekkerte op sy beste, want daar is baie mense wat jou daar ondersteun. Na Suikerbossie is dit amper heel pad af draend met so huppel hier en daar tot by die einde. Ek begin nou baie uitsien na die trippie en my 11de ene.

Centurion

Voortrekker

Thu, 06/02/2020 - 07:13

Dinsdagmiddag gaan ek vir 'n lekker zone 4 trap waar ek dinge bietjie druk om my bene sterker te maak en so met die amper terug by die huis, met nog so 2 km om te gaan hoor ek so 2 keer na mekaar 'n kraak geluid hier by my linker pedaal.   Ry toe maar en ry hard om te hoor of voel wat aangaan maar alles voel en klink to OK.   Gisteraand besluit ek om maar my pedale af te haal en oop te maak om hulle skoon te maak (dit word elke 30 ure gedoen) en daar sien ek toe die bearing wat gekalf het! 

b

Gelukkig het ek 'n stel ou (backup) pedale wat ek nou tydelik kan gebruik maar ek sal 'n diens stel moet kry met nuwe bearings ens. om my pedale weer op spoed te kry en reg vir die Argus.    Gelukkig gebeur dit nou voor die tyd en nie terwyl ek in die kaap ry nie!  

Ek gebruik sulke Crankbrother Candy 2's

c

Centurion

Voortrekker

Sun, 16/02/2020 - 09:23

Oefening tyd is amper klaar.   Ek sal nog een 100km rit doen volgende naweek en dan begin rustig vat en rus voor die CTCT

Vanoggend se rit was lekker.  Bene 'n bietjie seer maar ek is gelukkig met my tyd.

Ek het my wegspringtyd en nommer gekry vir CTCT en sal in groep K3 wees wat 7:35 oor die wegspringlyn gaan.

Fochville

Lapskag

Mon, 17/02/2020 - 06:38

Ja nee, ek sien die Voortrekker is reg vir die Argus, hy is beslis 'n man met 'n plan. Baie goeie tyd Mater. Hou net ingedagte dat Chappies en Suikerbossie kom daar op die einde van jou dag se reis. Spaar maar so bietjie vir daai laaste 30 km, jy sal dit geniet.

Ek het ook my nommer en tyd gekry, spring in groep 5B, 08H28 en my nommer is 51156. So 'n uur na jou maar is seker die ouderdom wat die verskil gemaak het. wink Die jonges jaag nog teen tyd en die ous geniet die dag en dit wat die dag aanbied.

Vir my gaan dit oor veilig klaar maak en die hele dag en naweek in die Kaap te geniet.

 

Fochville

Lapskag

Mon, 17/02/2020 - 06:46

Die naweek is dit die trap vir Bybels, waar alle donasies gaan vir Bybel verspreiding, en ons begin hier in Fochville vroeg Vrydag oggend. Stop in Parys, dan gaan ons deur tot in Kroonstad vir middag ete en slaap dan oor in Welkom. Saterdag oggend sluit Welkom se mense by ons aan en ry dan na Bultfontein en dan to in Bloenfontein by die Bybel huis. Ons trap so 200km vir Vrydag en dan weer so 180km die Saterdag wat ons 'n totaal van so 380km gee vir die 2 dae Alles vir 'n goeie doel en sommer so 'n bietjie ekstra oefening vir die Argus ook daarby.

Jammer ek kaap jou CTCT draad so bietjie Anton, maar ek weet jy sal verstaan, dankie Mater

Centurion

Voortrekker

Mon, 17/02/2020 - 06:52

Hallo Lappies.   Dankie vir die advies m.b.t suikerbossie.     Ek doen my naweek ritte so dat ek hier na 65 km by Klapperkop kom en hom dan uittrap.   Maar dan voel ek dit en dink ek aan suikerbossie wat so op 90 km gaan verskyn.   Sal dit maar rustig vat en ietsie in die tenk oorhou.

Ek sien die mense wat nou al die roete goed ken meen mens moet die eerste 20km baie rustig vat om veilig te wees met al die ouenes wat jaag - energie hou vir Smitswinkel en daarna begin druk.  Sal maar sien hoe gaan dit en hopelik is die wind van agter laugh

 

Ek was baie bly oor my 7:35 wegspringtyd.

Fochville

Lapskag

Mon, 17/02/2020 - 07:16

Ek sien jy luister mooi wat die ander manne kwytraak, dit is goeie raad daai. In die eerste 10km moet jy dan ook versigtig wees vir die konsertiena effek met die op en afdrandes wat daar is, vinnig af maar dan briek die klomp wat met die volgende opdraande weer stadig is. Na die Edingurgh opdraand is dit redelik plat tot by Smitswinkel en dan deur die binneland tot by Misty clives dan deur Noordhoek met sy braai vleis rook en dan die mooie Chappies, Houtbaai en Suikerbossie. Na Suikerbossie is dit effens afdraend en oop ketels Groen punt toe. Wees maar versigtig met die afgaan na Chappies en Suikerbossie, kan gevaarlik wees want dan tel jy gou spoed op en baie draaie. Dit is net baie lekker om daai laast paar km te trap en jy weet jy is nou klaar vir die dag. Die beste raad van my kant af is om dit net te gaan geniet, baie belangrik

Centurion

Voortrekker

Sun, 01/03/2020 - 09:52

Ek het vanoggend vroeg gou my laaste langer en hoë poging rit ingewerk voor volgende Sondag se Argus.  Ek sal Dinsdag laat middag nog 'n korter en rutiger rit doen en dan Saterdagoggend 'n baie rustige lae hartklop rit van so 20km sommer daar in Montagu.

 

Fochville

Lapskag

Mon, 02/03/2020 - 11:28

Mooi Voorie, lyk of jy lus het vir die ding. Dalk sommer langs die pad Woensdag af klim en so paar km trap terwyl Lolla bestuur, baie goed vir daai stywe spiere.

Ek was rustig die naweek weens die weer en ander werkies en hoop om vandag en more gou nog so n paar rustige km's te kan ry voor ons Donderdag die pad vat.

As Len die wind rustig hou die week tot Sondag toe gaan dit 'n baie lekker rit wees hierdie jaar, dankie Lenwink

Centurion

Voortrekker

Wed, 04/03/2020 - 06:49

Ek het gisteraand gou 'n laaste 25km zone 3 gaan trap net om die bene aan die gang te hou, maar nie te hard nie.     Ons sal laat vanmiddag in die pad val so ek moet vanoggend alles pak en nog tussen in werk ook.    

Fiets se ketting  en ratte is afgehaal en "degrease" en oornag gelos om lekker droog te word voor ek weer vars smeermiddel aan sit.  

Ek sien vanoggend op Windy.com dat die wind voorspelling vir Sondag al hoe beter begin lyk - so ons hoop vir 'n heerlike dag smiley

My oud skoolvriend het gisteraand van Aus af gevlieg met sy fiets om saam te kom trap.  Dit sal lekker wees om hom weer te sien.

Fochville

Lapskag

Wed, 04/03/2020 - 08:39

Môre Anton, baie begeesterd vir die CTCT, mooi man. Ek hou ook die weervoorspelling so met die een oog dop en lyk vir my dat dit 'n baie lekker dag gaan wees. Dankie vir die Here se Genade.

Ons ry eers Donderdag oggend en sal dan Vrydag in die Kaap wees na ons oorslaap in Beuafort Wes.. Jy en die familie moet veilig ry deur die nag en julle kuiertjie daar geniet voor Sondag se lekker trap. Dalk is ek gelukkig om vir Chris Wildehont te kan groet Vrydag oggend in Worcester, nog niks gereel nie maar is mos net 'n oproep ver.

Lekker dag vir almal, dit is reed Vrydag vir my en vir Vooriewink