TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingsarrowarrow

66807 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Branstof verlaging 1 April, … Rommelstatus Johann L -5 minutes ago
So staan sake tans.




Rommelstatus Johann L -9 minutes ago
My vrou sê, sy wil vir my 'n… Tydens die "Lock down… Johann L -17 minutes ago
Ons volk weet van " 'n boer… Maart 2020 Koffie Kroeg Johann L -39 minutes ago
By "saam bid" is my… Slegs vir Christene om te… Johann L -41 minutes ago
Middag Wessel, my idee van… Slegs vir Christene om te… Johann L -44 minutes ago
koop Brent.


Ek het verlede…
Rommelstatus Wildehont -53 minutes ago

"Intermittent Fasting"

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on Sun, 22/03/2020 - 10:20
Forums

Ek dra al vir baie jare 'n klomp ekstra (en onnodige) gewig saam met my. En stelselmatig het ek 'n bloedsuikerprobleem begin optel - van só 'n aard dat ek geklassifiseer is as 'n Tipe 2 diabeet. Ek is nou-al vir etlike jare op mondelinge medikasie, wat ongetwyfeld bydra dat my suikervlakke 'n bietjie afgekom het. Ek besef reeds vir baie lank dat ek gewig moet verloor en dat dit sal bydra tot verbeterde suikervlakke. Terloops - ek het oor die jare vasgestel dat aartappels, rys en pasta as't ware "gif" is vir my bloedsuikervlakke. Met die gevolg dat ek dit lankal uit my dieet uitgeskakel het. En ai, ek vrek oor 'n aartappel (in enige formaat) en is gek oor rys.

My dogter (in Roemenië) het na hulle onlangse kuier vertel dat sy doen "intermittent fasting" om die paar ekstra kilo's wat sy in Suid-Afrika opgetel het, af te skud. Sy't my nuuskierigheid geprikkel en ek het bietjie by "tannie" Google gaan kers opsteek.

Ek is 1,88 meter lank. My gewig het op 10 Februarie op 120,4 kg gestaan. Volgens my BMI (Bruto Mass Index) moet ek in die omgewing van 88 kg weeg om nie as oorgewig geklassifiseer te word nie. Op daardie stadium (en nou nog steeds) word ek as vetsugtig ("obese") gereken. Vir my ouderdom (65 - amper 66) en vlak van aktiwiteit (relatief onaktief) word aanbeveel dat ek my voedsel-inname beperk tot 'n maksimum van  8 200 kilojoules per dag.

"Intermittent fasting" behels dat jy vir 16 uit die 24 uur moet vastend wees. Dan het jy 8 ure om te kan eet tot jou maksimum toegelate kilojoules. Ek eet dus nie voor 12:00 in die dag nie en geniet niks na 20:00 nie. Ek sal môre 6 weke daarmee besig wees. Ek weeg myself slegs Maandag-oggende. Ek het tot afgelope Maandag (5 weke sedert ek begin het) 7,1 kg verloor en hoop dat ek teen môre minstens 'n verdere 0,5 kg afgeskud het (laasgenoemde is my weeklikse doelwit).

Dit kos 'n bietjie boekhou t.o.v. kilojoule-inname, maar die wonderlike is dat ek nie 'n oorheersende honger ontwikkel nie. Maar die wonderlikste is dat my bloedsuikervlakke se 14-dag gemiddeld sedertdien vanaf 8,6 na 6,2 afgekom het.

Ek skryf graag hieroor, want dalk is daar nog 'n persoon of twee wat in 'n soortgelyke situasie soos ek verkeer. Dit werk vir my en ek is vasbeslote om 'n ommekeer in my ongesonde eetgewoontes te maak.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 22/03/2020 - 11:12

Chris, ja ek het ook by 110kg gehawer maar sonder boekhou is ek nou in die omgewing van 93kg en hoop om ook onder die 90kg te kom met tyd.  Gelukkig het ek nie probleme met siektes nie, maar omdat ek die meeste van die tyd alleen by die huis is probeer ek uit die kos kas uit bly.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/03/2020 - 13:03

Chris, sterkte met die suiker,  dit is noodsaaklik dat jy dit onder beheer hou, ook met die gewig storie.

My vrou vas elke eerste Maandag van elke maand,  en sy is baie gesond, ek weer, eet soos 'n ruspe, en bly onder 90 Kg, (1.78m) kom wat wil.

Aan my pa se kant, moet jy die mense dood slaan met 'n plank na 90, maar van my ma se kant, word min ouer as 65, ek is verby 65, (baie suiker en kanker probleme in my moeders kant) dus gaan my kinders my maar moet net planke kom dood slaan. 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 23/03/2020 - 10:17

Ek is vanoggend darem nóg 'n kilo ligter. Staan nou op 8,1 kg gewigsverlies na 6 weke. En die wonderlike ding is dat ek geensins honger word nie. My BMI sê nog steeds ek is vetsugtig, naamlik 31,8. Maar dit is darem beter as die 34,2 waarmee ek 6 weke gelede begin het. Nóg 8 kg, dan's ek nie meer vetsugtig nie - net oorgewig.

Middag Chris

Ek aanvaar jy het reeds alle suiker uit jou diet gehaal.

Ek was so 4 jaar terug by dokter vir jaarlikse ondersoek, en hy toets my suiker. Meet dit as ongeveer 13. Ek het net dadelik omtrent alle suiker vermy, in koffie veral, soet patats en pampoen minder soet, selde soet poeding en roomys, en binne maande is my sikertelling af na 5. Genadiglik het ek geen medikasie nodig nie, maar ek het my blaker afgeskrik.  

Sterkte met die dieet, ek sukkel om brood te los. Daar is min dinge so lekker soos vars warm bakoond-boerbrood met druiwekonfyt.

Groete 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 23/03/2020 - 11:39

... ek is gelukkig al baie jare suikervry. Drink my koffie bitter, drink Coke Zero as ek lus kry vir Coke, maak enige tradisionele soetgeregte (patats, pampoen ens.) met kunsmatige versoeter en, en, en ....

My doodsteek is stysel wat die liggaam omskakel in suiker - brood, aartappels, rys, pasta ens. Met die uitsondering van pasta, kan jy met enige van die ander as't ware in 'n wip vang. Ek het altyd gesê dat ek kan leef net van brood. Dit is darem nou nie heeltemal taboe nie. Ek eet so twee snytjies volgraanbrood elke dag as vas-breker.

Ek skakel rys en pasta geheel en al uit. Rys is die grootste sondebok wat my suikervlakke die hoogte instoot. Ai demmit - en ek is só lief vir sushi. Patats is nie só "giftig" vir my nie - natuurlik sonder enige suiker.

Ek eet egter heelwat vrugte - elke dag 400 g vrugteslaai. Ek wissel die vrugte af, maar vandag s'n bestaan uit piesang, vye, grenadilla, mango, nartjie & nektarien. Ek sluit ook appel, druiwe, peer, pynappel, spanspek ens in - maar soos gesê ek wissel dit af.

En elke aand is daar 400 g vars gemengde groente (gebak in die oond met 'n afwisseling van speserye) o.a. op die spyskaart. Maar ek braai nog steeds - eet net 'n bietjie minder vleis.

Ek het myself ook nou op die fasting ding gesit, eet in die middag 12H00 en eet my laaste kos voor 18H00.

Met die ophou rook het ek bykans 15 kilos net so opgetel so, ek het nog n pad om te stap - waar daar n wil is is daar n weg.

My enigste "siekte" is hoe bloedruk waarvoor ek op kroniese medisyne is, maar nou die dag by die dokter was my bloedruk normaal.

Aartappels is ook my kleinnood en ek sal n lekker pasta ook moelik in die bek kyk.

Skakel ook suiker uit sover ek kan en ek moet biki meer oplet oor my porsie grootes om binne die kilojule vlakke te val.

Waar my wa staan

Arie

Mon, 23/03/2020 - 13:29

Darem nog iets wat my vroeër jare erg gepla het, waaroor ek nou erg dankbaar is.

Mense wat my ken sal weet dat ek nogal skraal is, ja okey seker maar vrek maer is.

Ek was varal as kind en jong man erg gespot daaroor. Nog altyd vir my snaaks as so ronde ou jou maergat noem is dit vir almal skreeu snaaks, MAAR durf jy hom/haar vetgat noem is jy onsmaaklik?

Ek het as jong man body building gedoen steaks ge-eet 8 eiers vir ontbyd en dan nog hope sulke wit poeier wat jy met melk aanmaak gedrink. Na ń jaar was ek net baie meer seningrig maar het NIKS gewig aangesot nie.

Die dieet het my ń foetuin gekos so ek het die gym en dieet na 26 maande gelos. Toe ook maar vrede gemaak met my gewig.

Nou smile ek... geen kroniese medikasie nie, bloeddruk 100% cholestrol doodreg, longe en hart 100%.

Drink so nou en dan ń sinutab vir sinus verder doodreg.

Ek eet geen groente, maar baie vleis met vet, murg op toast elke aand n slab chochalte so elke derde dag drink ek n blik kondensmelk. Baie rus braai aartappels brood en al daai lekker goed.

Ek voel regtig vir mense wat na hul dieet moet kyk, ek kan my indink dit moet baie swaar wees.

Ek hwt ń dogter en skoonseun wat ok maar sukkel met gewig en ek sien hoe moeilik dit is o. al daai lekker kosse te moet uitsny.

So ja al die jare se verduur van spottery werp nou veugte af.

Chris, Frik ek voel regtig vir julle, maar byt vas dit sal die moeite werd wees, al kan julle net van daai kroniese pille ontslae raak.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 23/03/2020 - 14:59

.... jy en Ralie val in dieselfde kategorie. Sy kan eet wat sy wil en bly rietskraal. Sy's nou nie juis swaar op gewone kos nie ....... maar soetgoed!!

En geen suikerprobleme nie - eerder te laag. Dieselfde geld vir bloeddruk.

Maar ek kyk net vir 'n aartappel - dan skiet my bloedsuiker die hoogte in. Gelukkig neem dit tans dramaties af. Ek is vol vertroue ek gaan myself daaruit eet.

Waar my wa staan

Arie

Mon, 23/03/2020 - 15:08

Byt vas my maat jy sal nie spyt wees nie?

Ek voel vir jou dit sal vir my baie erg wees om daai lekker vet skaaprib en soetgoed te los!

Goeie vriend van my het ń teorie dat ek so maar bly is die hoeveelheid koffie wat ek drink. Voor nege vm het ek al ten minste 5 koppies in en dan so 12deur die res van die dag. Dit doen ek al so lank as wat ek kan onthou.

Blykbaar jaag die kafeiene jou metabolisme op.

Petra glo dis die koffie wat maak dat ek nie kan stil sit nie. O ja dan drink ek ook nog so 1,5 lit Coke per dag.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 23/03/2020 - 15:37

Ek moet sê ek het verlede jaar ook weg gedoen met die Coke en oorgegaan na Spar se Cola sonder suiker.  Het dit daai tyd verkeerdelik gevat en sedert is dit wat ek drink en dan spaar jy ook baie want hy is gewoonlik so R10 vir 2L.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 23/03/2020 - 16:47

Ek kry mense regtig jammer wat sukkel met gewig, ek kan eet soos ek wil en kom nie oor 90kg nie.

Twee liter Coke elke dag van my lewe,  daai wit vleis wat so om die donker vleis sit,  dit is my stapel voedsel.

My jongste broer, sukkel ook baie erg met suiker en oor gewig, en natuurlik, is hy ook baie meer lief vir kos as ek.

Ek voel regtig jammer vir mense met die probleem.

Arie, ek was ook maar altyd gespot met my liggaams bou, ek het maar net saam gespot.

Altyd gesê ek is vreeslik atleties gebou, lyk soos 'n spies😂

Het wonder bene, wonder, wonder hoe dit my liggaam regop hou.

Nee wat, dit pla my hoe genaamd nie om so maar te wees nie, liewer so maar, as om te sukkel net om op te staan en iets te doen.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 23/03/2020 - 17:45

Neef het al gehoor dat n maer man met n boepie vol binnevet gladnie so seker van sy gesondheid moet wees nie. Ek is 1, 87m lank weeg 83kg het lovehandles en moet kliphard werk om daai boepie weg te hou. Eet 4 keer per dag, maar hou die porsies klein. Von in teendeel doen ook die 16 uur ding, sy is gladnie oorgewig nie, net mooi saffies, soos n ouma se lyfie na my mening. Dan glo ek fisiese oefening is belangrik, hoe anders brand die ekstra kalorieë op, goed vir die hart en longe , en die beendigtheid, en die lewer, en die kop, sommer als baat by bietjie sweet.

Centurion

Dusty

Mon, 23/03/2020 - 19:00

Vir my is ook altyd gesê dat ek die vet een is en my broer (wat Arie ook ken) was maar altyd die maer een. Met my uitklaar uit die weermag was my gewig 86kg. Na 'n maand by die huis was ek 60kg sonder enige dieet. Het weer opgetel tot 76kg en nou weer 64kg.

Ek is ook maar lief vir die soet goed. Al waarmee ek nou en dan sukkel is my bloedsuiker. Dit gebeur gelukkig baie min. Dan vat ek 'n sny brood en smeer een helfte marmite en die ander helfte heuning of stroop. Die heuning stabiliser dit weer vinnig en die marmite hou dit dan in toom. 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 27/03/2020 - 06:52

Ek vind dit uiters maklik om op die IF-wyse te leef. Ek is nou in week 7 en dra reeds weer hemde wat ek in jare nie kon aantrek nie. Ek's vasbeslote om d.m.v. IF my gewigsdoelwit te bereik en dit 'n vaste deel van my toekomstige lewensstyl te maak.

Ek vind dit maklik om eers 12:00 in die dag my eerste maaltyd te eet. Drie koppies koffie hou my goed tot dan. In die aand (voor 20:00) eet ek my versadig en geniet nog my bier en/of whisky as 'n sondonnertjie en my glasie of twee wyn saam met my ete. Ek eet net nie meer 2 of drie lamstjoppies saam met 'n lekker groot stuk boerewors nie. Vleis word beperk, maar ek eet my kaduks aan groente wat lekker vootberei is.

Sterkte Frik. Vir my is dit lekker om reeds die vrugte te pluk met my bloedsuikervlakke. My doelwit is om myself uit diabetes 2 uit te eet. Ek's klaar amper daar.