Sit ek heel rustig op my stoep en pla g'n niks of niemand nie.
Die volgende oomblik besluit ek maar om liewer die rum te los, ek sien (gelukig) nie pienk olifante nie, maar ń groot uitgevrete buffel wat met ń spoed hier verby hardloop!
Net na hom kom ń helikopter so laag hier oor gevlieg, ek sot toe maar die lang glas rum en coke neer en stap so pad se kant, daar waar ek die choper sien sirkel. Toe ek so 50 meter weg is land die choper en toe kom hier ń 5 ton trok. Kom ek nader en sien die buffel lê daar.
Hier het drie buffels by ń wildsplaas ontsnap, twee is deur Klein Kariba in ń westelike rigting en een suid hier by ons verby.
So pragtige jongerige dametjie het hom gedart uit die choper uit. Die choper is toe weg om die ander twee te gaan soek twrwyl die mense met die trok die een iplaai.
Nogal lekker opwinding op ń anders saai en vervelige dag.
Arie en mooie jonge dames is…
Arie en mooie jonge dames is sinoniem....ek dink hy is eintlik spyt hy was nie ook gedart nie, dan moes die mooie dame hom mos help bybring weer?
Ai oom grootwind jy ken my…
Ai oom grootwind jy ken my darem goed!
Moet sê daai outjie wat die choper vlieg nag maar hoor.
Soos hy daai ding manouver dat sy ń mooi skoot kon inkry!
En sy ken ook haar storie, sy hang so halflyf uit en probeer korrel.
Interesant vir my was sy sit nie langs hom maar agter hom.
Hy verduidelik toe dat hy dan dieselfde sig as sy het en hy kan dan die choper mooi opstel. Maak nogal heel sin.
Ongelukig kon ek nie met haar gesels nie, sy was besig by die buffel.
WhatsApp Braai
Ons het gister weer so braai gehad, ek ken net so paar ouens (net 2 se nommers).
Later kom die een ou op en sê hy moet gaan werk. Vind uit dit moet iewers op 'n plaas wees, spot ek en sê hy moet biltong terug bring. Laat weet hy later die "Poacher's" is gevang, hulle het renosters gejag.
Die enigste opwinding wat…
Die enigste opwinding wat ons het tydens die lockdown het is 'n potjie skaak so nou en dan.
Ons klompie in die oord…
Ons klompie in die oord speel WA games.
Woord somme, plek name en sulke goed.
Die plek name maak jy ń lys met imojis wat dan ń plek naam voorstel.
Bv prentjie van ń aap en ń koek is koekenaap.
Party is vrek moeilik en dit hou mens lekker besig.
Arie, dit klink werklik baie…
Arie, dit klink werklik baie interessant. Alta het weer 'n soorthgelyke een van die Bybel vasvrae gekry.
Ja ons het ook al ń paar…
Ja ons het ook al ń paar bybel vasvrae gekry.
Ag dit hou mens se brein so bietjie aan die gang en dit hou mens uit die kwaad uit!
Willem snaaks, seker maar…
Willem snaaks, seker maar iets in my brein, maar ek is nie mal oor sy stories nie?
Arie, is so
Mens lag nie vir als wat jy lees nie, maar soms is daar iets snaaks wat tenminste 'n glimlag verwek. (of is dit opwek ?)
Hier is die bybel vasvrae…
Hier is die bybel vasvrae waarvan ek gepraat het.
Voorbeeld: Nommer 11 is Noag

Ja daai een het ons al…
Ja daai een het ons al gedoen.
Eintlik lekker speletjies daai.






Buffel
Middag Arie
Bly om te verneem jy is ongeskonde. Ek was bekommerd dat jy dalkies ook 'n dart gekry het.
Groete