Sit ek nou hier en eet my toast en wonder wat is julle gunstelinge om op n toastie te sit, ek het baie!
Vanoggend was dit botter met dikgesmeerde Makoniekies.
Wat is julle gunstelinge?
Marmelade en Bovril.. En…
Marmelade en Bovril.. En natuurlik regte botter
Myne is heuning, Bovril,…
Myne is heuning, Bovril, Marmite, maalvleis, of sommer lekker stukkies skaap boud met mosterd, nou is ek honger.
Frik, nou wat se goed is daai snaakse naam wat jy gebruik "Makoniekies"?
Ek hou ook baie van 'n…
Ek hou ook baie van 'n Bovril broodjie. Of soos my jongste enetjie sê, 'n boggerol broodjie ![]()
Frik, nou wat se goed is…
Frik, nou wat se goed is daai snaakse naam wat jy gebruik "Makoniekies"?
Johann, dit is Nola se Sandwich Spread.
Lyk soos mayonaise met stukkies uie, komkommer, wortel en nog ander goed in.
Ons noem dit so want as my ma die goed op ons brood gesit het skool toe het ons altyd gese "ma kon nie kies" tussen uie, wortel, mayo an klomp ander goed nie, so sandwich spread sal dit wees, ietsie van alles.
Von se appelkoosjêm, poach…
Von se appelkoosjêm, poach eier, leftover bolognaise maalvleis, avo met baie swart peper, bovril. Verkies volgraan brood, die dikker sny modelle. Van hierdie " more slices" is so dun kry nie n man se pens gelukkig nie.
Lewersmeet, of ń lekker …
Lewersmeet, of ń lekker "cummin" kaas!
Op my toast konfyt. Veral…
Op my toast konfyt. Veral tamatiekonfeit
Toast ek ek met bitter…
Toast ek ek met bitter lemoen marmalade en lekker dik cheddar kaas.
My ander favourites is as…
My ander favourites is as volg in geen spesifieke volgorde nie.
- Bovril (ek is nie n Marmite man nie)
- Gebakte eier (sag) met tamatie en uie
- Avo, gemix met Aromat, swartpeper, suurlemoensap en biki Robertson chili flakes
- Lekker ou Wedwou (Redro) ansjovi vissmeer
- Sardientjies gemix met blatjang, mayonaise en Aromat
- So dan en wan n konfytjie, veral perske konfyt
- Makoniekies (Nola se Sandwich spread)
ansjovi vissmeer Frik, jy…
ansjovi vissmeer
Frik, jy laat my nou dink aan 2 Hongare wat saam met my gewerk het. Hulle het glad nie tamatiekonfyt geken nie. Toe hulle die eerste keer van die konfyt hoor wou hull dit nie glo nie. Hulle het gesê dat as daar tamatiekonfyt bestaan dan kan 'n mens ook ansjovi-konfyt kry
Frik, ja, jou ken ek dit😂 …
Frik, ja, jou ken ek dit😂
Lyk soos mayonaise met stukkies uie, komkommer, wortel en nog ander goed in.
Peanut butter met heuning, die heuning moet eers met die peanut butter gemeng word,.
Lemoen marmalade, sommer so lekker dik gesmeer.
Vergeet van die Anshouwie op…
Vergeet van die Anshouwie op toast, ook n gunsteling. Koop so af en dan die heel klein botteltjie, net ek hou daarvan, en word dan gesê om dit binne 3 dae op te eet ! Ek gaan nie vertel wat ons daai groente in majonaise genoem het op skool nie. Daai dae was dit in n bottel gemerk " Sandwich spread" op die rak.
As mens die Anshouwie…
As mens die Anshouwie botteltjie omdraai en hom op sy kop laat staan in die yskas dan hou dit baie langer.
Moet sê my ander favourite…
Moet sê my ander favourite is sommer gewone winkel appelkoos konfyt net so met botter op brood.
Ek was nog nooit lief vir peanut botter en jam of stroop nie.
Die vraag.......
Die vraag is nie baie duidelik vir watter geleentheid nie, maar ek aanvaar die bedoeling is 'n roosterbroodjie vir ontbyt. My keuse is dan :-
- Regte botter met marmelade
- Regte botter met avokadopeer, nie pap gedruk nie, maar in dun skyfies gesnie met baie sout
Ns. Asseblief net nie margarien nie.
Onbesonge held
Myns insiens is die roosterbrood met wat ookal jy daarop smeer die held van die huis en die kampkombuis, hy stil altyd n honger maag op sy eie beskeie wyse en hy breek nie die bank nie,
Ek is ook maar ń bovril ou,…
Ek is ook maar ń bovril ou, nie Marmite nie.
Interesant marmite is ń groente ekstrak en bovril vleis ekstrak. Dan maak dit vir my sin synde die wat ek nie lief is vir groente nie?
My groot gunsteling is maar Oxo, maar die is al vir jare van die mark af
en ek het nou sl die Bovril smaak gewoond geraak!
Arie, die OXO brand is nog…
Arie, die OXO brand is nog groot in die UK.
Dit is die drankie van keuse by die Ingilse op groot geleenthede soos bv Wimbledon en nou toe ons daar was, Festival of Lights.
Hulle mix OXO Bucko met kookwater en maak n tipe sop en verkoop dit per glasie uit sulke OXO Bucko earns.
Bovril (OXO) het sy onstaan te danke aan Napoleon wat vleis vir sy troepe gesoek het, maar dit was nie logisties moontlik om n trop beeste saam te neem nie. Die tender het uitgegaan vir n plaasvervanger vir vleis en n dokter het toe vorendag gekom met OXO wat gemaak is van vleis ekstrak en net soveel protiene het.
Boring detail.





Myne is Bovril
Myne is Bovril