TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74400 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Reis vir ontspanning is nou wettig! Red Ons Kampeerbedryf Wildehont -5 hours ago
Braai (ers)… Huis se binnebraai Willem Brits -7 hours ago
Addo se Web-Cam Foto Addo se Web-Cam Foto's Willem Brits -7 hours ago
Nossob se Web-Cam Foto Nossob se Web-Cam Foto's Willem Brits -7 hours ago
Braai Huis se binnebraai Harry Du Randt -7 hours ago
Satara se Web-Cam Foto Satara se Web-Cam Foto's Willem Brits -8 hours ago
Orpen se Web-Cam Foto Orpen se Web-Cam Foto's Willem Brits -8 hours ago

c

Rook en algeme gesondheid

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Tue, 23/06/2020 - 14:27
Forums

Sit ek vroeër vandag by my huis dr en gesels; net so vir agtergrond;

Sy is ń jong dame, so middel dertigs, goed gebou met ń slanke fietse lyfie. Lang as blonde hare, sulke hoê wangbene met ń parmantige wip neusie wat met sproete besprinkel is. Sulke sagte vol lippies eintlik is sy oor die algemeen heel aanloklik. Ek kuier maar so twee keer per jaar by haar, en die groot rede is omdat sy so sag op die paar ou oë is!

Nou sy kan nooit iets fout vind met my nie, hart, bloedruk, prostaat -net mooi alles is 100%  Maar tipies vrou wat altyd MOET fout vind sanik sy sltyd oor my rokery! Nou het sy my vanoggend probeer bang praat dat rook ń man oor ń la g tyd impotent kan mask en dan moet ń man begin viagra drink om dinge aan die gang te hou!

Haar afskeid woorde was dat ek dit maar moet oordink en besluit wat is belangriker vir my!! Wat ń vraag, obviously is ń man se trots en toonstuk die belangrikste.

Nou toe ek terug is by die kamp stap ek die bos in en gaan sit op ń klip onder ń boom, stop my pyp en bedink haar woorde!

Ek besluit toe, sy praat van die lang duur, so dit kan nog so 15 jaar wees? Nou kyk as ek dan op negentig moet viagra drink 3 keer per week, sien ek reken toe oo 90 kan ek seker maar afskaal na drie keer per week, is dit seker ook nie die einde van die wereld nie?

Aan die ander kant, ek kan nou ophou rook sodat ek op negentig nie viagra nodig het, maar dan ry ń lorry my dood op 89!!!! Dan het ek verniet ophou rook!

Uiteinde van my argument met myself, ek sal maar aanhou rook!!

Waar my wa staan

Arie

Tue, 23/06/2020 - 16:02

Johann eintlik kort die bek biltong.

Gister uit biltong gehardloop en vanoggend toe ek by die slaghuis was vergeet om te koop.

Darem ń lekker stuk fillet gekoop wat ek later so bietjie op die kole gaan lê

Waar my wa staan

Arie

Wed, 24/06/2020 - 08:16

Johann as ek reg onthou rook jy mos ook? Het jy genoeg vooraad gekoop of kry jy nou sigarette by jou dogter?

Anton nee dis nie die rook nie ek vermoed dit mag ouderdom wees?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 24/06/2020 - 08:47

Arie, ek het gaan behoorlik op stock voor die tyd, maar raak jou laag. Gelukkig het ek nog pyp tabak vir so week of twee. Hier in Vaalpark is glo 'n verkoper,  maar as ek so luister na die pryse, weet nie.

Dalk moet ek daai enkele kopdoek se wil om miljoene mense se lewens te beheer haar sin gee😈

Ongelukkig, is ek 'n stroom op mens as dit by sulke dinge kom, en sal ek myself spite, net om haar nie haar sin te gee nie.😀 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 24/06/2020 - 10:05

Arie maar jy koop duur goed, dit is die laaste prys wat ek betaal het, nou nie my smaak nie maar beter as niks.

.

Waar my wa staan

Arie

Wed, 24/06/2020 - 10:17

Willem ek het nie geweet jy rook ook nie?

Ja ek koop en rook maar wat ek kan kry!!

Die wat ek teen daai hengse prys gekoop het is al wat ek kon kry!!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 24/06/2020 - 11:26

Ek is nie, en was ook nooit nie, 'n roker maar tog stel ek ook belang in die debat oor die inperking van rook tydens die Covid-19 pandemie.

Vir my geld die volgende aspekte in so 'n debat :-

  • Gesonheidskwessies wat die verspreiding van die virus mag aanhelp of bekamp
  • Die bestuur van ekonomiese gevolge van inperking maatreëls

Dis 'n baie breë debat maar as ons net na een inperking kyk, naamlik die verkoop van tabakprodukte, dan dink ek tog die volgende is van belang :-

  • Die verkoop van tabakprodukte is 'n ekononmiese aktiwiteit wat NIE opsigself die virus kan versprei NIE.  Dis die rook van tabak wat na bewering 'n Covid-19 pasiënt sieker maak en die rook daarvan veroorsaak NIE die verspreiding van die virus NIE  
  • Die aanvanklike rede vir die verbod op die verkoop van tabak was gegrond op die draai van en die deel van zolle of ander sigarette  -  NIE die verkoop daarvan NIE.
  • Bestuur van ekonomiese gevolge : Hier het die Regering klaaglik misluk.  Mense rook nie minder nie, hulle rook net onwettige produkte wat hierdie sluikhandel 'n hupstoot gegee het en ons land se fiskus het miljarde Rande skade gely, juis in 'n tyd waar die ekonomie in duie gestort het en ons elke sent nodig het.

Ek bly verstom dat die leiers van ons land só stupid kan wees om dit nie te voorsien nie. Maar moenie bekommerd wees nie, na vandag se hersiene begroting sal die rookverbod opgehef word om weer die aksynsbelasting op rookprodukte te bekom.

Worcester

Wildehont

Wed, 24/06/2020 - 12:04

‘n Vriend van ons se pa was ‘n professor in Afrika tale. Hy het een keer vir ons gesê dat daar drie woorde (konsepte) is waarvoor daar in geen Afrika taal ‘n vertaling is nie. Die konsepte bestaan dus nie vir die sprekers van die tale nie. Dit is:

  • Beplanning. Vanwee Afrika se matige klimaat was dit nie nodig om vir lang winters te beplan nie en daar is van die hand na die mond gelewe. 
  • Onderhoud. Omdat Afrika so groot is, was daar onbeperkte hulpbronne. Die swartes was ook nomadies, en as hulpbronne opraak op een plek het hulle eenvoudig getrek na ‘n ander.
  • Bewaring. Selfs in die Weste is dit maar ‘n jong konsep. Die oudste nasionale park in die Weste is Yellowstone wat in 1872 gestig is. As jy iets weet van Crooks Corner in die wildtuin sal jy dalk weet van Cecil Barnard. Ek het saam met sy kleinseun en naamgenoot gewerk. Oupa Cecil het eiehandig meer as 5 000 olifante geskiet vir hulle ivoor. Maar ek dwaal af...

Ek dink nie die regering is so dom as wat hulle kortsigtig is en op hulle eie belange eerder as die land s’n gefokus is nie. Eerste Minister Zuma se inkomste uit sluikhandel in sigarette weeg vir haar (en haar bondgenote) baie swaarder as die verlies aan inkomste vir die staatskas. Beheer (mag uitoefen) is ook belangriker as om besluite te neem in die beste belang van die meerderheid. Moenie vergeet dat Afrika ‘n tribal regeringstelsel gehad het nie. Burokrasie maak dit net makliker om vir jou ‘n empire te bou deur vir bondgenote werk te gee en hulle deel van jou korrupte netwerke te maak. Vra maar haar voormalige eggenoot...

 

A

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 24/06/2020 - 21:02

Sodra die verbanining verby is, gaan kry ek vir my n pak Camel plains, jare gerook, steek een op en raak behoorlik hoenderkop. Magitig daai was n lekker twakkie.

Worcester

Wildehont

Wed, 24/06/2020 - 21:10

Kry mens nog plain sigarette? Sover ek weet is die maksimum hoeveelheid nikotien en teer beperk ‘n hele paar jaar gelede, en die maksimum is nou iewers hier by Benson&Hedges Special Mild se koers rond. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 25/06/2020 - 07:21

Ek wil my al verbeel dat JZ eendag gesê het dat "korupsie" nie in swart kultuur bestaan nie, en dat hy dus ondkuldig is, kan nie sweer hier by nie,  onthou wel dat daar so iets gesê is?

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 25/06/2020 - 20:56

Ek sou sê korrupsie (met twee r'e) is 'n aksie waar 'n persoon in 'n verantwoordelike posisie omkoopbaar is om te bedrieg.