Ek kon Januarie gemaklik met…
Ek kon Januarie gemaklik met 4L stort en hare was. Vroulief ook. Met 5L stort ek sommer 2 keer.
Dit is met die ORTLIEB water sack.
4 L water ...
met 4L stort en hare was
Ek moet bieg, ek gaan sukkel.
Ek moet bieg, ek gaan sukkel…
Ek moet bieg, ek gaan sukkel.
Willem dan moet jy maar gaan vir die 5L opsie ![]()
Die strerretjie dien nou…
Die strerretjie dien nou dieselfde doel as die snaakse lettertjies in vloekwoorde ![]()

Netjiese foto, mooi…
Netjiese foto, mooi agtergrond en die saligheid van vryheid in die natuur. As ek die skaduwees kyk, was dit nie laatmiddag nie, vroeg vir gaan slaap, of was dit om die soutwater af te was.
Laat middag lyf was vir al 4…
Laat middag lyf was vir al 4 van ons voordat ons die volgende oggend vertrek het terug na die samelewing toe - Ons moes darem so 'n bietjie skoon wees oppad na die volgende bestemming toe. ![]()
Anton, jy kamp net soos wat…
Anton, jy kamp net soos wat ons gedoen het op jou dieselfde tyd met die familie. Dit was die beste ervaringe, en tot vandag van die beste memories.
Mooi "agtergrond"
Nou wat sou dit wees, die see, die trokkie of die sterretjie![]()
Dis darem vrek min!
Ek kon Januarie gemaklik met 4L stort en hare was.
Net 129ml ‘n dag, of het jy net een keer in Januarie gestort?
![]()
![]()
Maart/April sal dit 5L wees…
Maart/April sal dit 5L wees want my pens is nou groter. (5L per stort sessie)
Wild kamp
Anton, jy kamp net soos wat ons gedoen het op jou dieselfde tyd met die familie.
Ek en Salomien het ook so kampeer voor ons kinders gehad het. Ons het sommer agter in my Colt Trailbuster se kappie geslaap, en ook met so sak stort gestort wat ek aan ‘n stok van die dakrak af gehang het. Desember 2008 was ons Sentraal-Kalahari toe waar ons in vier dae drie ander voertuie gesien het. Daarna alleen by Kubu eiland op die Makgadikgadi panne. Toe deur Maun, Moremi en Savuti. Van daar af het ons al langs die Savuti kanaal (wat toe droog was) gery tot in Linyanti. Daar het ons gekuier in die konsessie waar ek staptoere gedoen het by mense wat voorheen saam met my daar gewerk het. Tydens ons besoek kon ons twee alleen gaan stap want ek het nog my Botswana gidslisensie gehad en kon ‘n 458 leen. Van daar af is ons Kasane toe, en het Chobe en Victoria waterval ook besoek.
Ai, hoe verlang ek nou! Ek sal graag my gesin op so toer wil vat, maar dit het vrek duur geraak om in Botswana te kampeer, en ek weet nie of ek kans sien om die Kavango deur daardie sand te sleep nie. As ek ‘n Prado gehad dalk, maar dan sou ek ‘n tweede verband moes uitneem vir die kampering én die petrol.
Nie april fool nie
Het die naweek op by peetkind se troue gou die 5 liter water was teorie gedoen en ek en Berdien kon was maar ja mooi werk met 5 l
Wil net seker maak
Die strerretjie dien nou dieselfde doel as die snaakse lettertjies in vloekwoorde
Agter-wereld of agtergrond.... Wil net seker maak ![]()
Net net Warren
Ja dis natmaak toe maak smeer maak oop spoel af jy moet regtig weermag styl was maar met water genie sal ek hopelik die probleem aanspreek sodra ek hom het en uit toets en waar daar mokkel water is sal 5 l max moet doen







Iron man se stort
Ek het toe maandag wat verby is my Iron man stort systeem wat werk met 12v gekry sy battery herlaai jy soos benodig hy werk mooi saam iron man se 10 liter opvou emmer wat plat vou soos n bord gaan saterdag alles toets wag nou vir my water genie filter systeem dan is water issue gesort die pioneer 50 liter wat ek by Bushtech ingesit het werk soos n bom ons toets saterdag om te sien of ek en Berdien met 5 tot 10 liter water gaan reg koom per was