Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -16 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Kap / kloof van braaihout

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek sien nou die dag by 'n vriend van my 'n katoeter om braaihout te kap / kloof sonder 'n byl.

Jy plaas die stomp binne die ring op die lem en dan moer jy dit met een hou met 'n 5-pond hamer en siedaar, die stomp is gekloof.

Hoe kap jy jou braaihout ?

.

.

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 25/11/2020 - 06:39

More Len

Kloof jy nog hout? Ek soek my sakke hout uit, sodat ek so min as moontlik hoef te kloof. Indien ek tog soms moet kloof, gebruik ek maar 'n stomp byl.

Daardie katoeter is baie gewild en beskikbaar by stalletjies hier by ons. Gewoonlik smous hulle dit by Jasmyn, 'n padstal- eetplek-winkel by die Hartbeespoortdam. Blykbaar is dit die grootste rietdak struktuur in S.A.

Groete

 

0

My katoeter by Jasmyn gekoop, baie sterk, party ouens sin se staal is te dun. Ek gebruik 'n hidroliese "wood splitter" wat ek by adendorf gekoop het om groot stompe te split, dan die katoeter om dit te size, Ek het 'n vuurherd en 'n bakoond in my lapa en moet dus baie hout verwerk tot die regte sizes.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 25/11/2020 - 07:28

So gepeaat van hout kloof: baie van julle sal seker weet dat die baie gewilde High lift jack ook kan hout kloof?

Heel bo aan die jack is ń los plaat wat kan swaai. Jy  knyp die hout tussen die gedeelte wat nornaal weg o der due voertuig ingaan sit ń byl bo- op en knyp was onder die plaat. Druk dan die arm van die jack, soos wat ju gewoonlik jou voertuig sal oplig en daar kloof jydie hout.

So kan jy ook die jack gebruik as ń pres om bearings en so uit te druk, kan ook buite bande van die rim afhaal met die jack, jy kan ook die jack gebruik as ń winch.

Eintlik ń baie veeldoelige instrument as jy weet hoe om dit te gebruik, maar kan ook ń baie gevaarlike ding wees ad jy dit verkeerd gebruik.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 25/11/2020 - 07:51

Ek gebruik maar my byl, een in die Penta en een by die lappa.

Ek kies ook as ek hout koop, maak ook seker die stukke is nie heel stamme niewink (ek koop my sekel bos en harde kool hier by iemand in Vereeniging op 'n plot, billike prys)

Sou ek wel 'n dik stuk kry, gebruik ek die 4 pond hammer om die byl so bietjie oemf te gee.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Wed, 25/11/2020 - 09:44

Been there done that......

Not wanting to transport wood (weight, space & muck) and not happy to spend the bucks, I reasoned: - Find a dead tree along the way near to your spot and cut it....

HA-HA blooming HA-HA......... Bought  a bag at my destination.....

Then I got a chainsaw......................

At my age? tha't just blooming brilliant!

So if results are to go by, I don't know how to use an axe, but I definately know how to use a chainsaw...................... And I'm happy to live with that!

Unfortunately, that chainsaw died on me..............

Sunday I got's me another................. yaay

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 25/11/2020 - 10:09

Ek het n lanf fris byl saam elbo ghries so doen ek hom lank lewe braai

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 25/11/2020 - 10:39

'n Verlangse skoonfamilie lid van my dogters se ma het jare terug 'n Blacksmith oupa appy geword by Yskor en hy het vir my 'n byl gemaak (daai ding kon jy op 'n 3" water of stoom pyp se kant 'n 10mm gleuf in kap sonder om 'n merk te maak op die sny kant) hy was baie jare saam my en later sy steel verander na handreling pyp, die ou het die byl se kop nogals rooi gemaak.  sad  Nou so jaar terug soek ek hom want die "splitter" wat ek het was te klein vir die klompie stompe, nodeloos om te sê die byl het seker koue (of is dit swart) voete gekry.

Die ou by wie ek nou Sekelbos kry se hout is meeste lekker dun stukkies wat nie nodig is om te kloof nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 25/11/2020 - 18:22

Ek probeer ook maar soos Wessels hout sakke uitkies met reeds aanvaarde dikte braai hout. Dit gebeur soms dat jy nie n keuse het met dik hout nie, daarvoor het ek laasjaar op vadersdag so n "easy axe" gekry. Dit en die hamer pas netjies in bypassende sak. Werk baie lekker....paar keer al handig te pas gekom

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 25/11/2020 - 21:20

Hier is ‘n video wat ek gemaak het. Dit werk regtig maklik. Die wit sakke kameeldoring kan jy nie die grootte stompe sien nie, en hy is ‘n taai kalant om op die gewone manier te kap. 

video
0
pretoria

pieterc

Wed, 25/11/2020 - 21:28

Ek het al die easy axe ding by Jasmyn gesien en oorweeg maar dit lyk bulky om saam te karwei. Ek gebruik maar n gewone handbyl wanneer nodig, en maak ook soms soos Johann om die byl met die hamer te moker.

Dit mag dalk vreemd klink maar dit is vir my nogal kalmerend / terapeuties om hout te kap vir n kuier vuur. Dalk is dit maar my manier om van frustrasies ontslae te raak? Jy vergeet van alles en  breek iets sonder om in die moeilikheid te wees daaroor.........

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 26/11/2020 - 08:46

Môre Pieter

Soos jy sê---baie terapeuties, veral as mense met elke hou iets soos 'n naam uitskree. Vat so xxxxx !!!

Groete

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 26/11/2020 - 18:47

Hier is ‘n video wat ek gemaak het

Ek het vroeër binne 10 min die twee sakke sekelbos van die dikte regs na die dikte links gekloof met die gereedskap in die foto. Werk soos ‘n bom. 
 

A

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus