6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Braai Lux Oktober 2026 saam gesels Geert -18 minutes ago
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -4 hours ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/04/2026 - 12:11

Benodig ons boswaens, bakkies met grondpadbande om net tot in MokalaNP te sleep.

Ons laai blikkies gatvol, snotstroppe en sit flappe tot op die grond vir beskerming teen klippe en papwiele. 

Weet jy ou maat-----jy moet 'n boek skryf, of gereeld hier op die forum 'n inset plaas onder "historiese terugblik" met sulke juweeltjies soos hierbo. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/04/2026 - 12:14

....daai bed foto pleit mos vir kommentaar.!!!

Ek sal volstaan met-----kyk hoe kyk sy vir jou!!!!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 11/04/2026 - 14:22

..............is geneem in Windhoek se karavaanpark so 'n maand of wat na ons troue. Ek het so ewe my nuwe 35mm Yashica kamera op 'n driepoot opgestel, die tydvertragingsknoppie (links van die lens op die onderstaande foto) gedruk en gespring om langs Annatjie te lê, maar ek was iewat te laat en het nog nie behoorlik gelê nie toe die kamera "kliek".

Ja Wessel, "kyk hoe kyk sy vir my" is 'n bewys dat ons geseënd was met 'n huwelik van 56 jaar !

Hier is my film-kamera wat daardie destydse foto geneem het :

.

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 11/04/2026 - 14:57

Dit lees regtig lekker Len. Jy kan gerus nog paar ervaringe deel.

Daai dae het kar met wa in sleeptou.  sommer maklik aan die kook gegaan na so lang pas op. Ek onthou hoe ons laerskool dae by Loskopdam gaan kamp het. Valiant V 200 het die dubbeldeur Kudu karavaan gesleep. Desember maand... Kranspoort pas terug was die asems opgehou, die Valiant, met net 3 ratte, het gebrul om bo te kom in een trek. Daar was altyd n paar Chevs en Fords wat met oop bonnets gestaan en stoom het.

Ou pa het altyd so toetertjie geblaas en gegroet in die verbykruie. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 11/04/2026 - 20:12

...........wat die kookstories betref, het ons ook gou geleer om daarmee saam te leef. Hierdie bankman (en beslis nie 'n makeniek nie) het daar in Suidwes 'n plan beraam wat ons toe tussen Windhoek en Walvisbaai, waar jy deur die Namib-woestyn ry, op die proef gestel het. Die Anglia se enjinklap het verkeerd-om oopgemaak wat ideaal vir my plan was.  In die enjinruim aan die pasassierskant was daar 'n lekker oop ruimte waar 'n plastiek gelling bottel (my WAT sê gallon is ook reg) lekker ingepas het. Ek het die verkoeler se oorlooppyp verleng tot binne-in hierdie plastiek-bottel. Terwyl ons ry, hou ek die Anglia se enjin-temperatuurmeter  dop en as die meter naby die rooimerkie kom, ontkoppel ek solank die enjinklap, steek my hand by die venster uit en lig die klap effens op. Annatjie se taak was dan om te kyk of die plastiek-bottel vol water is.  As dit wel die geval is, beteken dit die enjin-verkoeler is besig om leeg te kook.  Ek hou dan stil, maak die verkoeler-dop oop (maklik, want die verkoeler is so te sê leeg) en gooi die water in die bottel weer terug in die enjin-verkoeler en daar gaan ons weer ! Dit is juis by so 'n oefening waar die padskraper moes kom help want na die verkoeler weer volgemaak is, was die opdraende te styl en kon die Angliatjie nie met die karavaan wegkom nie.

Na al die jare se sleep het ek my altyd verwonder aan my Pathfinder wat met sy twee-ton Exclusive agterna se temperatuur altyd konstant, normaal gebly het, ongeag die hitte buite.

Worcester

Wildehont

Sun, 12/04/2026 - 11:45

Ook Len het my nou geïnspireer. Dalk moet ek die Kavango met die Fiesta probeer sleep Krugerwildtuin toe.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/04/2026 - 13:14

....jy ken die afkorting HKGK!!!laugh

Gebruik die Prado, petrol is goedkoper as diesel.

Ek gaan van kerk verander, vanoggend toe ek kar toe stap, is my 22jaar oue Corolla vasgetrek met 2 nuwe Prado's en 'n Land Cruiser DK. 

Gelukkig word die 10 gebooie nie meer in ons kerk elke Sondag voorgehou nielaughdevil

Worcester

Wildehont

Wed, 15/04/2026 - 14:39

Met die prys van nuwe dubbelkajuit bakkies en brandstof sal ek moet afskaal wanneer ek vir aftrede koop oor so bietjie meer as vyf jaar. Toe ons onlangs by Dwarswegstrand was, was daar ‘n bejaarde egpaar met ‘n Sherpa Tiny karavaantjie. Hulle het twee keer geskuif van een staanplek na ‘n ander terwyl ons daar was sonder veel moeite. Hulle sleep met ‘n GWM Tank 300.

Alhoewel die karavaantjie heel oulik is gaan dit met my en Salomien se lengte te klein wees. Die Rambler is bietjie groter maar weeg steeds minder as ‘n ton. Mens behoort dit gemaklik met ‘n medium grootte SNV te kan sleep. Ek dink bv aan iets soos ‘n Duster. Vir dag tot dag gebruik is die diesel Duster se brandstofverbruik strate beter as ‘n groot dubbelkajuit s’n en dit sal gemakliker ry ook. 
 

Die Sherpa is nou nie so goed ingerig vir lankstaan nie, maar ek sal moet afskaal as ek wil aanhou kampeer na aftrede. Die Kavango is in elk geval ook nie ‘n lankstaan wa nie, en weeg meer as 500kg swaarder as die Sherpa. 

video
Brits

Wessel Strydom

Wed, 15/04/2026 - 16:21

Chris, lees asb die gesprekke op 4x4 community!!!! Dit blyk dat Sherpa net gevou, toegemaak en verdwyn het. Sommige het selfs hulle waens in die proses verloor.

Wag maar tot aftrede en begin dan planne maak. Ek weet nie van in die WesKaap nie, maar hierbo is 'n vreeslike groot mark vir gebruikte waens. Jy kan baie beter doen as 'n Rambler, wat reeds nie meer fabriekondersteuning het nie.

Worcester

Wildehont

Wed, 15/04/2026 - 17:34

Ek het gesien Sherpa het toegemaak maar die waentjies is gelukkig (soos die Kavango) ‘n veselglas dop op ‘n gegalvaniseerde onderstel en die res is aluminium of VVS. Dit behoort dus te hou. Dis egter nog amper ses jaar voor ek vir aftrede ‘n ryding wil koop sodat dit afbetaal is wanneer ek aftree.
 

Intussen sal ek maar voortgaan met die Ranger en Kavango (en die Prado as rugsteun want mens moet een hê vir ‘n Ford). So lekker soos ‘n bakkie is sal ek nie ‘n nuwe een kan bekostig nie. Ek sal min of meer ‘n nuwe dikwielfiets kan bekostig.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 15/04/2026 - 17:45

....maar die dink en praktyk en makelaar wil nie bymekaar kom nie.

Ek is al amper 5 jaar afgetree, en kon nog nie sovêr kom om 'n ander gemakliker wa te koop nie. As ek kyk wat kos boswaens nuut, en selfs gebruiktes, en dan kort hulle nog 'n paar goete wat reeds in Kavango is, sukkel die 2 oumense maar deur die opening na die voorste bed. wink

Eintlik is dit al wat pla, o ja en dat hele dak nie oplig nie, die voorste bed uitgeslaan moet word, die toilet 'n seil en suite is, waar slange kan inseil, is ons heel gelukkig met die Kavangolaughlaugh 

Dit bly egter lekker om te kyk na alternatiewe, want net dalk....

 

Worcester

Wildehont

Wed, 15/04/2026 - 20:35

Dis net net my Fordjie nie. Salomien se Fiesta is ‘n jaar later steeds nie 100% nie en dit het nog nie 100000km afgelê nie. Die Ranger het ons twee jaar gelede in die Shingwedzi in die steek gelaat en intussen het die lugversorger se pomp vervanging benodig en dit het nou nog nie eers 130000km gery nie.
 

Ek kan nie nuwe voertuie bekostig nie en met Ford koop jy nie eers ‘n ander man se probleme as jy tweedehands koop nie, jy koop eenvoudig ‘n Ford. Soos Pierre Nolte nou die dag sê; die ouens wat aan Fords werk raak ryk.

Worcester

Wildehont

Wed, 15/04/2026 - 20:36

Die is nou op die verkeerde gesprekslyn, maar my Ranger ry vrek lekker op sand en sneeu (dis waar ek al 4x4 benodig het).

Irene

Grootwind

Wed, 15/04/2026 - 20:50

Dink jy veralgemeen effe! Maar ek voel vir jou. Vroulief se Suzuki SX4 (wat sy nuut gekoop het in 2008 en tans ook maar net 105 000km op die klok het) het ruk terug ook lugverkoeling probleme gehad, na vele besoeke aan sg spesialiste in Centurion wat geen fout kon vind nie word ons verwys na 'n plek met die interessante naam "Yskop" hier in die Moot, minder as 5 minute later word die probleem gevind..."evaporator" het 'n klein krakie en die gas lek daar. Nuwe eenheid by Suzuki kos "net" R12 000. Na vele oproepe 'n gebruikte eenheid by 'n skrootwerf opgespoor, druk toetse wys die is 100%. Hele paneel bord moes uit. Twee dae en sowat R5k se arbeid plus R1k vir die gebruikte eenheid is Suzi weer lustig aan die koudmaak! (en vroulief is ook baie gelukkig! Belangrik!). Is ek ongelukkig oor Suzuki? Geensins, mensgemaakte goed breek mos van tyd tot tyd. Maar sterkte met jou trokkie! (moet ook darem byvoeg...vervaardigers, almal van hulle, koop goed soos kompressors, en  so aan van buite vervaardigers...maar ek is seker dit weet jy)

Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/04/2026 - 07:30

Dankie Goeiehout, dit lyk na oulike boswa, of grondpad wa. Ek sal later in meer detail na sy spesifikasies gaan kyk, soos 12v stelsel ensovoorts. 

Ek mis egter die toilet binne.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/04/2026 - 08:28

Goeie hout, bederf nou julle self met die Gravellor. Lekker omstap dubbelbed, voorste eethoekie en vol badkamer binne.

As mens wil opgradeer, doen dit ordentlik tot heelbolaugh

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 20/04/2026 - 11:44

.

Wie van julle onthou nog hierdie 1972 Gypsey Bluebird, ook in Pinetown deur Caravans International (Ci) gebou.

Ek en Annatjie het na 2 jaar se rondtoer en verblyf in die Gypsey GT op 'n alternatiewe woonwa besluit en toe hierdie meneer aangekoop, ons tweede woonwa. Sjoe, wat spasie aanbetref was dit 'n reuse verbetering, in so 'n mate dat ons besluit het om nie die bykomende tent te neem nie en het darem afslag daarvoor gekry.

Interessant, hierdie wa het nog gasligte gehad, maar ek het self 12v buisligte ingebou. Die gasligte was heerlik tydens winteraande, maar in die somer was dit te warm.

Hier sit ons twee en ontspan in ons nuwe wa.

.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/04/2026 - 11:51

Len, waarmee het jy daai groot wa gesleep.

Soos jy deur julle woonwa-jare/lewe blaai, moet jy tog die sleepvoertuie ook oproep. 

Ek sien daai ballasmandjie by jou bene. Ons gebruik nog steeds ene vir 'n wasgoedmandjie in die huis.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus