Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -12 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -20 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -22 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 06/11/2025 - 16:55

Op You tube is die man altyd besig om eienaardighede te doen. Lief vir " drag racing" vergelykings. Die 3l Defender masjiene is albei BMW ge-source en glo my die goed beweeg al klaar baie indrukwekkend.

Wildehont. Neef is al deur 10 Land Rover produkte in sy lewe  Net 1 daarvan het my teleurgestel. Toevallig is Porche nou heel bo op die lys van onbetroubaarheid. Ek sal erken dat Toyota en Lexus bo aan is. Ford is seker ook maar hier by Mahindra rond. devil

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 06/11/2025 - 17:22

Landrover behoort mos nou aan Tata (of een of ander Indiese maatskappy). Jaguar ook.
 

‘n LR het my nog nooit teleurgestel nie want ek het nog nooit een besit nie. Op my vierde Ford en die FF jaag my ordentlik die harnas in.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/11/2025 - 06:38

Ek lees vanoggend van die veranderinge wat Ford volgende jaar inwerking stel;

1] die 2l biturbo diesel enjin word uitfasseer

2] die Rangers en Everest's kry 2.3l turbo petrol enjin as  keuse by

3] op die 2l enkel turbo masjiene word die "wet belt" vervang met 'n gewone tydketting.

Laasgenoemde punt laat baie ruimte vir spekulasie, veral gedagtig aan al die negatiewe "you tube" insette. 

Ek wonder watter faktore dra tans by tot die effek dat Isuzu nou meer verkoop as die Rangers. Hou dit verband met punt 3, of is dit ook 'n kwessie van diefstal en versekering aspekte vir Rangers.    

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 07/11/2025 - 08:52

Ek lees nie te veel in maandelikse verkoop syfers nie, die is maar geneig om te varieer...as ek raai is die Isuzu syfers dalk te danke aan hulle sterker fokus op werksesels? Wat Ford se enjin veranderings aanbetref sien ek dit ook maar as deel van gereelde produk vernuwings, die 2.3 Ecoboost enjin maak sin, Ford het nie 'n petrol model in sy reeks nie, dalk 'n produk "korreksie"? Die wegbeweeg van 'n nat timing belt na 'n meer tradisionele ketting is, dink ek, 'n goeie ding. Op papier lyk die nat oplossing goed, in praktyk minder so. Persoonlik het ek etlike jare gelede besluit om geensins 'n voertuig met 'n belt (nat of droog) te koop nie, my eerste vraag aan enige verkoopsman is of sy voertuig 'n ketting het (die outydse soort), indien nie loop ek verby. Om terug te kom na enjins, sien Toyota se 2026 "facelift" HiLux sal ook nie meer die 2.4 enjin gebruik nie, slegs die 2.8 diesel enjin en die 2.7 petrol...lg is moeilik om te verstaan.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 07/11/2025 - 09:29

Ten minste het Ford hulle dwaling met die simpel nat gordel besef. Ek sien die 2.3 EcoBoost lewer 200kW en meer as 400Nm in die Ranger in die lande waar dit die enjin in het. Die enjin kom al 10 jaar aan met ‘n goeie reputasie so dit maak sin. Maar of ek weer ‘n Ford sal koop bly ‘n ope vraag…

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 07/11/2025 - 10:04

Sal ek weer 'n Ford koop? Natuurlik nie! Dink ook nie Oom Wessel sal weer 'n Toyota koop nie 9al dreig hy kort-kort om dit wel te doen!)! Hoekom nie? Wel ons ou pensioenarisse moet maar die pennies omdraai en doen met wat ons het! Ernstig....my huidige trokkie is die 5de Ford op my erf (3 myne, Territory en twee 3.2 Rangers, en 2 my dogter sin (wat ek vir haar gekoop het, 'n Ka en 'n Figo)). Probleme? Absoluut geen, behalwe die huidige trokkie wat na die eerste jaar 'n probleem gehad het met 'n klein olielek - uiteindelik die skuldige opgespoor en die "oil return line" van die turbo vervang, wat die probleem opgelos het. Ek is nie getroud met 'n spesifieke handelsmerk nie, maar ek het ook geleer dat as jy 'n goeie handelaar/werkswinkel het jy by hulle produkte bly. In my geval Lazarus Ford...

Wat die nat cambelt aanbetref is dit verbasend hoeveel vervaardigers dit gebruik, die redes was goed, minstens op papier, in praktyk minder so. My seun wat in Ierland woon se Citroen bussie se nat belt het ook onverwags gebreek en die enjin se silinderkop verwoes, hier is 'n lys wat ek opgespoor het wat die simpel idee gebruik, en ja selfs Toyota!

Cars known to have wet cambelts

  • Ford: 1.0 and 1.5 EcoBoost engines (until 2018), 2.0 EcoBlue engines, and models like the Fiesta, Focus, Puma, C-Max, EcoSport, and Transit.
  • Peugeot/Citroën: Some early 1.0 and 1.2 PureTech engines, found in models like the 108, 208, 3008, Berlingo, and C4.
  • Toyota: Models with certain 1.2 PureTech and 1.0 VTEC Turbo engines, including the Aygo and Proace.
  • Volkswagen Group: Some EA211 1.4 TSI engines in models like the Audi A1, SEAT Ibiza, and Skoda Fabia. 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/11/2025 - 10:31

Grootwind, ek het ook die  berigte gelees oor die weglaat van die 2.4 masjien. Dit blyk tog of dit in 'n groot mate bespiegelinge is. My Toyota kontakte was baie ontsteld toe ek daaroor navraag doen. Die 2.4GD-6 is omtrent hulle beste verkoper. Wag en sien is ons voorland.

Sal ek weer 'n Toyota koop----Grootwind het situasie mooi raakgevat hierbo. Ek is met langtermyn navorsing besig, bloot om te bepaal waarmee ek Grompie kan vervang as dit weens lang vingers, voete kry. Nou het hy nog 'n faktor bygesleep, die tydketting vereiste. !!! Daarby kom hoofsaaklik die diefstal/ kaping risiko en gepaardgaande ekstra opspoorstelsels en versekeringskoste. 

Die intreevlak Rangers met 2l enkel turbo, tydketting van volgende jaar af, kan nou 'n opsie word, mits hulle nie ook op Santam se hoë risiko lys is nie.laugh  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 07/11/2025 - 13:59

... om my 2.8 GD-6 te swaai vir 'n 2.4 GD-6 4X4. Ek het al baie spyt gekry dat ek 'n 4x2 aangeskaf het. Om dít te vervang met 'n 2.8 4x4 gaan my 'n arm en 'n been kos. Ek het ook lus om soms die boendoes in te vaar - met my primitiewe kamptoerusting (lees: "tent" en afblaasmatras) of op my eie te gaan Hentiesbaai. 

Ek kry 'n goeie inruilprys op die 2.8 en kan my huidige Rhinocab net so oorplaas op die 2.4. Die 2.8 het nog 3 dienste oor van die diensplan. Ek het eerlikwaar gedink dit is my laaste nuwe voertuig, maar jeuk in die gatkant is 'n nare ding.

Die wyse waarop ek sleep (hoofsaaklik spoed) behoort die 2.4 heeltemal aan my verwagtinge te voldoen. Ek moet R175k opbetaal, maar moet nog die finale besluit neem of ek met die transaksie moet voortgaan.

Mammie ondersteun my nie juis nie. Sy sal eerder 'n draadborsel aangee. Ons is beide baie lief vir ons huidige voertuig wat nog nie die geringste probleme gegee het - soos al 4 my vorige Hilux'e. 

My seun ondersteun my ten volle. Hy hy het 'n DC 2.8 4x4 en 'n 2.4 4x2 Extended Cab - beide auto. Hy reken daar is min verskil agter die stuur te bespeur as jy soos 'n beskaafde mens ry.

Ek het nog 'n geldjie op 'n polis wat lankal uitbetaalbaar was. Sou ek voortgaan met die transaksie, sal ek maar dié geld losmaak om die gatjeukery te verlig. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/11/2025 - 16:42

Chris B, is jy nou 'n gelukkige pensioenaris!!!! 

Bloot vir interessantheid, my Kavango se plaatjie spesifiseer sy Tarra [lisensiegewig] as 1120kg en sy BVM as 1500kg. Nou so tussen ou woonwaslepers, weet ons almal dat 'n gelaaide wa effe swaarder kan wees.

Wel met die Kavango aangehak, gepak met klere, vloeibare proviand en droë kosse soos pap, rys, bietjie vars groente, koekies, 120l water  ensovoorts  en dan agterop Grompie die volgende;

National Luna [61l] vol vleise

320Watt se konvensionele sonpanele

3-laai kombuiskas met tipiese kombuis katoeters- potjies, lepels braaitang ens

2 plastiek kratte met verlengkoorde, sonpaneel drade, tentpenne toue ensovoorts 

twee opvoustoele 

10kg gasbottel en gasbraaier

klein hout braaier

roosters

voltent

3 sakkies[5kg] Etosha brikette

sleep ek baie lekker.

Ek sleep in Power mode meestal, net in bergpasse ry ek handrat. Ek sleep met spoedbeheer, waar Grompie se brein dit toelaat teen 100km/hr GPS. My tipiese verbruik, gegewe die windrigting is ongeveer 9 na 9.5km/l.

Bloots op 'n snelweg is verbruik so tussen 13 na 13.5km/hr teen 118km/hr GPS.

Ek vermoed jou wa en pakkaas  is vergelykbaar met bostaande. Jy gaan dalk slegs in erge bergpasse effe swaarder sleep, weens die minder wringkrag, maar ek verminder die spoed en bly op wringkrag plato en sleep wragtig lekker met myne.

Ek hoop jy kry die knoop gehak en jou 4x4. 

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 07/11/2025 - 18:22

Vreemde eenheid Wessel, indien korrek is Grompie soos gelaai en Kavango oppie stert maar skilpad stadig! Dis nou 13.5km/hr wat jy noemdevil 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 07/11/2025 - 18:34

Het daai gesien van km/ uur/ liter teen km/ liter/ uur ...gedink ek sê maar liefs niks nie. Netnou word Neef ontbloot as heeltemal stupid.

Miskien het die lus vir ook so 2.4 4x4 dubbel kajuit ń uitwerking op die man. Heeltemal te verstane want hy dreig darem nou gereeld. So daar is iets wat hom se gedagtes aflei. angel

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/11/2025 - 20:00

Wat 'n liederike tikfout. Dis wat gebeur as mens nie jou teks weer lees nie. Ter versagting, buurvrou het kom inloer en my aandagspan onderbreek.

Ek moet ruiterlik erken ou Chris B se plan om 4x4 te koop, het my sommer skoon jaloers. Lees egter my inset hierbo, vandag om 10h31.

As ek verplig word om te koop, sal ek oorweging skenk eerstens aan 'n Triton 2.4 turbodiesel, dalk 4x4. As spaarvarkie te min in het, sommer 'n gebruikte Isuzu of Karoo-lammetjie.  laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 07/11/2025 - 21:23

Ek het na verskeie ander 4x4 dubbelkajuite se "specs" gekyk - Ford, Isuzu, Navara en Triton. Stenig my maar, maar ek het glad nie gekyk na die Chinese- of Indiese marksegmente nie. Hierdie konserwatiewe, verkrampte ouballie het nog nie die vrymoedigheid om laasgenoemde voertuie te oorweeg nie.

Op die ou end was die byvoeging van 'n nuwe kappie (Rhinocab - want ek wil niks anders hê nie) 'n deurslaggewende faktor. My huidige, so goed soos nuwe, kappie kan net so oorgeplaas word op die 2.4 GD6. 'n Ordentlike kappie is ookal die spreekwoordelike "plaas se prys". En les bes is my ervaring met al my Hilux'e en die diens wat ek van Hermanus Toyota ontvang my hoof-motivering om by Hilux te bly. Die nuwe Triton het my oog gevang, maar my ervaring met die agente, toe ek 'n Mitsubishi Colt gery, het my die skrik op die lyf gejaag.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/11/2025 - 05:57

Chris B, ek aanvaar dat jy ook die rol-laaistelsel vir die vrieskas ook laat oorplaas na die nuwe bakkie.

Dit is darem 'n groot voordeel dat kappies van jaarmodel na jaarmodel oorgedra kan word. Ek het in goeie geloof nadat ek Gronpie bestel het, dadelik my Rhino bestel, en gekry. Met die dat ek so lank vir Grompie gewag het, was ek aanvanklik baie bekommerd dat dit nie gaan pas nie. Gelukkig het die laaibak se bokant onveranderd gebly, en dit het gepas.   

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 09/11/2025 - 18:54

Ek het besluit om oor die naweek 'n finale besluit te neem of ek moet voortgaan met die transaksie om my huidige 2.8 Hilux 4x2 in te ruil op 'n 2.4 Hilux 4x4. Dit is Sondagaand - en ek het nog nie klarigheid of ek dit moet doen of nie. Ralie sê dat my agterent onnodig jeuk. My seun het voorgstel dat ek eers met sy 4x2 Extended Cab 2.4 kom ry alvorens ek my besluit finaliseer. Ek is tans in 'n moerske tweespalt met myself.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 09/11/2025 - 19:30

Dis maklik----vra jouself, hoeveel keer gaan jy dit rerig benut in 4x4 omgewing. Aan die anderkant, as jy dit kan bekostig----waarom nie. Dadelik het jy weer tenminste 10 dienste tot 90 000km gratis.

Ongelukkig op my ouderdom [69jr], en 'n vrou wat soms te realisties dink, kon ek nog nie sovêr kom om so 'n verandering te maak nie.

Vir my  sal dit maklik wees, ek is gewoond aan 2.4td se ry en sleep vermoë. Jy gaan dadelik, veral met sleep, die verskil voel tussen 400Nm en 500Nm[?]. Dan is daar subtiele ekstras in 2.8td, wat nie in 2.4 is nie.

Onthou wat Herman op ander inset kwytgeraak het------sy filosofie----"it is my song".

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 09/11/2025 - 20:17

Het hulle dieselfde rat- en ewenaarverhoudings? Die 4x4 gaan in elk geval effens meer weeg agv meer bewegende dele, en gaan ‘n bietjie groter dors ook hê. Maar as mens jou blindstaar teen brandstofverbruik moet jy eerder stap of ‘n fiets koop. 
 

Ek het die afgelope 20 jaar nog altyd ten minste een‘4x4 op my werf. Ek gebruik die 4x4 maar redelik min sedert ons kinders gekry het. Voor dit was ons darem Mabuasehube, Mosambiek (‘n paar keer), Sentraal-Kalahari, Tuli-blok en Chobe toe. 
 

Noudat ons kinders ouer raak kan ons weer meer avontuurlustig raak. Al beteken dit net Namaqua NP en die Botswana kant van Kgalagadi is dit lekker om te weet jy kan gaan waar jy wil. Ons het die regte wa daarvoor ook. As mens ‘n pad wa het moet jy ingerig en bereid wees om met ‘n tent ens te gaan. Soos Mnr Boucher altyd sê; elke ou soen sy vrou soos hy wil. Maar as jy ‘n 4x4 het kan jy haar soen waar jy wil…

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 10/11/2025 - 06:31

Netjies opgesom Wildehont. As daar slegs een viertuig op my werf moet wees, sal dit 4x4 wees. Daarna maak dit nie saak nie. Jou opmerking oor brandstof verbruik is in net so waar. 

Maar, as jy nooit gaan sandpad, of rowwe grond oorweeg nie, dan sal ñ VW  Kombi Caravelle darem baie lekkerder werk as ń 2x4  Hilux bakkie. devil

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/11/2025 - 06:33

Volgens my volledige katalogus, gedateer Augustus 2018,het

1] 2.4en 2.8 GD6 bakkies presies dieselfde ratverhoudings in die geval van outomatiese kaste.

2] Dit verskil egter as mens die handrat en outomatiese modelle vergelyk.

3] die 2.4 outomatiese modelle se ewenaarverhouding vir 4x2 en 4x4 is 4.1 

4] die outomatiese 2.8 modelle se ewenaarverhouding vir 4x2 en 4x4 is egter 3.909.

5] Die laestrekrat se verhouding is 2.566. Ek aanvaar dit mag dalk dieselfde wees vir alle 2.4 en 2.8 modelle. Die waarde moes ek toentertyd uit Toyota se dienshandleidings gaan wurg/bedel.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus