Môre vriende
Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.
FJ Cruiser
Ek sien vanoggend die bekendstelling van die nuwe FJ Cruiser. Dit word hier ter plaatse in 2de kwartaal 2026 verwag.
Vreemd genoeg, alle aanduidings is dat dit slegs met die ou beproefde 2.7l petrol enjin {Hilux} toegerus gaan word. Effe kleiner as die Prado, maar ook luuks. Die normale 6 spoed ratkas, en AWD met laestrek opsie.
Ek hoop Toyota lees die mark korrek tov die petrolmasjien. Dalk word die 2.8TD enjin tog 'n opsie vir plaaslike mark.
Lelik was nog nooit mooi nie
Die nuwe FJ Cruiser is weliswaar nie so lelik soos die vorige een nie, en dit het darem vier deure aan die kante. Maar waarom die dik stukke swart plastiek reg rondom? En dit op ‘n voertuig wat sekerlik nie minder as ‘n miljoen gaan kos nie. Soos met die vorige een sal daar egter seker ‘n mark daarvoor wees. Mense het vreemde grille.
Chris S....
...dankie vir die "skakel" na die Cruiser toe.
Ai tog, ek het nou gedink dit sal met "sand" [beige] kleur mooi voor die Kavango lyk. Ek het mos 'n swak plek, en gewoond aan die 2.7 enjin se dorsles
Nie genoeg plastiek nie
Die Kavango gaan afsteek want dit het te min plastiek.
Wessel, vir ons oud…
Wessel, vir ons oud-Territory eienaars is enige ander voertuig vreeslik ekonomies!
Prado- Territory
Ek stem Grootwind, ek vermoed 'n v6-Prado is ligter op petrol as daai reguit 6 van 'n Territory.
Soms verlang ek na daai dae, hier af Oos London toe. As ek die N1 gevat het by Gordon road, sit ek die beheer op 125km/hr, die lugreeling op 22C, en kies die middelbaan. Seil dan lekker bult op en af so teen 5km/l.
Mens moet mos elkgeval bene rek by Kroonstad, Bloemfontein Colesberg, Queenstown. ![]()
![]()
NS: Dit was met 5 volwassenes en Palma agterna!!
My Territory se petrol…
My Territory se petrol klappie het outomaties oopgemaak as daar 'n vulstasie sigbaar was!
Gevaarlik!
sit ek die beheer op 125km/hr
Ook met die vyf volwassenes en die Palma? ![]()
Afgesien van swaar brandstofverbruik is ek maar skrikkerig om vinniger as 100kph GPS spoed te sleep. Ek sien egter baie ander slepers wat nie is nie en my verbysteek asof ek stilstaan. Dis veral Toyota’s met Bushlapa’s op sleeptou.
gevaar faktore...
...of dan die faktore wat die risiko verminder;
min verkeer op snelweg
goeie bande teen korrekte druk
padwaardige voertuig en woonwa
stabiele kombinasie
goeie weersomstandighede, geen sywinde
respekteer ander padgebruikers, spaar hulle frustrasies
NS: My Territory en Palma was seker die stabielste kombinasie wat ek nog gehad het.
Hoewel ek nie meer normaalweg so vinnig sleep nie, is ek nogal verbaas oor die stabiliteit van Grompie met die Kavango. Bakkie met vrag is baie swaarder as die Kavango, en dit druk lekker effe neus-af op die sleephak. Ek het al kort endjies so 125km/hr [klok] met Grompie gesleep, sonder enige rillings. Mens moet netnie dan vir 'n slaggat uitswaai nie .![]()
Empiriese bewys
Die feit dat julle dit oorleef het bewys die veiligheid van die sleepspoed van die Territory/Palma kombinasie. Die toestand van die paaie destyds het waarskynlik ook bygedra.
FJ Cruiser petrol ??
Ek lees vanoggend 'n berig waar gespekuleer word waarom die nuwe FJ cruiser met die 2.7l petrolmasjien uitkom.
Blykbaar heg Toyota baie waarde en vertroue in "ou tegnologie" wat bewese is. Daarom geniet die 2.8td en die 2.7 petrol masjien soveel voorkeur by hulle.
Blykbaar, gedagtig aan die swak [vuil] diesel beskikbaar in die lande soos Botswana, Mosambiek, Zimbabwe, en eie land, waar die FJ benut gaan word, het hulle voorkeur aan die petrol masjien gegee. Volgens die artikel skakel dit ook langtermyn onderhoudkostes verbonde aan turbo's en DPF-stelsels uit.
Hulle is egter deeglik bewus dat die masjien redelik dors is, en amborstig raak waar lugdruk laag is.
Laat ons sien hoe lank dit gaan neem voordat die "ou" 2.8td ook in die FJ geprop word.
NS: Wat gee die meeste langtermyn finansiele gemoedsrus, 'n beproefde [bewese] petrol enjin met tydketting, geen DPF, geen EGR, maar effe dorstig??
Hoekom dan nie die 4l V6 nie
Die enjin is waarskynlik nog meer betroubaar en langlewend as die 2.7. Seker met ‘n groter dors maar ook met baie meer perde.
hoekom nie 4l v6???
Die artikel het geen melding/rede verskaf nie.
Wat ek wel onthou is dat my 2.7l Hilux maar so 1.5km/l gedaal het met Kavango, teenoor bloots ry . Bloots teen 125km/hr op oop pad het ek so 8.5km/l gekry.
Met die 2.4td Hilux is die syfers so ongeveer 13.5km/l wat daal na 9km/l met Kavango.
Besige binneruim
Kyk ek vanoggend na die Prado se binneruim en bestuurder omgewing. Mense, dis besig en vol knoppies en katoeters op stuurwiel en om die rathefboom.
Ek wonder wat gebeur as mens per ongeluk 'n vinger fout/glips oorkom.??? Gaan staan die ding, of gaan dit oor in kruppel-loop [limp mode]
Moet sê die nuwe toevoeging as duurste/luukste model is baie mooi. Dit het aansienlik minder swart panele buite om.
Dinsdag by die Irene…
Dinsdag by die Irene Melkplaas die nuwe Land Rover 130 gesien. Te oordeel aan die gegorrel wat by die twee uitlaat pype uitkom word dit deur 'n V8 aangedryf. Dink mens het seker ook 'n vlieëniers liksens nodig om die ding te mag bestuur. Kos maar "net" so 'n rapsie oor die R2.5m. Snaaks genoeg, amper asof die ding geen maar geen karakter het nie, vergeleke met die ou Defenders. Wonder net wat doen eienaars met die ding? Dis nou behalwe spog by die mooi buurvrou? Sekerlik gaan niemand 4x4 veld ritte met die gedoente doen nie. Dan kan ek my ook nie die sien in my geestesoog met 'n karavaan agteraan nie...almiskie dalk een van daai R1m ingevoerde joppies!
Land rover 130
Grootwind, daar is 'n spesifieke model, wat deur v8 super charger gedryf word. Die ander goedkoper modelle [MR2 <prys < MR3] blykbaar deur 'n 3l diesel.
Hulle wil nie Grompie as deposito neem nie![]()






Jissie maar dit is vreeslik…
Jissie maar dit is vreeslik lelik!!! Lyk soos ń Baber op droeë grond.