6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Op foon of tablet of laptop,… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -13 minutes ago
Ron.  Werk jy oop 'n tablet… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -16 minutes ago
Veranderinge Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -21 minutes ago
👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -33 minutes ago
Thumbs Up Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -38 minutes ago
Wat ek bedoel is dit:  As… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -41 minutes ago

Nuwe lede

Klerksdorp
Submitted by Frans Pretorius on
Forums

Maggies, vandag seker rekord vir meeste nuwe lede aangesluit op een dag!!!!

Nou moet almal net begin om hulle self en hulle doen en late te beskryf, en daar is BAIE leesstof vir  almal!!!

WELGEDAAN!!!!!

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 05/05/2017 - 06:32

Ek noem sommer almal se name, Pierre, Toni, Jakkals1, Vrooyend, Ametis1.  Welkom in ons midde, julle moet van julle laat hoor en lekker saamgesels.   Ons hoor graag van julle kampstories.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 05/05/2017 - 12:02

Ek wil hiermee ALLE nuwe lede wat vir die volgende 2 weke of so aansluit,  hartlik verwelkom!!!  Kuier lekker saam, en, vertel gerus bietjie iets van julself, dit gaan sommer vir almal dan makliker maak om dadelik met julle te kan gesels!!!

.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Fri, 05/05/2017 - 13:22

Wil ook net sê.... Welkom. aan almal nuut.

Wat my pla is die skuilname. Ek is Oom Jee Pee. OOM JEEP, maar eintlik Johan Viljoen van Bloemfontein. J.P. is my voorletters. Ek trek n Elegance wa met n JEEP.  Seker hys beter as n toy of n ford,,,, (net duur parte)

Eks al oud maar nog nie koud. Was 74 jaar jonk en nog nie afgetree nie, want dit staan nerens in die Bybel dat mens moet aftree nie. 

Ek verwelkom almal wat deur Bloemfontein ry en hier wil oornag. Laat weet en ek reel n ontmoeting. Op dié manier het ek al vele kampeerders ontmoet. So ook vele forumiete raakgekamp.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 05/05/2017 - 13:29

Hallo Johan.  

Ek was altyd 'n agtertrekker en toe trou ek, nou moet ek voortrek - ja my vrou hou my op my tone!

My naam is Anton Louw.  Nie warm nie en ook nie koud nie, net so lekker innie middel!

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Fri, 05/05/2017 - 13:49

So ons is eintlik nou almal Voortrekkers, dis nou as gevolg van die ander geslag.. , daars nie meer n plek om heen te trek nie, nou trek ons maar rond, nie met ossewaens nie maar met kampeer -waens. 

Die LOGO kan dalkies iets wees soos. DIE TREKKERS. 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 05/05/2017 - 16:00

Ons het sweerlik ons liefde vir kamp ge-erf van ons voorvaders wat die ossewaens getrek het!  As kind het my ma-hulle nog ossewaens gebruik.   Een maal 'n maand moes hul dorp toe gaan.  Om meel, suiker, sout, paraffien, blou seep (vir wasgoed),  materiaal ens. te gaan koop.  Dinge soos vleis, melk, eiers, groente het hulle self op die plaas gehad.

Daardie trek dorp toe was die hoogtepunt van hul lewens.  Die hele gesin gaan saam, dit neem 'n paar dae en daar word gebly tot die Sondag sodat almal dorp se kerk toe kan gaan vir die Nagmaal.   Oppad het hulle in die ossewa of onder die ossewa geslaap, vure gemaak, en gekuier.  Vleis gebraai en reuse swart potte kos gekook.   Die manne wat versterkings kon stook, het daarvoor gesorg!    In die dorp was al die ossewaens bymekaar en het hulle gekamp.  

Net wat ons vandag doen!  Net op 'n meer primitiewe manier maar sekerlik net so lekker vir almal.   Nou weet ons, dit is in ons ingebore.laugh

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 15/10/2018 - 14:48

Ek hoop die "Slot" man het almal verwelkom wink

BAIE welkom aan al die nuwe lede, ons wag om van julle kamp opset te hoor en lekker saam gesels !!!

Nuwe Lede

Izelna

Wiekus

Paul Castle

Cornet

Brahm

Nvw

Dwane

Heyn Boskind

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 24/10/2018 - 09:00

Ek merk ons het nog 'n klomp nuwe lede by gekry.

BAIE welkom julle, hoop julle gaan ons kom vertel van julle kamp op sette en sommer lekker saam gesels.

Nuwe Lede

safari

Toerien

Johan Potgieter

Lourens

All Out Bookings

jaco01

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 24/10/2018 - 12:26

Welkom aan al die nuwe lede so val in gesels lekke saam en vertel bietjie meer van julle

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 07/11/2018 - 21:02

Daar kom nou so lekker vinnig nuwe lede by, ek hoop ek kan by hou met die e-posse.laugh

Indien ek iemand gemis het,  (ek stuur so gou moontlik 'n kort verwelkomings e-pos) vra ek nederig om verskoning.

Maar baie welkom aan ieder en elke nuwe lid hier op ons lekkerste  kamp saam praat en skerts forum.

Hierdie forum is vir die kamp liefhebbers, maak nie saak waar, waarmee of wat se gadgets jy het nie, kom deel dit gerus met ons.

0
Middelburg

Noel

Wed, 07/11/2018 - 21:08

Baie welkom Johnny en Judy Rademan.  Hulle is baie bekende by Kampmal en Sleepsaam. Hulle reis die land vol en hulle kan ons lekker vertel van hul kampreise. Ook baie welkom aan ander nuwe lede. Jul moet lekker saam met die forum kuier !!

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 08/11/2018 - 09:50

Of jy met tent of wa kamp maak nie saak welkom val in en gesels lekke saam puik forum waar daar lekke gesels word oor n bree gebied 

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 20/11/2018 - 01:19

More aan al die 660 lede as jy nuut is welkom val in en gesels lekke saam as jy net loer hier so nou en dan val in en neem deel aan n puik forum en die ouer lede van forum wel gedaan die forum loop soos stroopwink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus