6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -1 hour ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Ondersteuning aan Kampforum Lede

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 19/03/2022 - 08:27

Ek het 'n dag of twee gelede gewonder wat van Harry geword het. My innige simpatie met Yvonne se heengaan.

.... mag jy net in groot maat vertroosting en berusting vind met julle verlies. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 19/03/2022 - 15:51

Ek het verstaan hulle was oppad terug huis toe vanaf Hartenbos met Froggy (sy ryhuis) en het op Colesberg oornag waar Yvonne oorlede is.  'n Paar jaar gelede kamp ons juis op Hartenbos toe 'n ou naderstaan en kom groet  -  dit was Harry wat kom kennis maak het.

Ai Harry, die afsterwe van 'n geliefde  is al reeds baie erg, maar dit nog oppad huis toe van vakansie.  Harry ek dink in my gebede aan jou en bid jou sterkte toe op die pad vorentoe, veral die res van die pad tot in Vereeiging.

Len

Baie jammer Harry. Ek het darem die voorreg gehad om haar te ontmoet een jaar in Hartenbos toe ek julle gaan opsoek het. Sterkte

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 24/03/2022 - 15:25

Ek was so lanklaas op die forum, ek voel eintlik sleg daaroor. Het darem probeer om op die whats-app. groepie gereeld te groet elke week.

Dankie vir almal se boodskappe, dit word opereg waardeer.

Ek gaan my kamp maaitjie baie mis. Ons het alles saam gedoen. Die huis met al die paddas is leeg sonder haar. Dit is vir my nog so onwerklik. Oppad huistoe het sy vir my gesĂȘ; "Dit was haar lekkerste toer nog ooit"

Ons was die aand voor haar dood, op n plaas 24 km buite Cradock. Dit was n oornag plekkie. Sy het vir my gesĂȘ, kom ons gaan stort saam in die bos stort met n latern. Ek het nog vir haar gesĂȘ, dit is verspot, maar het dit toe gedoen. Nie geweet dit is die laaste een nie.

Ons het plek bespreek by Reyneke Park in Bloemfontein, vir die volgende aan se oorslaap. Die idee was om rustig terug te ry. Na haar dood op Cradock het ons besluit om met eerste lig die 800 km na Vereeniging aan te pak. Moet sĂȘ dit was redelik hel na die tragiese nag. Dit het baie gereen en Froggy se ruitveer het losgekom, maar gelukkig kom ons dit weer regkry.

Ek was bang vir die toer omdat Froggy so oud is (25 jaar en 366 000 km op die klok) Ek het nogal gespot en gesĂȘ ek het n mechanic op "standby" in elke dorp. Ek het my Suzuki saam gesleep, met n A-raam, wat meer stress op alles gesit het.

Ek het net oor die 3100 km gery en het geen probleme onder vind nie. (behawe ruitveer, maar 13 spanner het hom gesort) Hy het nie eers n druppel olie gebruik nie. Snaaks my vriend se 2016 motorhome het warm geword in die berge en ons moes n draai maak by Iveco in George, om hom uit te sorteer.

Die berge het my bietjie gevang met die gewig (totaal 5+ Ton) Ons het GPS spoed gery van 100 km/h en my gemiddelde brandstof met Suzuki op a-raam vir die hele trip was 7.48 km/L. Gelukkig het ek my Ucount punte opgespaar van so R13,500 en dit gebruik vir brandstof. Darem nog redelik baie van dit oor.

Weereens dankie vir julle omgee.

Harry

R.I.V. Yvonne > 31/07/1958  tot  19/03/2022

 

 

 

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 24/03/2022 - 15:28

Sterkte LEN

Gou beterskap vir jou.

Ons het gestaan op selfde blok, by Hartenbos, waar ek jou laas ontmoet het.

Worcester

Wildehont

Thu, 24/03/2022 - 15:55

Dit is hartseer om van julle verlies te hoor. Baie sterkte met die reuse aanpassing wat jy nou moet maak. Gelukkig kon julle haar lekkerste toer ooit saam doen. 

Harry

Koester al die herrinneringe, al die saamwees tot by die laaste stort.

Jy sal mettertyd vertroosting kry.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 11/05/2022 - 09:02

Ek gaan op hierdie gesprekslyn verder praat om nie Len se gesprek deurmekaar te maak nie

Ons is effe platgeslaan en dit voel of ek by 'n kruispad, dalk eerder 'n doodloopstraat is. Ek en Marie sal baie ernstig besin die volgende paar maande of ons gaan aanhou kampeer.

Wessel, ek sien dit as 'n ongeluk wat selfs maklikker met 'n baie jonger kamper kon gebeur het.  Hiermee bedoel ek dit is nie ons ouer gardes wat maklik breek wat die probleem is nie.  Ek glo ook nie mens moet sulke drastiese besluite neem deur een erinstige gebeurtenes nie.  (Dan moes ek lankal op gegee het)

Sterkte vorentoe met die herstel en beterskap. 🙏🙏

Vaalpark

Johann L

Wed, 11/05/2022 - 09:43

Willem ek het ook ongelukkig my "mond uit gespoel" op Len se gesprekslyn, maar ja ek stem 100% met jou saam. 

Sterkte Wessel en gaan lees gerus wat ek kwyt geraak het op Len se KNP draad.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 26/05/2022 - 08:10

My chirurg het vandag bepaal dat my hele dikderm (dit wat nog oor is !) verwyder moet word.  Ek is reeds geboek by Medi-Clinic Cape Gate vir volgende Donderdag, 2 Junie.  Afhangend daarvan hoe ek herstel, sal ons maar besluit oor toekomstige kampering.

Jy behoort vir Johan & Marthie van der Merwe van die ou WegSleep forum te onthou ?  Hy het ook destyds so operasie gehad en nou rits hulle steeds rond.

Soos Herman gesĂȘ het "waar 'n wil is is daar 'n weg"

Sterkte 🙏 en hou ons kamp familie ophoogte asb.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/05/2022 - 14:34

Sterkte my vriend. Onthou net, ons lewe, lywe en binnegoed is in die hand van die Grootmeester en Geneesheer.

Soos 'n bekende evangelis, Smith Wigglesworth gepreek het---- bly net glo. 

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus