6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -19 minutes ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -2 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -2 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -10 hours ago

Strydoms in Kruger '23

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Nounet my bespreking afgehandel vir Kruger volgende jaar. Dit is as volg;

Shingwedzi: 30 Mei

Punda Maria: 31 Mei tot 5 Junie

Tsendze:          5 Junie tot 10 Junie

Satara:             10 Junie tot 15 Junie

Berg & Dal:     15 Junie

Huistoe:           16 Junie

Ons beplan om in P.Borwa Aventura oor te slaap die aand van 29 Mei. 

Ek voel gemaklik en veilig op die Pietersburg - Tzaneen - P.Borwa pad, en uiteraard die N4 terug.  

Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/07/2022 - 12:11

Middag vriende

Hierdie was die lekkerste bespreking nog. Met die dat ek die volle bedrag van die jaar se bespreking, as krediet gekry het, hoef ek niks in te betaal nie. Die dame seg----jy het nog geld oor. Ek sal maar kyk waar ek 'n aand kan bylas, of ekstra invoeg.

Ek was net nie lus vir kort staan op 'n plek nie. Dis of net slaap, sonder enige tente opslaan, of lank staan met tente. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/07/2022 - 13:06

Middag Grootwind

Dankie vir die waarskuwing. Mens is so dankbaar vir 'n bespreking, en ek het gladnie genoemde dag in gedagte gehad nie.

Ek het nog krediet oor, dalk maar nog 'n aand staan in B&Dal.

 

Worcester

Wildehont

Wed, 20/07/2022 - 13:36

Goed gedoen Wessel! Wat ‘n heerlike vooruitsig. Nou moet jy dadelik Mopani kamp bel en jou staanplek by Tsendze versoek. (013) 735-6535

Ek wou dit breedvoerig bespreek op my onlangse toer se gesprekslyn maar hier is my voorstelle:

3 (waar ons onlangs gestaan het) is eerste prys vir my. 5 en 6 ook lekker maar langs mekaar so bure kan dalk steur. 26 tot 28 ook lekker met afnemende hoeveelheid skadu van 26 na 28. Jy moet drie opsies gee so ek sou voorstel 3, 26 en 27 of 5. Die kleiner nommers is nader aan die hek aan die teerpad se kant en die groter nommers agter nader aan Mooiplaas piekniekplek. Daar hoor mens bedags die waterpomp duideliker en voor die teerpad. 

Vaalpark

Johann L

Wed, 20/07/2022 - 15:05

So bek kort jam, of 'n klap. Jy maak ons jaloers Wessel.

Dit klink na 'n puik toer, stel voor jy vat daai ekstra krediet en bly langer in Berg en Dal 9m die 16 Junie vry te spring?

Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/07/2022 - 15:39

Middag vriende

Ek het wel my nommer bespreek gekry. O genade, wat 'n gesukkel om mense verstaanbaar op telefoon te hoor.

Ek het nr 26 gekry, en moes dit met 'n epos bevestig.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 20/07/2022 - 16:06

Lekker man, lekker 👏👍.

Nou ja ek het op hulle web gaan kyk maar sien dit wys nog net tot Mei 2023.  Ek het toe maar 'n e-pos gestuur met my datums 🤞.

Ek sit nou juis en kyk na 183 WildEarth en dit maak die gejeuk net erger. ☹😩

Worcester

Wildehont

Wed, 20/07/2022 - 16:23

Nou ja ek het op hulle web gaan kyk maar sien dit wys nog net tot Mei 2023.  Ek het toe maar 'n e-pos gestuur met my datums

Die sentrale besprekings en satelliet kantore maak ‘n dag voor aanlyn besprekings oop. Ek het nog elke keer met ‘n e-pos wat ek ‘n dag voor sentrale besprekings oopmaak stuur reggekom. Ek het vanoggend al 07:51 my deposit request letter gekry. Ek hoop jy is ook gelukkig Willem! Wessel het darem ‘n lekker staanplek in Tsendze gekry ook. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/07/2022 - 16:26

Willem

Ek wou ook nounet na tariewe gaan kyk, om te vergelyk met die wat ek betaal het.

Ek kon nie inkom nie, die boodskap seg;

vol bespreek of Junie 23 val buite 11maande bespreek tydperk. Ek het egter vanoggend telefonies my bespreking gemaak. Dis seker maar 'n glips op hulle webblad.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 20/07/2022 - 20:57

... is 'n skitterende staanplek. Dit is my en Ralie se No 1 keuse. So te sê by die ablusies en lekker oop uitsig voor na die draad toe waar olifante, waterbokke en seekoeie baie aande kom wei. En swartmamba in appelblaarboom regs voor op plot 🥶 No 26 sal altyd ons eerste keuse wees.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/07/2022 - 07:39

Môre Chris B

.... nie hierdie insetsel sien nie. As ek weet dat die mamba boom gebonde is, gaan ek dadelik 'n ander plek bespreek. laugh 

Die Kruger vakansie is weliswaar vêr in die toekoms, maar dis iets om na uit te sien.

Sedgefield

Jan Meyer

Thu, 21/07/2022 - 20:15

Ai julle..

beny julle wat so besprekings doen. Elmarie tree Mei af en ons kan nou niks vasmaak nie want wil eers mooi beplan wat ons kan bekostig.

Plan is om in Kruger draai  te maak en dan maar daar vandaan ons neuse te volg. Sal maar moet sien wat sal dan beskikbaar wees.

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 25/07/2022 - 12:12

Middag vriende

Vir die wat belangstel, die kampeer tariewe vir volgende jaar Junie maand, as R/nag vir 2 pensionarisse.

Shingwedzi  R246 vir 30/5/23

Punda           R312   vir 31/5 tot 5/6/

Tsendze       R279   vir 5/6 tot 10/6

Satara          R292   vir 10/6 tot 15/6

Berg &Dal   R430   vir 15/6/23

Ek wonder of die tariewe bepaal word deur kamp-gewildheid, en periode. Ek het gehoor dat die week voor 'n skoolvakansie, kry mens nie meer agslag tariewe nie. Dit verklaar dal waarom Berg en Dal so duur is in vergelyking met ander.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/02/2023 - 07:24

.....'n Len optrede uithaal.

My tydjie vir Kruger kuier kom verstommend vinnig nader. Jis mense, ek kan nie wag om Grompie in die langpad te steek nie. Met verlede jaar se voetongeluk in Hermanus het my Kruger-vakansie oorgerol na hierdie jaar. 

Dit gaan die eerste keer wees dat ons die Noorde dele gaan verken, en ek poleer noual die vêrkyker- en kamera-lense. Ek maak verwoed notas in my padkaartboek oor al die "moets" wat vir ons wag, soos gaan piekniek maak by Pafurie, en besoek aan "Skelm hoekie", oftewel Crooke corner.

Hopenlik kry ons komende week die nuwe matras wat ons luukse chalet mooi sal komplimenteer. Die beplanning is om voor die Kruger uittog die chalet tot in Manyane te sleep, net om seker te maak alles werk reg.    

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 11/02/2023 - 08:07

Ek het nou wel nie 'n voetbesering wat my uit die Wildtuin gaan hou nie, net 'n derm-besering wat my 2023 Wildtuinbesoek in die wiele ry.

Aan die eenkant raak ek sommer moerig om van al Wessel se lekker vooruitsigte te lees, maar aan die ander kant raak ek saam met hom opgewonde om van hierdie lekker vooruitsigte te lees.

Hier is 'n lusmakertjie van Pafuri se piekniekplek en Crooks Corner se seekoeie.

Pafuri Piekniekplek "

.

 

 

Pafuri se olifante in die Levuburivier :

.

Crooks Corner se seekoeie :

.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/02/2023 - 08:15

Môre vriende

Nou is ek eers lus vir die onbekende. My buurman is vreeslik lief vir die dele Noord van Singwedzi. Hulle was voor verlede week daar, in die erge hitte, want hy wil altyd die groot tande soek.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 24/02/2023 - 10:51

Môre vriende

Ek het vanoggend die laaste stukkie bespreking vir ons KrugerNP vakansie gemaak. Ons gaan die aand van 29 Mei by Phalaborwa Forever Resorts [Safari park] oorstaan. 

Dis 'n lekker ongeveer 525km van Brits af, net genoeg vir 'n dag. Volgens my standaarde net te kort om langs die pad oor te slaap. 

Volgende dag, net so 135km tot by Shingwedzi. Sal stop by Mooiplaas vir bene rek, toilet en aan padkos te smul. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 24/02/2023 - 11:07

...............dit klink so bekend en lekker !  Ons hou ook daarvan om by Forever Resorts net buite die Wildtuin-hek oor te slaap en dan begin die groot plesier die volgende dag.  In 2018 is ons net deur die Phalaborwe-hek en die eerste diere wat ons sien is 'n trop wildehonde ! Wat 'n aangename verrassing.  Hier is een wat mooi ge-"pose" het.

.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus