Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -28 minutes ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -36 minutes ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -49 minutes ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -53 minutes ago
Swart span Springbok rugby Geert -1 hour ago
8 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

Lang toer - Hoe gemaak

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

More almal met lank kamp wat van julle reeds doen en wat ek en Berdien gaan doen ,gesels ons twee so gister aand  en iets kom op wat seker al deur getrap is maar ek vra maar wat doen julle met elektriese rekening , tuindienste, medies soos pille , brille ens ens  hoe hanteer julle dit vertel bietjie asb

Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/11/2022 - 11:12

Middag Shaun

Ek was nog nooit langer as so 20dae op 'n keer weg nie. Ek het egter maar;

1] elektriese rekening vooruitbetaal. Of laai maar genoeg "pre paid" krag om te hou. Anders sal iemand na jou plek moet kyk, en periodiek krag laai.

2] pille-- neem maar jou voorskrif saam, of vra maar 'n maand of 2 se medikasie vooruit.

3] Brille--- kry maar nuwes voordat julle die pad vat. Jy wil tog nie jare lank boendoes toe gaan nie.

4] tuindienste--- reel met iemand om oop te maak, en betaal via internet.

Gelukkig met internet kan mens baie betalings maak, ongeag waar mens is. Ons ry sommer 'n skootrekenaar saan, met ons WIFI torinkie, dan is mens sommer in kontak met omtrent alles. 

Die vermoënde manne van die Wes Kaap wat kwartale lank hierbo vakansie hou, moet kom vertel. 

Ek is egter meer bekommerd oor diens/herstelwerk aan voertuie en woonwa gedurende so 'n lang kamp/toer. 

 

 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 10/11/2022 - 11:23

Verhuur die huis en gaan kampeer permanent. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 10/11/2022 - 11:38

Die langste wat ons nog ooit van die huis af was, was net langer as 4 maande. Ek betaal my elektrisiteitsrekening, wat ek per e-pos ontvang, per EFT - ek het nie vooraf-betaalde krag nie. Ek kry een munisipale rekening wat elektrisiteit, water, riool, vullisverwydering en erfbelasting insluit.

Die tuindienste-maatskappy het 'n sleutel van my een hek. Hulle kan ter eniger tyd inkom.

Ek koop my chroniese- en ander voorskrifmedisyne by 'n plaaslike apteek. Hulle het geen probleme om my medikasie vir 'n paar maande vooruit te verskaf nie en sit maandeliks die eis in by my mediese fonds. Bybetalings gaan doen ek met ons terugkeer. Ek neem maar 'n afskrif van ons voorskrifte saam, net vir ingeval - maar dit was nog nooit nodig om te gebruik nie.

My voertuig laat ek by 'n Toyota-agentskap diens - waar ons ookal is. Verlede jaar is die 10000 diens in Bela-Bela gedoen. Voorheen het ek al in Tzaneen (toe ons by Eiland Spa was) en in Malelane (toe ons in Onder-Sabie was) laat diens.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 10/11/2022 - 12:18

Ek gedog ons twee maak dit self moelik gebruik tegnolegie EFT maak die lewe maklik ,ons gaan dalk huis verkoop en afskaal na kleiner huis ons gaan weer Tzaneen , Witrivier , Nelspruit area gaan kyk vir huis dalk Phallas self , maar kort terwyn trek ons in woonstel agter huis in huis uithuur is maklik maar om die regte mense te kry wat jou huis oppas dis waar die catch is ,het ook met dogter gepraat en sy gese sy kan vrydae oop maak vir tuin dienste so ja dis uitlik maklik die diens van die bakkie redelik maklik genoeg Ford handelaars terwyl bakkie onder waarborg is dis wel die karavan wat kan lol maar oppie rand is daar paar plekke wat n ou wa kan diens  dankie vir almal se inset 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 10/11/2022 - 12:28

Shaun,

dis wel die karavan wat kan lol

Wat is jou bekommernis i.v.m. die karavaan diens ?  Ek doen net die nodige, nog nooit wiel-laers gedoen nie.  Die Regal ins 2000 gekoop (1997 model) en hom ingeruil in 2007 op die Classique en hom 2011 ingeruil op die Exclusive, nooit die wiel-laers gedoen nie.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 10/11/2022 - 13:24

Ek is nie regtig n mechanic nie maar kan my darem so hier en daar help ek wil met n geruste hart die karavan sleep en weet as iets vout is daar in omgewing hulp google is your friend  

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 10/11/2022 - 18:04

Shaun, ons maak ook soos Chris, kry die kroniese medekasies vooruit, water en munisipale rek kom per e-pos, en dan betaal ek. Elektrisiteit is nie 'n probleem nie, alles wat belangrik is, is op sonkrag.

Kerk geld ens. betaal ek met eft's wat ek per herhalende betalings op Capitec app gedoen het (dit is sommer ver vooruit gedoen) 

My kar sal ek laat diens net voor ons ry, die karavaan doen ek net 'n visual en toets die remme en band druk.

My tuin is die enigste uitdaging, ek kan nie die hek oop los en die alarm af nie. As die nood regtig druk, kan my dogter plan maak, maar ek kom liewer terug en doen dit self.

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 11/11/2022 - 07:31

Al die my meisiekinders by ons gekuier en hulle gese hulle sal help om oop te maak vrydae vir tuindienste ek persoonlik nie gemaklik om vir n persoon (tuindienste) net n sleutel te gee en se daar is hy sorg asb vir my tuin Berdien my gister aand baie geleer van IFT en al die goed nee wat ek was verniet bekommert en dorpe het apteek of n clicks waar jy nodige mediekasie kan kry indien nodig 

0
Bethal

Skallie

Tue, 29/11/2022 - 14:57

Jy is net hier om die draai man en kamp is baie beter as die vuil lug van Sasol. My eiendom p robleme het ek opgelos deur ipv dat die seun die huis erf het ek dit teen 'n BAIE goeie prys aan hom verkoop. Op die plot is baie plek en ek het vir my en Petro 'n woonstel gebou waar ek dus net die deur toetrek en sluit.

Weens ons ouderdom is medies 'n baie belangrike faktor. 'n Reeling met Leon by die apteek laat hom ons voorskrifte na YS email. Ons het nie medies nie dus vul ons maar maandeliks aan. Behoorlik huiswerk gedoen indien 'n krisis by die kampplek sou opduik en, my vriend, moet nooit die kameraderie by die kampplek vergeet nie. Ons oues van dae staan bymekaar as dit sou sleg gaan.

Diens jou voertuig behoorlik voor vertrek en ry maar die belangrikste gereedskappies saam vir 'n noodgeval.

Ons kamp nou die afgelope 6 jaar vir 6 maande elke jaar en, weet jy, 'n mens skep vir jouself alles wat moontlik kan verkeerd gaan. Na die kamp besef jy dat so baie dinge onnodig was.

Die apteek daar en die dokter is al vriende. Hulle gee sommer elke jaar ook ons griep inspuitings.

Finansieel trek ons maar partykeer noustrop met Sassa en so bietjie addisioneel maar maandliks word die nodige al hoe minder en konsentreer ons op die belangrikste.

Gereeld dink ons dan ook hoe gelukkig en bevoorreg is ons terwyl daar so baie mens is wat nie eers 'n tent het om in te bly nie.

Doen wat jy kan en geniet die res!!!!

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/11/2022 - 05:53

Môre  vriend

Jy moet rerig meer gereeld kom saamgesels. 

Ek kom agter dat persone wat so in 'n "familie kompleks" woon, werklik gelukkig is en gereeld, en/of lank met vakansie kan gaan.

Ek is nou nuuskierig, as julle so vir 6 maande wegloop, waar gaan julle heen. Jou inset lees of dit elke kaar na dieselfde plek toe is.

Jou insette sal waardeer word deur die jongmanne wat onlangs of binnekort aftree.laugh 

0
Bethal

Skallie

Thu, 01/12/2022 - 09:05

Shaun en joune - Soos ek hierbo gese het is ons so dankbaar dat ons nog die voorreg het om so te kan kamp. Elke jaar(soos ook hierdie jaar) tydens bespreking wonder 'n mens maar so bietjie en dan neem die positiewe denke weer oor .

Weet jy , lankal toe ons hierdie plek(Yellow Sands) ontdek het was dit so asof  ons gese het "dit is waar ons lank voor gesoek het" Destyd het ons al gekyk na kostes en 'n lekker rustige, sonder toeloop, plek.

Dit was toe na baie jare se kuier vanaf Kosibaai tot by Koffiebaai. Ook so die Weskus. Alhoewel dieselkostes meer is moet 'n ou maar totale dieselkoste, oornagkoste en totale kampkoste bymekaar tel en dan gedeel deur 6 is die gemiddeld darem redelik.

Oorlewing en behoeftes raak al hoe minder dus hou ons nog by.

Omdat daar nie klein kinders is nie, is vermaak, nie 'n faktor nie. Net die rustigheid van die kamp gee genoeg tyd om die dinge rustig te doen, wat by die huis nie haalbaar is nie.

Soos reeds gese is die nabyheid van ou vriende, sonder probleme, vir ons, bo-aan ons prioriteitslys en kan ons nie wag om weer te ontmoet nie. Vir die maande tuis word daar gereeld gekommunikeer en word die volgende jaar beplan. Twee van ons groep bly die heel jaar tot einde Oktober daar. Tref dan addisionele verblyf aan en kom Feb terug..

So bly positief en doen wat nodig is. Tyd is ontsettend kosbaar. Gister is verby, vandag leef ons ten volle en more is 'n heerlike uitdaging.

Vir al die manne wat se "Nee ek het nog nie genoeg nie"moet net in gedagte hou dat beskikbare tyd nie daardeur beinvloed word nie.

Lekker dag en beplan en doen lekker.

                                                          Carpe Diem

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/12/2022 - 09:27

Môre Skallie

Ons het gereeld totdat kinders uit die huis is, VSA of dan PSA -oord by Gonubie gegaan.

Ek wonder of mens nog kan waag om soheentoe te sleep. Die toegangspad is seker al geteer, maar loop seker maar steeds by/deur die informele dorp.

Ry julle baie rond as julle daar is. Gee bietjie julle indrukke van ander oorde daar naby soos Keimond, Morganbaai, Areena Cintsa. ensovoorts.

 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 01/12/2022 - 10:48

Ek was nog nooit tussen Port Edward en Port Elizabeth teen die kus nie, behalwe by Wild Coast Sun. Ek sal bitter graag die Wildekus wil besoek, maar dis te ver en my verlof te min. Dit moet darem heerlik wees om so baie tyd op hande te hê. Ek hoop my gesondheid laat toe dat ek oor 15 jaar ‘n smaak daarvan kan kry. 

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 01/12/2022 - 11:16

Skallie en ander dankie vir julle insette ja soos julle almal noem in kort is dit eindlik maklik ooral kry jy apteke ,hospitaal , betaal rekening EFT al my rekeninge word so nou betaal die jongste dogter en haar man vat huis oor by ons vir twee jaar met opsie om te koop ek en Berdien skaal af en trek in ons woonstel agter huis in die enigste tyd wat ons nie gaan toer is Desember en Januarie res van jaar sal ons lekke lank staan en kamp. My bakkie is gister uit eindelik vol toe gerus om off grit te kamp en Swing is nou gediens en alles gelaai in hom behalwe ons klere en kos kan nie wag vir ons nuwe reis nie mooi loop

0
Bethal

Skallie

Sun, 04/12/2022 - 09:45

Baie geluk man. Nou net vir die groot lekkerte. Sterkte.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 03/12/2023 - 07:27

Môre vriende

Na my maand sonder 'n wa, omdat daar noodgedwonge herstelwerk gedoen moes word, het dit my weer laat wonder;

Persone wat lank [>maande] aaneen kampeer, soos byvoorbeeld Jan deesdae, Koos Mol in verlede, die bekende Hollenbachs, wat maak julle as so-iets gebeur. Gaan julle maar inboek in 'n gastehuis, en wat maak mens dan met jou woonwa se inhoud??

Wat ek wel geleer het, is dat 'n woonwa se meganika [suspensie] moet baie eenvoudig wees. Sodat elke dorp se beste werktuigkundige daaraan kan werk. 

Die vraag is meer pertinent, as mens jou huis opgegee het, en die woonwa/langpad is jou enigste woning.  

0
Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 03/12/2023 - 08:46

Môre Wessel..............................................heelwat werk is aan ons Classique gedoen voordat ons die pad gevat het juis omdat ek seker wou maak alles is reg. 

Nuwe goed:  Alko as, bande, groter battery, laai onder die wa vir al die tent pale, inverter, voltmeter by die deur sodat ek altyd kan sien of die battery laai, wa 30mm gelig en volledige diens laat doen en herseël by man wat dit jare lank doen. 

So,  alles sovêr moontlik is gedoen maar ongelukke soos met my hospitaal sage gebeur en sal maar die situasie hanteer as dit opduik. Selfde as iets met die wa gebeur.

Soos my PA altyd gesê het "as die Hemel val dra ons almal blou hoedtjies"

Ons kom nogal heelwat lang kampers tee en lyk of almal dit geniet. Hier was 'n ou oom van 85jaar wat vir 'n maand gekamp het. Ons het hand bygesit met die opslaan en hak maar hulle wil aanhou solank hy kan.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 07/12/2023 - 07:40

Omstandighede verander so vinnig Berdien bly aan by Isbonelo myn tot 2025 dan maak die myn toe en word ge rehab sou daar wel afskeidings pakkete kom sal sy dit vat sy nou by myn al 37 jaar. Hier by my loop gerugte duk dat daar mense verminder gaan word in die hele groep so sit ek nou maar en ry die golf Sasol was nog net goed vir my, maar die maar is jou kleur tel teen jou as dit by promosie kom iets wat ek darem gewoond geraak het. Ons los alles in Vader se hand die groot lang toere gaan nog verseker kom mooi loop

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 07/12/2023 - 08:02

Baie dankie Hennie waardeur en ook vir jou raad en vriendskap smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus